Telkom is amptelike borg van Olimpiese Spele

Sipho Maseko, hoof uitvoerende beampte van Telkom Foto: WESSEL OOSTHUIZEN / SASPA

Sipho Maseko, hoof uitvoerende beampte van Telkom Foto: WESSEL OOSTHUIZEN / SASPA

Sipho Maseko, hoof uitvoerende beampte van Telkom, het Donderdag aangekondig die organisasie is die amptelike borg van die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese spanne.

Die multi-miljoenrandse borgskap bied aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) die geleentheid om Team SA uit te brei en meer atlete, wat kwalifiseer, in te sluit.

Telkom dra ook R4 miljoen tot die prysgeld by wat die Olimpiese en Paralimpiese sterre deel.

Fikile Mbalula, minister van sport, het die aankondiging verwelkom.

Die 2016 Somer Olimpiese Spele vind van 5 tot 21 Augustus in Rio de Janeiro, Brasilië plaas. Die Paralimpiese Spele is geskeduleer vir 7 – 18 September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

andre barnard ·

Dit beteken in-effek dat kliënte gemelk word vir dienslewering as Telkom so kan geld uitgee. Dankie in elk geval. Lyk of borgskappe in die toekoms vanuit die regering sal moet kom. Borge kyk die kat uit die boom uit agv al die verwikkelinge in SA sport.

Johann ·

En die minister sssmmmmile…want kyk nou net hoe finansier die “onafhanklike non rasiatiese” getransformerende Telkom sy non politiese agenda met sport.

Telkomsa tegnikus ·

Hulle laat loop die werkers en se hulle kan ons nie n verhoging gee die jaar maar nou weet ons hoekom

Gert ·

My Broer werk al oor die dertig jaar vir Telkom en gereeld word hulle gedreig met afleggings en pakkette, nou die!!!! Ons geagte minister van sport sal bly wees want hy gaan seker weer skep daaruit!!!! Dit is om van NAAR te word!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sê maar net ·

@TlekomTegnikus, ek het dieselfde ding gedink, mense word afgelê, maar hulle kan borg staan? Hoe werk dit?

Johann ·

Bloot uit ervaring: kyk mooi hoe die magsbehepte kapitaal vergeypende “amptenare” die “borgskappe” droog melk in die vervulling van hul krities esensiele bestuursvaardighede van internasiinale standaard! Lang relaass vir: teksboek geregverdigde bedrog platvorm. Sal bitter graag wil sien presies hoeveel waarde die atlete uit dit kry!

Lizelle ·

Dit gaan my verstand te bowe. Hulle dank mense af om die olimpiese spele te borg???? Dis hoekom ons land is waar dit is. Maar die hele tyd word verwoerd en van riebeeck en wie weet nog die skuld gegee vir hulle idiotiese optredes.

cobusp ·

Telokom gaan nog meer blankes afdank as deel van hulle retrenchment agenda om kostes te bespaar maar dan gee hulle geld weg om sport te sponsor………..skande. Die minister glimlag breed wonder hoekom……..?????? Sou baie graag wou gesien het afriforum sit druk op die minister oor die bedrog waarmee hy betrokke was met die wereld beker sokker wat in sa aangebied is en die internasionale boks toernooi wat by in die vsa bygewoon het en niks betaal het nie…….

pieter ·

HULLE BETAAL WERKERS AF GELDELIK HET HULLE NIKS,WAAR STEEL HULLE NOU WEER. MY BOERE BLOED KOOK OOR.

Maria van Dieweeck ·

Hoe boikot ons Telkom? Hulle sit met die mag as dit kom by telefoon en internet. Maak nie saak wie jou voorsien van n lyn nie, erens gaan dit terug na Helkom!

Harry ·

Hey Maria dis nie waar nie. Ek het Neotel. Internet en foon. En my foon het n 011 nr. My diens is baie goed. Nou die dag gee my router probleme binne n 24 toe is daar n tegikus om dit uit te sorteer. My internet is baie vining. Ek het uncapped 1 meg lyn en elke sal as ek n speed toets doen kry ek my 1 meg per sekonde. Ek het my maatskappy oortuig om Neotel te gebruik, want hulle was eer mweb suppose om n 6 meg lyn te he, maar internet spoed toest wys elke slag net die helfde daarvan. Toe skyf hulle oor na Telkom toe, nog erger. Niemand antwoord hulle fone daar nie. Dis n nag merrie. Nou is hulle by Neotel en glimlag al die pad.

Harry ·

P.S. Voor ek vergeet Neotel gebruik niks van Telkom sover ek weet.

Henk Venter ·

Soos SARU, betaal Telkom seker ook sy vlug, verbly en sakgeld. Maar wat is treffend in hierdie piesang republiek genoem Suid Afrika? Die SAA, ‘n staats organisasie waar seker die meeste bedrog en korrupsie plaasvind (of gebeur dit nou by Eskom of by die SABC – ek weet nie meer regtig nie) in elk geval het multi miljoene geborg aan die Bokke en veral die Bafana Bafana. Nou is Telkom, wat duisende mense afbetaal het omdat hulle nie geld het nie, en terloops ook ‘n staats instansie is, die borg van Mbalula? Ek meen, die atletiek span?

Anoniem ·

Dit beteken….. geen verhogings…geen incentives vir ons…Net nog meer armoede!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jakes ·

Met watter geld ? Hulle kan nie eers ordentlik na hulle werknemers omsien nie…. dit maak nie sin nie.

Koos ·

Is dit nie telkom wat 3milj. soek om uit hulle finansiële gemors te kom nie?

Connie ·

Hulle gaan weer geld onder die tafel kry soos met die sokker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.