‘Terreur-tweeling’ se saak begin dan

Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie (Foto: ANA)

Die Johannesburgse hooggeregshof het Dinsdag die voorverhoorverrigtinge van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die tweeling wat van terreurmisdade beskuldig word, tot volgende jaar uitgestel vir betoë oor die grondwetlikheid van die Wet op Terreur.

Die tweeling is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 in aanhouding op aanklag dat hulle terreuraanvalle beplan het op verskeie Joodse instansies in Suid-Afrika en individue en dat hulle by die terreurgroep ISIL wou aansluit. Hulle was 23 jaar oud toe hulle in hegtenis geneem is.

Annelene van den Heever, vir die tweeling, het aan regter Raylene Keightley gesê alle partye het ingestem om die saak uit te stel.

Keightley het gesê sy sal Dinsdag se betoë tersyde stel en het beveel dat die minister van polisie die verrigtinge moet bywoon.

Staatsaanklaer Chris MacAdam het gesê wat betref die grondwetlikheid van die Wet op Terreur in ʼn ander saak, is uitspraak voorbehou en kan moontlik eers in Februarie of Maart gelewer word. Van den Heever voer egter aan die kwessies in daardie saak is nie soortgelyk aan die kwessies wat sy aanroer nie.

Die saak is tot 20 Februarie uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Ek dink nie die minister is in staat om enige sinvolle insette te lewer nie maar miskien is dit ń goeie ding as hy daar opdaag en sy onbevoegdheid blootgelê word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.