Tenderbedrog by polisie: 42 in hof

(Argieffoto)

Altesaam 42 verdagtes het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met grootskaalse beweerde tenderbedrog by die polisie.

Volgens Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die saak voorlopig uitgestel tot 25 Maart vir verdere ondersoek.

Die verdagtes het op aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en diefstal verskyn.

Soveel as 22 van die 42 verdagtes is huidige lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Nog ses van die verdagtes is voormalige lede van die polisie wat of bedank of afgetree het.

Ses mense is Maandag in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R5 000 elk vrygelaat nadat hulle oor die naweek in hegtenis geneem is in verband met dié tenderbedrog. Twee van dié verdagtes is vir ʼn tweede keer in hegtenis geneem in verband met die saak nadat hulle in Junie vanjaar op borgtog vrygelaat is.

Die verdagtes was betrokke by die toekenning van ʼn tender van nagenoeg R85 miljoen om onder meer handelsmerk-kentekens op polisievoertuie aan te bring.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die moontlikheid van nog inhegtenisnemings in die saak kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nick ·

Sny die vrot uit. Ons land benodig eerbare polisielede. Nie n klomp cowboys en gangsters nie.

Nie Verbaas ·

Nou wat nou hoed? Elke dag net al hoe meer skandes van polisie lede.

Cornrit ·

Fooitog, ek kry die paar ordentlike polisielede, wat nog inbors het, bitter jammer. Mens wil probeer om altyd positief te bly, maar met die imbesiele, wat in beheer is van die SAPD, weet ek nie meer nie. Die ergste van alles is, dat hierdie bedrog deursyfer na die laer range en kostabels. Daar is dan niemand, wat hulle behoorlik kan opskerp, en/of ordentlike leiding kan gee nie. Ek sidder om te wonder hoe Hoed se sirkus oor 10 jaar van nou af, sal funksioneer.

Hennie J ·

Dit is vir my vreemd. Tot dusver 42 crooks wat aan dieselfde steak eet? Iewers word daar offerande gebring om die menere te beskerm. Rook hulle uit!

Jakes ·

Veronderstel dat 70% van ons polisiemag getroue en eerbare lede is met integriteit dan sal ons baie dankbaar wees. Dis egter te betwyfel want elke dag hoor ons van nuwe kaskenades wat na vore kom. En dit is nie net op grondvlak nie maar tot by bestuur.

Anoniem ·

Vra vir die Minister van Polisie wat hier aangaan!!! Kom ons koop vir hom ‘n mooi Wit hoed!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.