Telkom môre 2 393 werkers kwyt

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die vakbond Solidariteit het verneem dat Telkom, tot en met vanoggend, reeds ʼn totaal van 2 393 werknemers se aansoeke om vrywillige skeidingspakkette goedgekeur het. Dié werknemers se dienste word boonop reeds môre beëindig.

Volgens Marius Croucamp, hoof van die kommunikasiebedryf in Solidariteit, is dié aantal aansoeke om vrywillige skeidingspakkette nie ʼn verassing nie.

“Gegewe die huidige onstuimige klimaat in Telkom, het ons vermoed dat heelwat werknemers sal verkies om die maatskappy te verlaat. Ons is nietemin baie bekommerd oor die uitvloei van kundigheid uit die maatskappy en hoe dit Telkom se dienslewering en toekomstige bedrywighede sal raak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.