‘Teleurstelling’ oor skoolhoof weer aangestel is

Malcolm Williams. (Foto: Facebook)

Die Gautengse departement van onderwys sê hy is “teleurgesteld” oor die besluit van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (ELRC) om Malcolm Williams weer in sy voormalige pos as skoolhoof van Parktown Boys’ High School in Johannesburg aan te stel.

Maroela Media het vroeër berig die ELRC het Dinsdag beslis Williams moet weer op 1 Julie by die skool aanmeld. Sy aanstelling is terugwerkend vanaf 8 Desember verlede jaar. Die raad het die hoof as “begaafd” en “verantwoordelik” bestempel en die Gautengse LUR vir onderwys gekap oor die hantering van die saak. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het dié uitspraak verwelkom.

Die provinsiale departement van onderwys het Williams in Desember verlede jaar afgedank. Sy afdanking het gespruit uit die dood van Enoch Mpianzi, ʼn gr. 8-leerder by die skool wat tydens ʼn oriënteringskamp verdrink het. Die departement het hom afgedank nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van wangedrag. Die departement het ná die seun se dood ʼn ondersoek na die verloop van gebeure van stapel gestuur en Williams is op twee van die drie klagte teen hom skuldig bevind. Hy het daarteen geappelleer. Williams het in sy appèl onder meer aangevoer dat sy afdanking prosedureel onbillik was omdat die LUR vir onderwys in die provinsie, Panyaza Lesufi, ná Enoch se dood nou betrokke by die saak was.

Lesufi het onder meer verklarings daaroor in die media gemaak wat volgens Williams die LUR se vermoë om sy appèl teen die beslissing onpartydig te beoordeel, in die gedrang gebring het. Volgens die departement was Williams skuldig aan die aanklagte teen hom omdat hy as skoolhoof die finale rekenpligte amptenaar van die skool is.

Die raad se uitspraak lui egter dat die skuld – dat die toestemmingsaansoek om die uitstappie te onderneem nooit oorweeg is nie – by die departement berus.

Die provinsiale onderwysdepartement het Woensdag in ʼn verklaring gesê die departement sal nou die ELRC se besluit bestudeer en regsadvies inwin.

“Ons is nie heeltemal tevrede met die uitslag van die saak nie, maar besef dat die kwessie nou al te lank sloer, en dit raak almal betrokke op ʼn negatiewe manier,” het Lesufi in die verklaring gesê. “In die lig daarvan sal ons advies inwin van die kenners sodat ons die saak uiteindelik kan oplos.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anel ·

Die saak is mos nou afgehandel! Wat wil hy nog oplos? Wys net hoeveel breinselle het die een.

Francois Le Cochon ·

In the left brain there’s nothing right. In the right brain there’s nothing left!

Persheks Adri ·

Ja Lesufi jy soek 1 van jou kaders in sy pos ne? Gaan vra die kenners en ek hoop dis nie 1 van jou maters nie. Gaan net oor ras hier en wie is jy om dit te bevraagteken in elk geval?

Eiervrug ·

Liefste Dept van Onderwys. Ons is vreeslik jammer om van julle teleurstelling te hoor. Hoop julle voel vinnig beter. PS, dalk kan julle bietjie staak sodra die weer beter raak?, ek glo julle sal ietsie kan reël. Sterkte daar!!. Stuir groete vir Lesufi. Hy is seker SO omgekrap dat hy eers weer volfende kwartaal op kantoor sal wees…..

Hennie ·

Vir my is dit uiters verblydend! Hierdie Lêsoufie raskaart moet nou vinnig opgeskeur word! Sterk staan witman!

tweeling ·

Die probleem is dat die spul dink hulle is “kenners” maar soos gewoonlik niks weet nie en alles in ‘n oogwink wil afhandel – dan byt dit julle!

Antoinette ·

Lesufi se rasbeheptheid het hom nou op sy neus laat kyk.

Samuel ·

Wat is daar om op te los, Lesufi? Jou raskaart word nou te erg. Jy het dit teen die skoolhoof dat hy wit is.

Tanniepetoors ·

Tyd het gekom om van Lesufi ontslae te raak. Uiterste rassis en voeg geen waarde toe tot opvoeding van Gauteng se kinders, ongeag van kleur. Saai net onmin. Plaas hy skole bou en beveilig en sorg dat leerders en onderwysers genoegsame middele het om te kan doen wat op skool gedoen moet word: Te leer!

Anton J ·

Lesufi Rassisme het seker n rol gespeel in jou besluit. Nou is dit reg gestel en jy as die kwaadwillige beskryf. Leer jou les.

Jack ·

Lekker en dankie dat diskriminasie so maklik uitgevang is. Byt vas want die sukses word gevolg deur n aksie van viktimisasie op groot skaal. Lokvalle sal gestel word wees nie bevrees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.