Tereza Troskie-Herbst: ‘God het hom vir ses dae vir ons geleen’

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

Die foto van Jayden Ben is op die begrafnisbrief gebruik.

“Dit is seker die grootste ding: Ons verstaan nie.” Só het Tereza Troskie-Herbst (47), Mev. Suid-Afrika van 1999, aan Maroela Media gesê nadat haar en haar tweede man, Bennie (36), se babaseuntjie, Jayden Ben, oorlede is.

Jayden Ben is op 26 Julie gebore en is ses dae later in die vroeë oggendure van 1 Augustus oorlede. Hy is deur ʼn surrogaatma gedra nadat Tereza se baarmoeder in 2014 weens kanker verwyder moes word.

“Iets wat ek wel weet is dat hierdie ding ons as gesin nader aan mekaar gebring het. Ons al drie het so baie uitgesien na Jayden. Jamie kon nie wag vir sy boeta nie. Ons het in ses dae genoeg foto’s geneem vir ʼn leeftyd. Hy het soveel blydskap in ons lewens gebring en ons het werklik kwaliteittyd saam met hom gehad in daardie ses dae.” Jamie is Tereza se 18-jarige seun saam met haar eksman, Boet Troskie.

Volgens Tereza is Bennie stukkend oor die dood van hul seun. “Hy het van Jayden se geboorte af gehuil van blydskap want hy kon nie glo sy seuntjie is uiteindelik hier nie. Nou is dit trane van verdriet. Maar omdat hy ʼn Godsman is sien hy die hand van God daarin en weet hy Jayden is by God. Die Here kom haal sy engele eerste.”

Tereza het Sondagaand vir Jayden melk gegee. “Hy het teen my bors gelê en ek het hom oor my bene neergelê om seker te maak daar is nie windjies nie. Toe sien ek daar kom bloed by sy neusie uit.” Tereza en Bennie het met Jayden na die Mediclinic Bloemfontein gehaas. “Die pediater het vir ʼn uur en ʼn half met hom gespook. Teen 2:40 was hy weg.”

Vermoedelik het daar bloed in Jayden se longe beland en dit het sy dood veroorsaak.

“Ek het daarop aangedring om hom self aan te trek, ek wou nie gehad het iemand anders moes aan hom vat nie. Ons het elkeen vir hom ʼn briefie geskryf wat saam met hom begrawe is,” het Tereza gesê.

Jamie het die aand by sy pa se huis geslaap. “Toe hy die Maandagoggend by die huis gestop het moes ek vir hom sê sy boeta is dood.”

Volgens Tereza het sy nie kans gesien vir ʼn nadoodse ondersoek of dat Jayden veras word nie. “Daar is vir my ‘n opsie gegee oor of ons die nadoodse ondersoek wil laat doen en die dokters het gesê die nadoodse ondersoek sal nie kan bepaal waar die bloeding vandaan gekom het nie. Ons het so baie vrae.”

Tereza gesê hulle was Sondagoggend kerk toe waarna die pediater vir Jayden Ben gesien het. “Alles was reg. Dit is seker die grootste ding: Ons verstaan nie. Hy is in ʼn week deur twee pediaters ondersoek wat gesê het hy is gesond. As ek nie Sondagaand toevallig sy lyfie oor my bene gesit het nie, het hy tien teen een in my arms doodgegaan.”

Tereza en Bennie op hul troudag.

Tereza en Bennie op hul troudag.

Tereza en Bennie is al 16 jaar in ʼn verhouding en is twee jaar getroud.

Jayden Ben se troosdiens is Donderdag in die CRC Kerk in Bloemfontein gehou waarna hy in die Avalon-begraafplaas ter ruste gelê is. “Sy olifantkussing is ook saam met hom begrawe en daar gaan ʼn tuintjie by sy graf aangelê word.”

Volgens Tereza het sy en Bennie vyf jaar aan klein Jayden Ben beplan. “Hy was eintlik veronderstel om eers môre [Woensdag] gebore te word. Ons kan weer vir ʼn kindjie probeer, maar wil nie nou al daaraan dink nie. Ons het saam besluit ons sal Jayden nooit vergeet nie al is hy net vir ses dae deur God aan ons gegee. Hy was ons engel. Ons het klaar foto’s van hom laat raam en teen die muur opgesit. Ons moet nog treur en huil oor hom voordat ons enigsins kan aanbeweeg.”

Tereza het gesê die pad wat hulle moes stap om ʼn surrogaatma te gebruik was nie maklik nie. “Dit is ʼn ander persoon wat jou baba dra. Niemand kan na jou kind kyk soos jy nie. Dit was nie ʼn maklike agt maande gewees nie. Ek kon hom nie self dra nie en ook nie bepaal wat met hom gebeur nie. Die moeilikste gedeelte was dat ek nie heeltyd by hom kon wees nie.”

Volgens Tereza het hulle kort ná die troue die eerste keer ʼn inplanting in ʼn surrogaat laat doen, maar het dit nie geslaag nie. “Die volgende surrogaat is deur die sielkundige afgekeur. Met die laaste surrogaatma was dit egter dadelik ʼn sukses.”

Tereza sê intussen is sy oorval met boodskappe van regoor die land. “Daar het soveel mense vir sy diens opgedaag. Ek kry nou nog blomme, kaartjies en briefies by my huis afgelewer van mense wat ek nie eens ken nie. Dit help om te weet die hele land treur saam met jou.”

Volgens Tereza is dit vir haar ʼn riem onder die hart om te weet dat Jayden ʼn nalatenskap gaan agterlaat. “Daar is reeds sprake om ʼn trust te stig vir mammas in dieselfde posisie om hulle by te staan. Daar is partykeer soveel onkunde onder mammas wat so graag ʼn baba wil hê wat nie weet watter opsies daar is nie.”

Tereza sê dit sal Jayden Ben se naam laat voortleef. “Vir ons sal hy altyd in ons harte voortleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ná bykans 49 jaar is ons ook nie daaroor. Verassing is eintlik die oosterse manier van lykverbranding waarvoor ook ek nie te vinde is.
Sterkte aan julle.

Iets maak nie sin ·

Iets maak nie sin, waar sou die bloed vandaan kom wat dan in sy longetjies sou gaan? Dit is ook snaaks dat daar nie ‘n nadoodse ondersoek is nie, dit is mos nie natuurlike oorsake, 2 pediaters het bevestig hy is gesond??? Ek wil regtig nie onsimpatiek klink nie, maar iets rym nie hier nie.

Wonder ·

Ek probeer dieselfe uitwerk. Klink of daar erens n “link” missing is.

danie ·

Die verslag gaan oor hulle verlies en wat daarmee saam gaan, ek dink julle verwys na die patalogiese verslag, dit sal later gepost word sodat julle nie dalk iets mis nie. Ek hoop dis ok met julle

Maryna ·

Danie, watter patologiese verslag, daar is dan nie ‘n nadoodse ondesoek gedoen nie… Dit maak ook nie vir my sin dat die ondersoek nie gedoen is nie.

Karma ·

Die ou kleinding se neusie het klaarblyklik gebloei. Klink onwaarskynlik, maar net so min as ‘n bietjie neusbloeding, is genoeg om ‘n 6-dae (boonop ‘n vroeggebore ook) ou babatjie te laat verstik. Waarom me. Troskie hom ook oor die knieë laa lê het instede van die normale manier van die baba half oor die skouer te sit om winde uit te vryf, sal ons nou nie weet nie. Maar dit bly hartseer: so ‘n ou klein dingetjie wat só lank na uitgesien is en wat net 6 dae aan sy ouers gegun is.

Seg maar net ·

Met versmoring is daar soms are in die neus wat bars….

Lukas ·

Wonder of Huisgenoot betaal het vir die begrafnisfoto’s – of gaan hulle miskien bydra tot die trustfonds wat glo in die lewe geroep gaan word?

Marianne ·

My Hart skeur vir julle!
God se plan is nie ons sin nie.
Ek het die food van twee sibbe en 4 miskrame deurgemaak.
Niks op aarde kan mens daarvoor voorberei nie.
Dis ‘n seer ‘n gat in Jou siel wat net God Jou met tyd sal help vul…

Vra maar net ·

Hoekom nog die troskie van dra? Vreemd….Hoekom geen doodsondersoek nie? Vreemd..Sterkte. innige simpatie….dis erg….

Ann ·

Sou jy ñ nadoodse ondersoek laat doen het op daai kleine lyfie?? Nie almal sien kans vir so iets nie.
En wat het haar van nou daarmee te doen???

Reinette ·

Ek sou ook nie n nadoodse ondersoek laat doen het nie.
Die dood van n kind…. ek is sooo jammer. Sterkte aan Tereza en Bennie.

rosie ·

Moet daar altyd mense wees wat agterdogtig moet wees. Wat weet ons…die mens is so kompleks enige iets kon fout gegaan het.

Kloekie ·

Wat het die dr op doodsertifikaat as oorsaak van dood geskryf? Ek is jammer daai dr sal moet verduidelik waarom daar nie n nadoodse ondersoek gedoen is. Die ma kan dit nie weier omdat sy nie kans sien daarvoor.

Kloekie ·

Wat het die dr op doodsertifikaat as oorsaak van dood geskryf? Ek is jammer daai dr sal moet verduidelik waarom daar nie n nadoodse ondersoek gedoen is. Die ma kan dit nie weier omdat sy nie kans sien daarvoor. En rosie: wet is wet

Rosa ·

In Huisgenoot se artikel staan dat hulle ‘n nadoodse ondersoek sou doen. Nou skielik nie, niemand moet aan die baba vat nie? Hoekom?

Pappa ·

Tereza, Bennie, daar kan nie ‘n groter hartseer wees as om ‘n kindjie te verloor nie…ons harte gaan uit na julle – mag die God van alle vertroosting julle bystaan in hierdie moeilike tyd en ook vir Jamie wat die gemis sal voel.

engeltjie ·

maak ook nie vir my sin nie. waar het die bloed vandaan gekom. daar is mos bloed in mense se longe. hartseer storie.

engeltjie ·

maak ook nie vir my sin nie. waar het die bloed vandaan gekom. daar is mos bloed in mense se longe. hartseer storie.

Julia ·

Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verby gegaan.
Openbaring 21

Gmf, as sal ek iets se, of nie.. ·

Doen maar die nadoodse ondersoek.

Sal ek my sin net hier stop.

Sterkte, Bennie.

Ronel ·

Niemand kon daardie seuntjie meer liefgehad het as daardie twee mense nie! Daar is nie n nadoodse ondersoek gedoen nie want die dr was tevrede dat dit natuurlike oorsake was. Daar is duisend redes waarom premature babas kan begin bloei. Vir die oningeligtes en die “speurders” gaan google SIDS . En dan kies jy een van die redes wat jou sal tevrede stel. Vreemd dat al die vieslike kommentare onder skuilname geskryf word! Ek leef die tragedie saam met hulle. Dus praat ek eerstehands. Die antwoord le iewers in die vraag oor hoekom is hy prematuur gebore? En ook daar is n duisend antwoorde. ???

Francois le Cochon ·

@Ronel.- As oningeligte het ek SIDS ge-Google. Egter niks gekry oor “outomatiese” bloeding nie.

MissDemeanor ·

Ek het SIDS ge “google” op ScienceDirect..daar word genoem dat sommige SIDS gevalle eintlik versmoring is (aspris of perongeluk), en dat die gevalle soms saam bloeding voorkom

Rachel ·

Die baba was nie prematuur nie. Twee weke te vroeg is glad nie prematuur nie. Die baba het meer as 3kg geweeg. Hy was gesond.

m ·

Dis baie hartseer. Die lewe het meer vrae as antwoorde. Sterkte aan julle in hierdie moeilike tyd.

elizabeth ·

Ronel ek stem verseker saam met jou.
………..
So jammer vir jul 2 se verlies.

Racheltjie ·

Liewe medemens, hierdie 2 mense is so harsteer, hierdie tipe aanmerkings – waarom moet daar altyd ‘n “siek” kant van ‘n storie agter ‘n storie gesoek word. Het Suid-Afrika nie genoeg van hierdie tipe stories om julle verbeeding besig te hou nie? Gaan werk in die tuin – dit sal julle beter laat voel!

Iets maak nie sin ·

My vraag is bloot omdat die storie nie sin maak nie, daar is geen bybedoeling. Lees weer mooi en dan dink jy aan die paniek wat dit kan saai vir mense wat pas ouers word, ‘n baba kan net vanself doodgaan oor bloed nadat dokters sê hy is 100%. Iets moes die bloeding veroorsaak het, nie in my wildste drome dink ek hierdie 2 mense wat deur soveel gegaan het sal iets aan hul geseknkie doen nie. Die ander belangrike punt hoekom mense vrae moet vra, die babatjie is vroeg gebore en het slegs 6 dae geleef, maar hy was reeds ontslaan, al is die ouers hoe opgewonde oor ‘n nuweling moet die babatjie regtig gesond wees, ek wou dit nie sê, dit is te laat om so daaraan te dink, as die babatjie in die hospitaal was sou mediese personeel die probleem dalk vroeer opgetel het en kon die pyn hierdie gesin gespaar gewees het, ek glo egter alles gebeur met ‘n doel en ons kan nie hierdie kleintjie se storie terugdraai nie, maar dalk kan medici bewus gemaak word om liewer ‘n dag langer te wag. Baie sterkte aan julle, ek ken spesifiek die pyn van verlies.

Hartseer Mamma ·

Ek het self ‘n babatjie wat net agt weke oud was aan die dood afgestaan en ek dink nie iemand wat self daardeur is weet hoe dit voel om maande te wag met afwagting en opwinding net om die mat onder jou weg geruk te he ni. Ek het eendag gelees as jou ouers dood gaan is jy ‘n weeskind, as jou man of vrou sou doodgaan gaan is jy ‘n wewenaar of weduwee maar as jou kind dood gaan is daar nie ‘n woord om dit te beskryf nie want geen ouer is veronderstel om haar of sy kind te begrawe nie. Sterkte aan jul, dis ‘n lang en moeilike pad wat nooit weer dieselfde sal wees nie mens leer net daarmee saam leef maar vergeet nooit..

Hartseer Mamma ·

Net om te se ons het ook nie ‘n nadoodse ondersoek laat doen nie. Daai klein lyfies verdien dit nie……

charlene ·

Tereza, niks wat ek sê gaan dit beter kan maak nie, ek ruk soos wat ek huil, moes seker 3 keer ophou lees want ek kan nie sien nie. Ek is bly julle kon sou gou troos vind in God – dit het my met my miskraam amper `n jaar en `n half gevat om weer met God te praat (kyk ek gereeld bakei en skree). Die dood van `n kind is nooit maklik nie en nog seveel erger as jy daai lyfie eers vasgehou het. Ek kan met alle eerlikheid sê ek sou ook teen verasing en nadoodse ondersoek wees, hulle sou daai kleine lyfie so verniel en “seer maak”. Ek hoop julle kom bo-uit eendag, en onthou daar is geen tyd verbonde aan rou nie, (ek huil al 6 jaar oor my baba) en dit maak seer. Dis `n eina wat niemand kan sien nie maar wat jy inmekaar trek van pyn….. Maar dit raak draagbaar, ons is vrouens ons is strek ons kan bo uit kom. En dan het jy ook `n strek man (en seun) wat daar is vir jou en baie mense wat jou in hulle gebede hou, wat ook ma van engel kinders is, wat saam jou pyn voel. God sal julle seen

Maria van Dieweeck ·

So baie jammer. Die dokters begrawe soms hul foute. Ek het my baba amper verloor omdat hulle my oor en oor verseker het haar longe is sterk genoeg om gebore te word op 36 weke…dit was nie. 2 weke op n ventilator en 24/7 sorg het haar deurgetrek. Dankie Heer! Niemand wou verantwoord nie en ons moes ook R120 000 af betaal, want ons het nie n fonds nie. Dit gaan nie oor die geld nie maar, die dokters, hulle moet verantwoord oor hul besluite ens

Reneé ·

Ek voel ook jammer oor die baba se dood, maar soos dit nou maar eenmaal is, vrae sal gevra word as daar iets nie sin maak nie. Die vroeggebore baba sou nie ontslaan geword het, as hy nie gesond en sterk genoeg daarvoor sou wees nie. Babas is nie geneig om bloeding inwendig te kry na voeding en windjies uitvryf nie. Die feit dat sy een of ander “beroemde” veronderstel is om te wees, maak haar nie verhewe bo bedenking nie. Die feit dat sy aandring om hom self te wil aantrek, aandring vir geen nadoodse ondersoek, wel dit laat mens wonder. Ek voel jammer vir die pa, en beslis baie meer vir die surogaat mammie, al mag sy geen deel of sê hierin hê nie. Ek is bly die baba is nie veras nie, so daar bestaan nog n kans om dalk te weet waarvan is die baba dood.

Andrea ·

Sjoe Reneé, nou gaan jy seker geslag word deur die lesers…

Jessica ·

ek hoop die mamma lees al die briewe, en sal besluit om ‘n naddose ondersoek te laat doen, sy sal haar self nooit vergewe nie, al is hy in God se hande, en hoekom aandring om homself aan tetrek an niemand mag aan hom raak nie, wat het sy om weg testeek, doen die nadoodse ondersoek.

arizona ·

Ek het nou die dag per toeval n berig in mediese joernaal gelees waar hulle gepraat het van 4 babas in Tennesse wat skielike inwendige bloeding ontwikkel het. Al 4 babas is oorlede. Die mediese dokters wat ondersoek ingestel het, het bevind that al 4 babas se ouers die Vitamin K inspuiting geweier het. Vitamine K help om die bloed te laat stol. Dit was n vreeslike interesante berig en het daartoe gely dat alle swanger mammas toestemming moet gee vir die Vitamine K inspuiting vir die babas sodra hulle gebore word. Skynbaar dink baie mammas die Vitamine K inspuiting is nie nodig nie.

Gertruida ·

Die dood maak nooit sin nie, veral nie by so klein mensie nie. Maar tog gebeur dit. Wat ook nie sin maak nie is dat ons mense so gereed is om te oordeel in plaas van hartseer wees saam met ‘n medemens. Ek is so jammer vir julle verlies!

Elaine Engelbrecht ·

Sjoe .. my hart bars in stukke om julle almal se kommentaar en opinies te lees.. Tereza en gesin… God ken jou vrouwees en menswees.. Hy ken jou soos niemand nie.. en ek WIL NET SÊ … MAG GOD JUL BERUSTING GEE.. jy is ń mamma duisend en jou man ook ń pappa duisend.. bly Glo.. en weet God is met julle. Ek is nie hier om my seer te deel nie.. net om te sê… ek is bitter jammer oor julle verlies… Jesus Abba Vader ek pleit U Bloed oor Tereza en haar gesin.. ek pleit dat elke mond sal getuig en die wat seermaak met hul tonge en woorde in U Naam sal geskied…. Ek bid vir julle. Xxxxxx

Marelize Joubert ·

Hallo almal wat so wonder oor die nadoodse ondersoek….. Mamma, sal jy jou klein lyfie, vir wie jy JARE gewag het, wie sy lyfie jy in ses dae opgesoen het en wat feitlik voor jou oe weggeneem is, wil laat verinneweer deur ‘n nadoodse ondersoek? Vra jouself die vraag af. Sal dit enige iets verander aan wat gebeur het? Elke mens verwerk pyn op sy eie manier. Kom ons respekteer asseblief hierdie twee dierbare mense.

Theresa ·

In Huisgenoot se artikel sê hulle pastoor dat ‘n nadoodse ondersoek gedoen sal word. Hoekom toe nie gedoen nie? Hoe aanvaar ‘n mens sommer net die baba is dood? aan wat? Het die bloed nie dalk by die longe begin en toe by die neus uitgeloop nie. Baie suspisieuse dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.