‘Terreur-tweeling’ laat vaar borgtogaansoek

Een van die foto's wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, het Dinsdag hul aansoek om borgtog in die Johannesburgse landdroshof laat vaar.

Annelene van den Heever, vir die tweeling, het aan die hof gesê haar kliënte, wat al sedert hul inhegtenisneming op 9 Julie 2016 in aanhouding is, het hul aansoek om borgtog laat vaar.

Staatsaanklaer Chris MacAdam het die hof daarna versoek om die saak met agt weke uit te stel, en gesê die staat is besig om bewyse te versoek teen die beskuldigdes van ander lande.

Die 23-jarige tweeling is op 9 Julie in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hul huis deursoek en dokumente gevind het wat hulle glo betrek by terreuraanvalle en beplanning om by die terreurgroep, die Islamitiese Staat in Irak en Levant (Isil), aan te sluit.

Albei beskuldigdes ontken skuld op die aanklagte en hou vol polisiebeamptes wat hulle by hul huis in Newclare, Johannesburg in hegtenis geneem het, het onwettig opgetree omdat hulle slegs ʼn lasbrief vir ʼn soektog gehad het. Die staat hou egter vol die polisie het wettig opgetree, alhoewel hulle nie ʼn lasbrief vir inhegtenisneming gehad het nie. Die Johannesburgse landdroshof het in Augustus bevestig die inhegtenisneming was regmatig.
Van den Heever het die hooggeregshof daarna versoek om die uitspraak te hersien, maar die aansoek was onsuksesvol en die borgtogaansoek is weer ingestel, waarna die beskuldigdes Dinsdag hul aansoek om borgtog laat vaar het.

Landdros Pieter du Plessis het aan staatsaanklaer MacAdam gesê hy kan die saak slegs met drie weke uitstel. Die saak word nou op 4 November aangehoor.

ʼn Paar persone het buite die hof vergader om hul ondersteuning vir die tweeling te verklaar. Hulle het geëis dat die tweeling dadelik vrygelaat moet word.

Die tweeling staan tereg op aanklag van sameswering en aanhitsing om terreurdade te pleeg en saam te sweer en poging om terreurdade te pleeg.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alex ·

Aan hulle name is dit duidelijk dat hulle nie moslems is nie. Waarom dan vir ISIS werk wat deur en deur radikale moslems is? Weet die polisie en ons howe ooit van sulke goed?

Asmain ·

Hoe lekker lag ek nou! Wat is in n naam? My naam en van is “Engels” tog het ek Afr groot geword. My kollega, Muhammad is, née nie n Moslem nie, maar n Christen! n Familievriend in Italie, Giuliano is, née nie Rooms Katoliek nie, maar n Christen…..

Ja nee ·

Dit is hoekom dit so gaan, n volwassene wat veronderstel is om meer te weet sal nou met n stupid tegniese punt die saak verdedig…… eish man lees liewer eers op oor Isis en tereurdade, die kort antw, bo, Isis probeer regoor die wereld lede heet, dit sal nogal n tawwe taak wees om oral Moslems te werf vir hul boosheid!,,, baie lande het nie moslems, oops. Sorry Isis, no moslem – pass this country…….. lees maar eers bietjie oor Isis, hul nader swakkelinge wat nooit vergoeding vir dt sal ontvang nie al glo hul vir Isis.

Adeline ·

Stem saam Asmain, dis naief om te dink iemand se naam bepaal ‘wie of wat hulle is’. Ek het al van swartes met afrikaanse vanne gehoor.

VRA MY EK WEET ·

Ai Alex,
Lyk my jy is nie die enigste persoon wat geen clue het van wat aangaan nie. Daar was so rukkie terug een persoon wat presies dieselfde vraag gevra het. Daar is miljoene Moslems in ons land. Net soos daar Christen, Boediste en ander gelowe is. Om ‘n Moslem te wees hoef jou van nie Bin Ladin of so iets te wees nie. Ek ken twee Moslems wat se vanne Du Plessis en O’Conner is. En soos Asmain tereg sê sy vriend met ‘n “moslem naam” is ‘n Cristen
Natuurlik is nie alle Moslems terroriste wat ekstreem is nie.
Ek kan jou waarborg jy het kontak die laaste dag of twee met ‘n Moslem of twee gehad.

Jaco ·

Ek ken islam. Maak nie saak wat jou naam of ras of geloof was nie; as jy convert na islam MOET jy n nuwe Arabiese naam kry. En met ISIS se fanatieke islam, sal enigeen wat hulle wil help, moet convert. Maar nou ja, met regstellende aksie wat sorg vir jobs en bevordering in die SAPD en in die howe, en met n totale miskenning van opleiding en ondervinding, is dit seker logies dat die SAPD en andere wat met dié saak werk, seker totaal onkundig van sulke belangrike agtergrond feite is.

lynette ·

Baie bruin mense het Afrikaanse of Engelse name en is tog Moslems.

Skapie ·

Ek sal nie daarvan hou as my kinders met sulke wapens pose vir fotos nie. Waar kry hulle dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.