‘Terreur-tweeling’ se borgtogverhoor wéér uitgestel

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Die borgtogverhoor van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie (23), die tweeling wat op terreuraanklagte in hegtenis geneem is, is Maandag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.

Chris Macadam, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê ʼn nuwe klagstaat is ingedien, maar die staat en die verdediging kon nie tot ʼn vergelyk kom oor hoe om voort te gaan nie.

Adv. Anneline van den Heever, die tweeling se regsverteenwoordiger, het gesê sy het sekere dokumente van die staat aangevra, maar hulle weier om dit te oorhandig. Landdros Pieter du Plessis het gesê hy kan niks daaraan doen nie, aangesien die staat geen verpligting het om die dokumente met die verdediging te deel nie.

Van den Heever het gevra of die hof kan verdaag sodat sy met haar kliënte kan konsulteer en met hul terugkeer het Du Plessis die saak tot 2 Augustus uitgestel.

Veiligheid by die hof was Maandag weer ooglopend verskerp met gewapende polisiebeamptes wat buite die hofsaal en buite die gebou wag gehou het.

Die Thulsie-broers en twee ander verdagtes is op 10 Julie deur die Valke in Newclare en Azaadville in hegtenis geneem. Die tweeling het na bewering tussen Oktober 2015 en 8 Julie 2016 saamgesweer om die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika namens die Islamitiese Staat (Isis) op te blaas. Hulle het glo beplan om later na Sirië te reis om hulle by Isis aan te sluit.

Die ander twee verdagtes, Ibrahim en Fatima Patel, is apart verhoor op aanklagte van die onwettige besit van ammunisie en ploftoestelle en hulle is intussen op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Hulle sal op 20 September weer in die Kagiso-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nooit ooit ·

Hulle moet nooit ooit weer uitkom nie, mense wat onskuldige mense se dood oor Isis beplan meot bly waar hul is, hierdie kids kan nie eens apartheid as verskoning probeer gebruik nie, hul is eers met onafhanklikheid gebore en as hulle ouers en hulle tot nou met al die kanse nie ‘n lewe gemaak het nie, sal hul nooit. Jammer ek het geen simpatie met massamoordenaars nie, en as jy die beplanning gedoen het is jy in dieselfde kategorie. Jammer en sterkte vir die ouers, dit is een van die hartseerste dinge, maar ongelukkig kan niemand hierdie kinders se dade goedpraat nie of maak of mens dit nie gesien het nie.

KP ·

Nooit ooit ek se nie die kinders is onskuldig nie maar hulle is ook nog nie skuldig bevind nie hou op om bevooroordeel te wees. Wonder wat sou jy gese het as dit jou kinders was.

jaco ·

Die tweeling het nie arabiese name nie so en wonder of hulle moslems is. Indien hulle nie is nie, waarom skaar hulle hulself dan by n militante Moslem-organisatie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.