Tenker ontplof by petrol-depo

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Brand van “minstens vier verdiepings hoog” het Sondagoggend ontstaan toe ʼn petroltenker by ʼn brandstof-depo in Silverton in Pretoria ontplof het.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-brandweerdienste, het aan Maroela Media gesê die tenker het oorkant die depot in ʼn oop stuk veld gestaan toe dit gebeur het.

“Min inligting is sover beskikbaar. Die voorkant van die tenker het oopgeskeur, of as’t ware ontplof. Die vlamme was tot omtrent vier verdiepings hoog,” het hy gesê. “Die brand is reeds geblus en brandbestryders is nou besig om enkele dele wat nog smeul, nat te spuit.”

Volgens Pieterse was niemand naby die tenker toe dit ontplof het nie en niemand is beseer nie. “Dit is nog nie duidelik wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar dit sal ondersoek word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wern ·

Wie lus n vol tanker onbeman op n oop stuk veld? Is iemand dalk omgekrap omdat die DA hier oorgevat het?

KarooKlong ·

Kan Cherokee wees. Hy is baie suur vir die DA. Wonder of hy by sy huis was ten tyde hiervan.

Willemien ·

Ons het die ontplofings tot in ons Huis in Brummerstr Silverton gevoel. Het die brand gesien vanuit ons loft. Terwyl ons so staan en kyk het was daar nog 2-3 ontploffings gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.