‘Terreur-tweeling’ skuldig bevind en gevonnis

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

Tweelingbroers van Johannesburg is vroeër vandeesweek aan terreur skuldig bevind en gevonnis, meer as vyf en ʼn half jaar ná hul inhegtenisneming.

Tony-Lee en Brandon-Lee Thulsie (28) is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis oor hul planne om die Amerikaanse ambassade in Pretoria aan te val en by die Islamitiese Staat (IS) aan te sluit.

Die tweeling is in Julie 2016 in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding. Die broers het vroeër Maandag skuld beken as deel van ʼn pleitooreenkoms met die staat.

Kort daarna is Tony-Lee tot 11 jaar tronkstraf gevonnis terwyl sy broer, Brandon-Lee, tot agt jaar gevonnis is. Hulle het beplan om na Sirië te reis om by die IS aan te sluit, het die hof gehoor.

Tony-Lee het ook erken dat hy ʼn terreuraanval in Suid-Afrika beplan het. Aanklaers het gesê aanvalle is ook beplan teen Amerikaanse, Britse, Russiese of Franse diplomate in Pretoria én Joodse instellings.

Die VSA het die broers in 2017 op sy terreur-swartlys gevoeg. Die tweeling se verhoor is verskeie kere uitgestel.

Die klagstaat het getoon dat die tweeling glo by IS wou aansluit en terreurmisdade wou uitvoer met onder meer vuurwapens, plofbare materiaal en selfs gif.

Daar word beweer dat Tony-Lee in Augustus 2015 in ʼn reeks boodskappe met Abu Fidaa van die IS gekommunikeer het. Hy is glo tydens die gesprekke beveel om die “beste teikens”, wat Amerikaanse, Britse en Franse belange in Suid-Afrika insluit, te kies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aanhouer

Oor ň paar jaar is die twee uit en dan gaan hul volstoom aan met hul bose planne. Is hulle hier gebore? Kan hulle nie gedeporteer word nie?

Marius

IS is soos ‘n kanker wat die wêreld verteer…

krodedil

Skandelike kort vonnis. Hulle wou mense doodmaak. Ek wonder of die boeremag lede ook 8 en 11 jaar gaan kry

Sobymykoolkop

Die tyd wat hulle in die gevangenis was word afgetrek en hulle sal binnekort vrygelaat word as hulle sou teruggaan, nou my vraag, na als wat hulle erken wat hulle wou doen, wat verskil dit van wat die ” boeremag ” lede wou doen? Korrigeer my asb as ek verkeerd is.

SomeOne

soos die twee wat by “is” wou aansluit
vraag is: wat het van die “black widow” geword, alles is al lankal te veel stil oor haar, waar bevind sy haar, waar gaan haar volgende slagoffers wees, ens, ens, vrae, vrae ??????