Telkom-afleggings: ‘Wittes sal moet waai’

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Ras sal een van die faktore wees wat Telkom tydens sy omstrede herstruktureringsproses in ag sal neem, het die vakbond Solidariteit gesê.

Dit volg nadat Telkom vandag in ʼn artikel 189-kennisgewing aan vakbonde aangedui het dat diensbillikheid een van die seleksiekriteria tydens die herstruktureringsproses sal wees. Indien Telkom voortgaan hiermee, sal dit beteken dat wit werknemers die ergste deur die telekommunikasiereus se afleggingsproses geraak sal word.

Marius Croucamp, hoof van die kommunikasiebedryf in Solidariteit, het gesê Solidariteit het Telkom vandag in ʼn skrywe vermaan om die artikel 189-kennisgewing terug te trek. “Ons meen die gebruik van diensbillikheidteikens as seleksiekriteria gedurende afleggingsprosesse is strydig met die Wet op Diensbillikheid. Op grond hiervan versoek ons dat Telkom die kennisgewing terugtrek.”

Volgens Croucamp is dit boonop nie die eerste keer dat Telkom ras as seleksiekriteria tydens ’n herstruktureringsproses wil gebruik nie. Solidariteit het verlede jaar ook ʼn reuse veldtog hieroor van stapel gestuur, waarna Telkom uiteindelik die gebruik van diensbillikheid as seleksiekriteria laat vaar het.

Daarby het Solidariteit en twee ander vakbonde Vrydag ’n geskil met Telkom verklaar aangesien hy versuim het om ooreenkomstig sy eie herstruktureringsforum, na behore met vakbonde en werknemers oor die proses te konsulteer. “Ons meen die 189-kennisgewing is voortydig en dat Telkom eers voorsiening moet maak vir geskilbeslegting voordat hy met die proses kan voortgaan. Daarby is die gebruik van ras as seleksiekriteria ook nie in die maatskappy se beste belang nie en druis dit ook in teen die beginsels van Telkom se herstruktureringsforum,” het Croucamp gesê.

Volgens Croucamp is dit kommerwekkend dat Telkom so ’n omvangryke proses, wat duisende mense se lewens onherroeplik sal verander, sonder voldoende konsultasie wil afdwing. “Ons lede beskik nie oor genoeg inligting om die nodige besluite te kan neem nie. Hierdie proses moet eenvoudig gestaak word tot tyd en wyl daar behoorlik met vakbonde gekonsulteer is en al die inligting beskikbaar gestel is.”

Croucamp het bygevoeg dat Solidariteit verdere regsaksie teen Telkom sal oorweeg indien die maatskappy nie gehoor wil gee aan die vakbond se besware nie.

Telkom beoog om 4 400 werknemers in die pad te steek deur middel van Vrywillige Skeidingspakkette en Vrywillige Vervroegde Aftredepakkette, terwyl daar beoog word om ʼn verdere 3 200 werknemers na ander maatskappy oor te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

anet ·

Ja dit is maklik om te se die wittes moet waai. Die selfde het gebeur met ESKOM en nou sit hulle met groot probleme en kan nie die mas opkom nie, want die mense wat die ondervinding gehad het moes waai. Dit is so tipies van hierdie klomp narre. Sny hulle eie neuse af……???

Wessel ·

Het reeds gekanseleer deur uiterste SWAK diens, boy die fun gaan NOU begin. Gelukkig is ek vroegtydig uit die gemors uit!

stefan ·

ja nee kyk nou het ek als gesien eers eskom nou telkom geen wonder die land boer agter uit nie mense met kennis moet waai want die wat niks weet moet bly rerig telkom word wakker julle gaan soos eskom raak

Ampie ·

Feit van saak is dat Blankes, as tweedeklas burgers, nie meer welkom is in SA nie. Ons mag nie boer nie, mag nie te goed sport doen nie, mag nie besighede opsit sonder swart meelopers nie, mag nie werk in groot besighede of in die owerheidsektore nie. Moenie verwar word deur uitsprake dat meer wit soldate aangestel moet word of ou polisiemanne weer teruggebring moet word nie. Soos altyd is dit paaitaktiek deur die regime. Niemand word ooit aangestel nie en twee-drie jaar later word dieselfde storie herhaal. Mense wat nie emigreer nie, sal nog kan aanbly, maar slegs as hulle iemand het wat in die buiteland werk (Irak, Angola, Doebai) en daardeur geborg word. Daar is uiteindelik geen verskil tussen ons en die Zimbabwiers wat in SA werk nie. Hulle stuur ook hul salarisse terug Zim toe!

CHRISTA ·

Ja Ampie, die ANC is so goed met naamsveranderings hulle kan maar ons land se naam verander na Zimbabwe Extension. Hulle sal die blankes wat Suid-Afrika opgebou het ‘n guns doen, want dan kan die wêreld sien onder wie se bestuur ons land ineengestort het!!!

Pierre. ·

Waar is regstelde aksie 50/50. op die oomblik is dit 70% swart en 30% wit.Daar is geen gelykheid nie.

Winston ·

Dankbaar dat ek nie aandele kon koop in Telkom nie omdat ek wit was! Weereens veroorsaak die “slim” bestuur n braindrain. Hier kom nog n Eskom. Gelukkig dat ek al jare sonkrag en sonder Telkom se diens is. Dit het my verlig. Jammer oor al die werksgeleenthede wat tot niet gaan en in “jobs” omskep word.

johan ·

En daar gaan telkom onder, dieselfde as eskom. Gelukkig het ons nie landlyne nodig vir daaglikse behoeftes nie. Ek is baie jammer vir die wiites maar as julle loop is telkom onder.

George ·

Laat hulle maar begaan, dit gaan hulle kos. Spyt het die neiging om laat te kom.

magriet ·

george, ek dink dis juis waar jy die pot mis sit. dit gaan hulle niks kos nie. dit gaan wel die wit mense van die land baie kos om weer die stelsel aan die gang te kry nadat die swart regering dit klaar lendelam gele het. soos met eskom. soos met die onderwysstelsel. soos met die grondhervorming. soos in fact, met die hele suid afrika.

chris ·

Moenie kwaad word nie mense die drie grootste partye stem dan openlik vir BBeeeeeee nl ANC,DA en EFF.
Demokrasie op sy beste dws almal wat in ‘n eenheidstaat glo dit is die gevolge .As ek lieg se net waar.

Coenraad ·

Telkom? Is dit n wiskunde klas vir kinders? Ken hulle, nie.

Telkom tegnikus ·

Ek werk vir Telkom klomp van ons vriende is nou minder as n maand terug laat gaan.Sommige het werk gekry die meeste soek nog.My lot sal ek seker nog voor Julie hoor.Diens is so swak omdat van ons assestente nou tegnikuste is.Nie almal nie maar meeste van die swart techs voel vere vir produksie en het geen trots in hulle werk.My vrou het ook vir Telkom gewerk en is ook paar jaar terug laat gaan.Baie afdelings maak dood een voudig toe en almal verloor hulle werk.Werk al 25 jaar vir hulle wittes kry nie sommer bevordering nie,en vir meeste poste se hulle reg uit dis net vir swart .LOL as tech jou vra om agter op paal te werk ,wees tog nie so kwaai ,ek is nie op die paal om dat lekker is nie maar om ie mand se foon te herstel.

magriet ·

ek is jammer jammer jammer. wens ek het vir jou werk gehad.

Frik Lotz ·

Die land is op pad na n afgrond en nog steeds dink die ANC hy doen n goeie werk. Eskom is in sy maai en Telkom is volgende. Die blankes is nou tweedeklas burgers in hul eie land. Dis tyd dat minderhede, soos die Afrikaner, hul reg op selfbeskikking begin opeis. Selfseggenskap is ons enigste hoop uit hierdie gemors.

Nic de Bruyn ·

Ons Blankes moet begin met onderhandeling met regdenkende Blankes in die buiteland.
Ons gaan nie op ons eie oorleef nie.
Dit is my opinie, maar ek mag verkeerd wees.

Rina Pretorius ·

SELFBESKIKKING IS AL MAAR SOOS IN AL UITWEG. LAAT ONS SAAMSTAAN VIR DIT ANDERS GAAN ONS NIE OORLEEF IN HIERDIE VERWRONGE LAND NIE

magriet ·

en daar verwyder maroela media ook hier my eenvoudige kommentaar van dit is hoekom ek 8 voet mure om my erf het en als wat beweeg snags skiet. hoe is hierdie kommentaar enigsins teen jylle bepalings en voorwaardes? kan iemand dit asb vir my verduidelik. en ek het ook gese vryheid van spraak se gat, wat nou blyk waar te wees?

CORNELIUS DU RAND ·

Ek sien Maroela media plaas nie meer my kommentare nie. Dit is seker te reguit en op die man af. Ek wonder wat is die FW De Klerk ondersteuners se redenasies nou. Die ” dom” regse mense het gewaarsku dat al hierdie dinge gaan gebeur en dit was afgelag. Nou is ons sonder ‘n land ons kultuur, taal en alles wat belangrik is word stelselmatig weggeneem – presies soos wat die ” dom ” regses voorspel het. Gaan soek julle antwoorde by FW de Klerk en sy volgelinge wat ons almal in hierdie dilemma gedompel het. Dit is nou as julle hulle kan vind want die meeste sit in die buiteland. Viva FW de Klerk en die mense van die ou Nasionale party. Julle het met julle besluite die Afrikaner se dood veroorsaak en ‘n eens trotse volk vernietig – Viva

Hennie ·

Op hierdie stadium is dit vrywillige pakkette. Ek weet van baie Telkom lede wat graag die pakket wil vat en aan beweeg, maar die unies maak dit so moeilik en rek die proses so uit dat hierdie mense geleenthede verloor agv dit. As dit by afleggings kom, baklei vir julle lede Solidariteit. Maar moenie besluite neem vir mense wat wel ingelig is en intelligente besluite kan neem. Daar is genoeg mense daar buite wat elke dag besluite neem oor dinge wat ons nie wil he nie en julle gooi maar net nog n houtjie op die vuur.

Nicky Du Plessis ·

Tussen al hierdie kommentaar,lees ek net wit of swart,regstellende aksie en hoe wittes moet saam staan..Maar wat van ons wat nie wit of swart is nie??!Word ons uitgelewer aan die wittes omdat ons nie swart is nie en anders om?! Dis tyd dat almal wat glo in dieselfde prinsipale en morele waardes,saam begin staan en in hierdie geval kan ons nie eers omgee oor ras,geloof,status,ens solank ons net glo in dieselfde doel en dit aanpak met dieselfde intensie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.