Telkom-afleggingsproses: Solidariteit stel krisistaakspan aan

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die vakbond Solidariteit kondig Donderdag ʼn krisistaakspan aan om die grootskaalse afleggings by Telkom aan te pak.

Die span sal top-regslui van die vakbond, senior navorsers, beraders en finansiële adviseurs insluit. Solidariteit gaan ook ʼn vierpuntplan bekendstel wat as grondslag vir sy geveg oor die afleggings met die telekommunikasiereus sal dien.

Telkom beplan onder meer om sy werksmag deur middel van vrywillige skeidingspakkette en vrywillige vervroegde aftredepakkette met 4 400 werknemers te besnoei. Vroeër vanjaar het 724 personeellede reeds pakkette aanvaar. Indien dié nuwe teiken nie gehaal word nie, sal gedwonge afleggings in Julie volg om by die verlangde syfer uit te kom.

Nóg nagenoeg 3 400 permanente werknemers sal na ander maatskappye oorgeplaas word. Dit is bo en behalwe 1 170 werknemers wat reeds deur artikel 197-sake-oordragprosesse geskuif is deurdat verskeie sakeportefeuljes binne die maatskappy reeds uitgekontrakteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.