Terreur-arrestasies: Tweeling sou glo later by Isis aansluit

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Tweelingbroers wat vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is op aanklagte dat hulle die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika namens die Islamitiese Staat (Isis) wou opblaas, sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie (23) is saam met twee ander verdagtes op 10 Julie deur die Valke in Newclare en Azaadville in hegtenis geneem. Die vier het glo beplan om later na Sirië te reis om hulle by Isis aan te sluit.

Die Thulsie-broers staan tereg op drie terreurverwante aanklagte. Die voorlopige klagstaat dui aan dat die tweeling tussen Oktober 2015 en 8 Julie 2016 saamgesweer het om terreurdade in Johannesburg uit te voer.

Die staat beweer die broers het “onwettig en opsetlik saamgesweer om misdade van terreur te pleeg” deur te beplan om Amerikaanse en Joodse instellings op te blaas om “lewens in gevaar te stel, mense se dood te veroorsaak en verwoesting of aansienlike skade by die instansies aan te rig”. Volgens die klagstaat sou die terreurdade uitgevoer word in ʼn poging om die Amerikaanse regering te intimideer.

Die klagstaat noem ook dat die sameswering verband hou met die politieke, geloofs- en ideologiese motiewe van Isis.

Die tweede aanklag hou verband met die broers se planne om hulle by Isis in Sirië aan te sluit, terwyl die derde aanklag verband hou met die oortreding van die grondwetlike demokrasie van die land deur te poog om aan terreuraktiwiteite deel te neem.

Die broers sal na verwagting om borgtog aansoek doen.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

m ·

Kan nie dink dat enige normale mens aan hierdie tipe groepe wat so wreed is kan aansluit nie. Voel hulle so so min vir hulle medemens dat hulle bereid is om aan hierdie tipe terreur deel te he!!??

hans ·

Toe Boeremaglede arresteer is,was daar besonder baie gedrukte/radio/tv kommentaar en veroordeling,maar in die geval wil dit voor kom asof die publisiteit ens teen n laer vlak bedryf word.

Dave ·

En nou ?? Toe die CIA gewaarsku het vir n tereur aanval was dit afgelag. Ek is seker Amerikaanse magte het die arestasies gedoen en dit net aan die SAPD oor gegee en nog seker gemaak dat hulle nie ontsnap nie of die dosier nie weg raak nie. Die is maar die tippie van die ysberg.
Kan ons nie apartheid hier aan koppel nie

Karma ·

Ja, Dave, ek sê dit sommer reguit – vermengde bloed gemors!

pop ·

Dis in sekere ander lande met die dood strafbaar. Hier ter plaatse sal hulle n slap on the wrist kry en gelos word om aan te gaan met hulle kriminele aktiwiteite. Dis hoekom die pers gemuilband word.

johann cb ·

Met die aanklagte wat hangende is teen hulle, sou ek nie borg aan hulle toestaan nie. Té veel persone met klagtes teen hulle kry borg en pleeg dan nog meer ernstige dade.

T ·

Hulle teiken arm, oningeligte kinders wat dink hulle hoort uit eindlelik erens. Dis baie soos die sektes, hulle sien wie het ‘n behoefte om erens te “hoort” en teiken hulle.

Rapes ·

Van wanneer is 23 jariges kinders hou op om die blikskottels op te piep.

Doodstraf asb MRK ·

Mense Regte Komissie, dit is tyd vir die doodstraf terugbring, al is dit net vir tereur. Hierdie 2ling het willens en wetens aangesluit by BUITELANDSE tereurgroep moordenaars. Hulle beplan moorde en skade aanrig wetende en voer dit uit!!!!! As jy in SA bly respekteer jy die land en sy mense, niemand kan hulself teen tereur beskerm nie, daarom moet die MRK doodstraf terugbring vir dit. Wat in Nice Frankryk gebeur het, mag nie hier gebeur nie, as julle nie die boosheid verwyder nie, is dit net ‘n kwessie van tyd. Ongelukkig is die mense nie rehabiliteerbaar nie!

jaco ·

volgens hulle name is hulle nie moslems nie. alle moslems het arabiese name. waarom dan ‘n moslem organisasie help?

Johan ·

Ook maar goed dat een van hulle se naam nie Bruce is nie.
Ek wonder wat word van mense wat wel duisende rande se skade tydens oproer aaanrig. Mens hoor/lees altyd “verdagtes is in hegtenis geneem”. Die uitslag van die inhegtenisnames word baie min bekend gemaak.

Theresa ·

Stuur hul terug na waar hul vandaan kom. Verbod om ooit weer Sonnige Suid-Afrika te kom besoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.