Terminaal siek man vra hof vir genadedood

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gehoor dat diere beter behandel word as mense tydens ʼn aansoek van ʼn man wat terminaal siek is en genadedood wil ontvang.

“Ons is trots omdat ons hierdie gevorderde handves van menseregte het… maar ons wil in die Middeleeue bly,” het HB Marais, regsverteenwoordiger vir Robin Stransham-Ford (65), gesê.

Stransham-Ford, ʼn voormalige advokaat, is terminaal siek met prostaatkanker en is vir die afgelope twee maande op morfien. Hy vra die hof om hom toe te laat om die tyd en plek van sy dood te kies en hy het ʼn dokter se hulp nodig om dit te doen.

Regter Hans Fabricius het Marais gereeld onderbreek en met Stransham-Ford saamgestem. “Selfs ʼn spogresiesperd wat miljoene rande werd is, word geskiet as sy been gebreek is,” het hy gesê.

Fabricius het vroeër Doctors for Life en Cause for Justice toegelaat om as vriende van die hof tot die saak toe te tree. Hulle staan Stransham-Ford se aansoek teen.

Argumente rondom etiek en filosofie is in die hof geopper, maar Fabricius het dit kortgeknip. “Ons kan die hele week praat. Die vraag is bloot: In die afwesigheid van wetgewing, watter regte het die applikant?”

Fabricius het aan Marais gevra of hy van mening is dat daar geen wetlike verskil tussen die oorhandiging van ʼn pil, die afskakel van ʼn lewensondersteuningmasjien of ʼn dodelike morfieninspuiting is nie. Marais het ja geantwoord.

Dignity SA ondersteun Stransham-Ford se aansoek.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jo

Ek wonder watter motivering die aplikant werklik het. Wil hy duisende op `n hofsaak spandeer met die oog op wettiging van genadedood? Dit lyk my so want as hy regtig nie meer wou leef nie, sou hy al sonder enige hulp of toestemming self `n plan gemaak het.

Danie

Ek kan nie verstaan hou die regstelsel van SA kan toelaat dat iemand wettig n ongebore onskuldige baba kan vermoor nie. Maar iemand wat terminaal is en in pyn is, nie toegelaat kan word on self tebesluit waneer by of sy genoeg gely het nie. Sou dit nie meer mens liewend gewees het nie.

Leonard de Lange

Is daar enige geld / polis betrokke wat sal uitbetaal? As die persoon rerig wil sterf, daar is horde maniere. Dog ek sê maar net….

Ronel Smit

Om jou eie lewe te neem is nie so maklik nie. Enige iets kan verkeerd gaan. Genadedood is wettig in ander lande, hoekom ka. Dit nie ook maar in SA wees nie. Ek sien sy punt in. Ons laat baie vinnig ins diere uitsit sodat hulle nie moet lei nie. Wat van die mense wat lei. Verdien hulle nie oom die opsie nie?? Ek se nie dit is reg nie maar dis sy keuse. Die polise gaan seker moeilik wees om te laat uitbetaal met self moord, maar wat sal gebeur as hy toesteming van die hof het om genade… Lees meer »

EMK

Ek hoop die man kan gehelp word, ek dink nie mens het enigsins ‘n idee waardeur hy moet gaan nie. Die wat wil inspring en sê net God kan ‘n lewe neem, dan kan mens andersom ook redeneer deur te sê met hartoorplantings ens om iemand se lewe te verleng neem die mens OOK God se planne oor. So… laat hy in vrede gaan.