‘Terreur-tweeling’ reeds uit op parool

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

ʼn Tweeling van Johannesburg wat in Februarie vanjaar aan terreur skuldig bevind en gevonnis is, is reeds uit op parool.

Tony-Lee en Brandon-Lee Thulsie (28) is onderskeidelik 11 en agt jaar tronkstraf opgelê vir hul planne om in 2016 die Amerikaanse ambassade in Pretoria aan te val en by die Islamitiese Staat (IS) aan te sluit.

Tony-Lee is ʼn swaarder straf opgelê nadat hy erken het dat hy ook ʼn terreuraanval in Suid-Afrika beplan het.

Aanvalle is ook beplan teen Amerikaanse, Britse, Russiese en Franse diplomate in Pretoria én Joodse instellings.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan Maroela Media bevestig dat die tweeling Donderdag op parool vrygelaat is.

“Luidens hul lasbriewe is albei se vonnisse teruggedateer na hul inhegtenisnemingsdatum en die tyd wat hulle in aanhouding deurgebring het in afwagting op hul verhoor,” sê Nxumalo.

Albei het effektief vyf jaar en sewe maande tronkstraf uitgedien, ten spyte daarvan dat hulle skaars ses maande gelede gevonnis is.

Volgens die DKD het Brandon-Lee reeds in Julie 2020 sy minimum aanhoudingstydperk uitgedien, terwyl Tony-Lee in Januarie vanjaar – voordat hulle gevonnis is – sy minimum aanhoudingstydperk uitgedien het.

“Hulle is dus albei oorweeg vir parool ingevolge artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste,” sê Nxumalo.

“Die paroolraad het besluit dat hul parool vanaf 18 Augustus van krag sal wees.”

Nxumalo het egter bygevoeg dat die twee steeds in die DKD se “stelsel van Gemeenskapskorreksies sal bly totdat hul vonnisse verval”.

Die broers se verhoor is by verskeie geleenthede uitgestel, maar eindelik in Februarie vanjaar voortgesit nadat hulle ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Verdere besonderhede oor die tweeling se paroolvoorwaardes is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hennie Biebouw ·

En dit dames en here, is een van die redes waarom die Suid-Afrikaanse paspoort weereens die muishond van paspoorte geword het. Jy het peperduur visums nodig om die meeste westerse lande te besoek.

Monica ·

HKGK… As jy eers ‘n lid is van die Islamitiese staat is jy hulle eindom. Jy sal tot die dood enige iets vir hulle doen. Jy het geen meer keuses nie…

JohnnyS ·

Wat ‘n sirkus. Suid-Afrika is inderdaad die land van melk-en-heuning, vir terroriste en kriminele.

Hennie ·

Hou maar dop, hierdie 2 se name sal ons weer sien in die toekoms.

Hennie ·

Gaan hulle nou elk ‘n hoë posisie in die regerende party kry?

Tino ·

Ek hoor wat jy se maar ek dink dis optimisties.

Hulle het seker al lankal permanente amp en gaan nou bevordering kry

miche ·

Ek vermoed hul en hul bewegings gaan fyn dopgehou word in die toekoms, so ook hul “connections”.

Perdeby ·

Nou het ek alles gehoor! Jy erken ‘n paar beplande terreuraanvalle! Ek wonder wat gaan gebeur indien die 2 voortgaan met so iets. Kan julle SA se rooi gesigte sien. ‘n ANC kader word vermoor deur ‘n blanke wat lewenslank sit, en baie siek is in die tronk, maar mag nie parool kry nie. WOW wow

Vexed ·

Daar sal geen rooi gesigte wees nie. Die spul het geen skaamte nie.

George ·

Wat het mense gedink, die ANC is letterlik n terreur-organisasie, hoekom sal hulle dan nou twee van hul eie soort toegesluit hou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Tragies. En hoor ons versoeke vir hulle vrylatings?

Swerwer ·

Mooi! draai tot sstaatgetuie en jy kom basies skotvry. Hoe lank voor hul 2 weer skuldig aan misdaad is. In hierdie deurmekaar land van ons loop die skuldiges mos buite rond en die onskuldiges boet vir ander se sondes. Tipies kommunistiese staat.

alice ·

Of die tweetjies nou van gedagtes verander is te betwyfel. Genoeg tyd gehad om verder te beplan.

Peter ·

Dit gebeur wanneer ‘n staat ‘n sirkus geword het, ‘n banana republic

ES ·

Grootste fout OOIT – want ek kan julle waarborg dat hulle nie gerehabiliteer is nie. Het waarskynlik maaitjies in die tronk gewerf vir hul terreurplanne.

marius ·

Wat se twak is dit ? Hys die ou vlag en jy sit vir jare . Gemors regstelsel .

Helene ·

Ek dink oom HOED moet oppas…die twee gaan sy werk oorvat….LOL
Kan net my koppie skud!!!!

Gaitsigubib ·

Dis als in die haak om Al Queda of so iets te wees, solank jy net nie n Boer is nie, dan kry jy 30 jaar plus.

Quinzie ·

Ek wonder nou oor die Boeremag lede of hulle dieselfde behandeling gekry het ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.