Sipho Maseko, hoof uitvoerende beampte van Telkom, het Donderdag aangekondig die organisasie is die amptelike borg van die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese spanne.
Die multi-miljoenrandse borgskap bied aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) die geleentheid om Team SA uit te brei en meer atlete, wat kwalifiseer, in te sluit.
Telkom dra ook R4 miljoen tot die prysgeld by wat die Olimpiese en Paralimpiese sterre deel.
Fikile Mbalula, minister van sport, het die aankondiging verwelkom.
Die 2016 Somer Olimpiese Spele vind van 5 tot 21 Augustus in Rio de Janeiro, Brasilië plaas. Die Paralimpiese Spele is geskeduleer vir 7 – 18 September.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Dit beteken in-effek dat kliënte gemelk word vir dienslewering as Telkom so kan geld uitgee. Dankie in elk geval. Lyk of borgskappe in die toekoms vanuit die regering sal moet kom. Borge kyk die kat uit die boom uit agv al die verwikkelinge in SA sport.
En die minister sssmmmmile…want kyk nou net hoe finansier die “onafhanklike non rasiatiese” getransformerende Telkom sy non politiese agenda met sport.
Hulle laat loop die werkers en se hulle kan ons nie n verhoging gee die jaar maar nou weet ons hoekom
Bloot uit ervaring: kyk mooi hoe die magsbehepte kapitaal vergeypende “amptenare” die “borgskappe” droog melk in die vervulling van hul krities esensiele bestuursvaardighede van internasiinale standaard! Lang relaass vir: teksboek geregverdigde bedrog platvorm. Sal bitter graag wil sien presies hoeveel waarde die atlete uit dit kry!
Dit gaan my verstand te bowe. Hulle dank mense af om die olimpiese spele te borg???? Dis hoekom ons land is waar dit is. Maar die hele tyd word verwoerd en van riebeeck en wie weet nog die skuld gegee vir hulle idiotiese optredes.