Telkom, poskantoorwerkers begin staak

Grafika: businesstech.co.za

Die Communication Workers Union (CWU) het Maandag ʼn beroep op al sy lede by Telkom en die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) gedoen om te begin staak nadat loononderhandelinge op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

“Op 3 Julie sal ons van 12:00 by verskeie werkplekke begin betoog. Op 4 Julie sal ons leiers ons om 10:00 by die CWU se provinsiale kantore toespreek. Op 5 Julie sal ons begin met ons staking en op 6 Julie sal ons die strate invaar en in Keisergracht in Kaapstad in groot getalle byeenkom om aan hierdie maatskappye te wys dat werkers wat verenig is nooit verslaan kan word nie,” het die vakbond in ʼn verklaring aan sy lede gesê.

“Vir jare het ons hulle vertrou om die regte ding te doen en oor en oor het hulle net hul rug op ons en ons gesinne gedraai.”

CWU het gesê Telkom se werksmag het van 67 000 werknemers tot minder as 12 000 gekwyn en wil die bestuur glo nog poste sny vir ʼn totale werksmag van 6 000 werknemers. Telkom het gesê sy finale loonaanbod is ʼn verhoging van 3%.

“SAPO het vir die afgelope twee jaar ʼn aanbod van 0% aangebied terwyl topbestuurslede met buitensporige salarisse aangestel word en daar van personeel verwag word om die bedrywighede van SAPO uit hul eie sakke te befonds. Dit alles terwyl [die prys van] brandstof, elektrisiteit en water aanhou styg.”

Die vakbond voer aan in teenstelling hiermee sien Telkom- en SAPO-werknemers nie enige verhogings in salarisse nie, maar eerder salarisverminderings.

“Die tyd het gekom vir ons om die rug op hierdie maatskappye te draai en te sê genoeg is genoeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Asjas ·

Poskantoor? Askies, ek is al ‘n bietjie oud. Wat is dit nou weer?? Het hulle destyds weer begin werk na staking???

wielie ·

Genade daar is dan geen diens van Telkom …. sal julle nie mis nie

marous ·

Hulle staak al vir jare , darem net tussen tee en etenstye …

Francois le Cochon ·

Toe Telkom en SA Poskantoor die werksaamhede oorgeneem het van die Dept van Pos en Telekommunikasie in 1991, het die minister van Openbare Ondernemings , Min Dawie de Villiers, ‘n skriftelike waarborg gegee aan elke Dept P&T amptenaar dat hulle “in die toekoms” beter af sal wees indien hulle ‘n keuse sou maak om oorgeplaas te word na Telkom en SA Poskantoor. Nou, baie jare later (die toekoms) is Telkom- en SA Poskantoor werkers baie swakker af in vergeleke met Staatsamptenare.

wilma ·

En die Poskantoor is nou die plek waar aansoek gedoen moet word vir nuwe SASSA-kaarte. Dit lyk my hulle sukkel alreeds met uitbetaling daarvan as ek die toue mense so beskou nog voordat die staking begin.

Nettie ·

Moenie “strike” nie – dring daarop aan dat die vet katte 10% van hulle salarisse afstaan om voorsiening te maak vir laer-inkomstegroep werknemers se verhogings! Hopeloos té veel “baie senior” personeel verdien MASSIEWE salarisse vir heeldag agteroorsit, nogal voete skoene-en-al op die lessenaar, terwyl laer-inkomstegroep werknemers hulself afsloof vir salarisse wat nie eens brood met ‘n streepseltjie ‘common’ margarien op die tafel kan sit nie. Vra my: ek weet (het ondervinding).

Sylvia ·

Jy praat 100% die waarheid. Vat van topbestuur se salarisse en bonusse betaal die outjies wat actually die werk doen. Ek weet ons het self daai salarisse en bonusse beleef wat hulle ontvang,

Jef ·

Sny in die poste by die topbestuurders want die meeste doen nie hulle werk nie omdat hulle nie geskoold is nie, maar einde van die maand staan hulle bakhand om hulle vet paycheck te inkasseer.
Topbestuurders wat by Telkom werk weet na my insiens nie eers hoe n cellphone werk nie.

Wollie ·

Ag nee.. nou gaan ek weer 8 weke moet wag vir n pakkie wat by hul hooftak in n sak le

Stoppit ·

O gaats gedink hulle staak reeds die afgelope 10 jaar want daar gaan NIKS meer aan in poskantore nie . jy staan ure daar dan is die ink op of die vorms op .of hulle kry nie jou pakkie nie . HOU OP OM DIE POSKANTORE EN TELKOM TE ONDERSTEUN!

Ella ·

En moenie an SASSA vergeet. Hulle was verlede week op “go slow” maar in twee ure niemand gehelp.
Hoe kan julle vra vir meer geld as julle niks doen?
Staatsdepartemente is n grap. Base is deesdae bang vir die werkers. Maar dalk baat hy/sy ook by ander se vethogings want sy “cut” word ook groter.

Jone ·

‘N sekere gedeelte van die Poskantoor staak lankal reeds. ‘N pakkie neem 2 weke om eindbestemming te bereik. Toe ek die eind bestemmings poskantoor na meer as 2 weke bel toe sê hulle dat die tracking stelsel af is. Maar hulle is te lui om op dir rak te gaan kyk of pakkie daar is. Volgens die tracking sisteem het die pakkie presies 2 weke geneem om sy eindvestemming te bereik

GM ·

Die ouer werkers van die poskantoor, werk hul alies af terwyl die meeste jonges tone tel. Daar is nog werkers wat poog om onder uiterse haglike omstandighede, goeie diens te lewer. Daar is bitter baie geld spandeer om SASSA-verwante goedjies aan te koop terwyl daar al jare gesmeek word om broodnodige toerusting aan te koop om basiese dienste aan die publiek te kan lewer. Dit vat weke om net ‘n sagteware opdatering te doen by van die kantore. Sisteme is gereeld aflyn. Touch screens werk nie. Rekeninge word nie betaal nie, daarom lewer party nou weer te voet pos af. Possakke lê by party plekke as gevolg van ‘budget cuts’, een maatskappy het tot al hul toiletrolhouers kom uithaal en asblikkies, want die rekeninge is nie betaal nie. Die tellers vat die ‘shots’ as die rye lank is en dienste nie gelewer kan word nie, maar baie keer is dit buite hul beheer. In sommige kantore, ek kan nie namens almal praat nie.

NF ·

“topbestuur se buitensporige salarisse”…. Is dit nie maar presies wat oral die probleem is nie? Eskom, SAL, talle munisipaliteite. Die arme werkers probeer alles aan die gang hou vir ‘n salaris van 2 of 3 x die minimumloon.

Ek wonder in elke geval hoeveel werk ENIGE persoon in ‘n 8 tot 5 pos in ‘n maand kan kan verrig wat 50 KEER (met ander woorde R150k per maand) die minimumloon werd is?

Sny topbestuur se salarisse en poste, stel meer gewone werkers teen ‘n “living wage” aan.

HPV ·

Het nie geweet hulle bestaan nog nie, sedert hul laaste staking gebruik ons net e-pos en koerier dienste en het nooit weer terug gekyk nie. Staak maar lekker voort terwyl julle nog werk het, dit sal nie meer vir lank wees nie.

NF ·

“topbestuur se buitensporige salarisse”…. Is dit nie maar orals die probleem nie? Eskom, SAL, talle munisipaliteite!

Die arme werker met jare se diens sloof hom af om vir 2 of 3 x die minimum loon alles as die gang te hou!

Verduidelik vir my wat ‘n topbestuurslid in ‘n 8 tot 5 pos in ‘n maand se tyd doen wat tot 50 x die minimumloon (ja, R160k per maand!) werd is??

WH van der Merwe ·

Wat gaan gebeur as sassa moet betaal en seekers staak,gaan die poskantore afgebrand word?

Shirley ·

Telkom het ‘n nuwe sisteem so 6 maande terug gekry. Laas week was hul 80% van die week aflyn. Geen diens na 10 (as jy gelukkig is). Sit dan en giggel in die agtergrond terwyl op jou tande kners. Ek sukkel al meer as 2 maande vir ‘n uncapped lyn. Elke een het ‘n ander storie. Vrot diens verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.