Telkom wil 6 000 poste teen einde 2016 sny

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die vakbond Solidariteit sê hy sal nie skroom om regsaksie teen Telkom te neem oor sy planne om sy werksmag teen die einde van 2016 met sowat 6 000 te sny nie.

Solidariteit het bevestig dat Telkom hierdie inligting gister in ʼn skrywe aan die vakbond bekendgemaak het.

Telkom wil onder meer 300 poste van sy Corporate Centre herstruktureer sowel as ʼn verdere 1 600 poste as deel van ʼn artikel 197-besigheidsoordragproses na Business Connexion (BCX) oordra. Daarby wil Telkom ook talle ander funksies uitbestee. Die maatskappy sê in die skrywe hy voorsien dat sy kernwerksmag van 13 895 uiteindelik teen die einde van die jaar uit slegs 8 000 werknemers sal bestaan.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die kommunikasiebedryf by Solidariteit, moes die vakbond hom in die verlede al verskeie kere tot die hof wend om Telkom se onbillike afleggingsprosesse stop te sit.

“Ons sal nie skroom om die hof weer te nader indien Telkom voortgaan met sy irrasionele plan om sy werksmag met 40% te sny nie. Ons meen hierdie planne is geensins geregverdig nie,” het Croucamp verduidelik. “Vanjaar is die tiende agtereenvolgende jaar wat Telkom omvattende herstrukturering ondergaan. Die nuutste aankondiging van 6 000 moontlike afleggings is egter die grootste nόg en daarom moet die redes vir die afleggings betwis word.”

Hoewel Telkom nog nie wesenlik met vakbonde oor die beoogde afleggingsproses gekonsulteer het nie, het die maatskappy laat blyk dat hy die afleggingsproses reeds teen Julie vanjaar wil afhandel.

Intussen sal loononderhandelinge tussen Telkom, Solidariteit, die Communication Workers’ Union (CWU) asook die South African Communications Union (Sacu) Maandag ’n aanvang neem. Dit volg nadat die proses reeds met verskeie maande uitgestel is en Solidariteit, kragtens sy erkenningsooreenkoms met Telkom, ʼn geskil met die maatskappy verklaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Selfs vir ons leke is die ekonomie besig om te swig. Die simptome is duidelik. Telkom se aflegings by die 1000 de, kragvehogings en Barclays wat wil onttrek. En dit is sekerlik die punt van die ysberg

Ahooy ·

Daar is dan nou reeds niemand by Telkom om dit inbel lyne te beantwoord nie!!!!!!!!!
Wat gaan gebeur as hulle nog mense afbetaal??? Of is almal daar base?? Waar is die Klase???
PATETIESE diens!!!!!!!!!!

m ·

Sjoe nog meer mense wat werkloos gaan wees. Hierdie land is besig om te sink teen ‘n baie vinnige tempo. Sterkte aan hierdie mense in hierdie onsekere tyd.

Conrad ·

Dit verbaas my nie. Ek het oor die R600.00 n jaar betaal vir n posdiens (Posbus) wat nie bestaan het nie. Ek het nooit my pos gekry nie of drie maande laat. So val die een staatsinstansie na die ander weens patetiese diens. My hart gaan uit vir diegene wat wel hul kant wil bring maar onder swak bestuur dit moet probeer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.