‘Terreur-tweeling’: Staat van misbruik beskuldig

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Brandon-Lee Thulsie en Tony-Lee Thulsie. Foto: Facebook

Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, se saak is Vrydag weer uitgestel.

Chris MacAdam, die staatsaanklaer, het in die Johannesburgse landdros aangevoer nog tyd is nodig om die saak te ondersoek.

Adv. Anneline van den Heever, namens die tweeling, het gesê die staat het haar kliënte in hegtenis laat neem, al is dit duidelik die staat is, weens die talle kere wat die saak uitgestel is, nie gereed om voort te gaan nie.

“Die staat kan nie mense in hegtenis neem en dan ondersoek instel nie. Dit is ʼn misbruik van die proses,” het Van den Heever gesê. Volgens haar is daar nog geen duidelikheid waar die staat in die saak staan en wanneer hulle gereed sal wees om voort te gaan nie.

“Die hof moet besluit of ʼn verdere uitstel regverdig is, in ag genome die tyd wat al verby is. Ek gaan versoek dat die staat die redes vir uitstel regverdig.”

Van den Heever het voorgestel die saak word Maandag weer aangehoor en ʼn besluit moet dan geneem word om aan te gaan met die saak. Die aansoek is toegestaan.

Die Thulsie-tweeling is sedert 9 Julie 2016 in aanhouding. Die 23-jariges is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hul huis deursoek en dokumente gevind het wat hulle glo betrek by terreuraanvalle en beplanning om by die terreurgroep, die Islamitiese Staat, in Irak en Levant (Isil), aan te sluit.

Hulle ontken skuld op die aanklagte en hou vol polisiebeamptes wat hulle by hul huis in Newclare, Johannesburg, in hegtenis geneem het, het onwettig opgetree omdat hulle slegs ʼn lasbrief vir ʼn soektog gehad het. Die staat hou egter vol die polisie het wettig opgetree, hoewel hulle nie ʼn lasbrief vir inhegtenisneming gehad het nie. Die Johannesburgse landdroshof het in Augustus bevestig die inhegtenisneming was regmatig.

Die tweeling staan tereg op aanklagte van sameswering en aanhitsing om terreurdade te pleeg en saam te sweer en poging om terreurdade te pleeg.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Buitestander ·

Die tweeling word vir ‘n onbepaalde tyd aangehou terwyl studente wat op hederdaat op vedio was gevang is van brandstigting en openbare geweld op waarskuwing. Vrygelaat wordo

snoefie ·

is die voorneme om blankes met pangas op te kap en blanke babas as bemesting in swartes se tuine te gebruik nie ook asnhitsing en be planning om wreedaardig moord te pleeg nie?

jaco ·

ISIS se motief is om, waar hulle ook al kom, voor die voet en dadelik alle Jode en Christene dood te maak. Ek weet die student-anargie in ons land is ook uiters misdadig, maar ten minste maak hulle nie Jode en Christene suiwer op grond van hulle “verkeerde” geloof dood nie. Dis waarom die tweeling opgesluit word, al is die staat se ondersoek nog nie klaar nie. Wat maak jy as die staat hulle nou vrylaat en hulle by jou huis opdaag en jou wil doodmaak NET omdat jy nie ‘n Moslem is nie?

KP ·

Jaco in hierdie land word jy vermoor omdat jy wit is. Geen verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.