‘Terreur-tweeling’: Staatsgetuie bevestig plan om by ISIL aan te sluit

Een van die foto's wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak

André Neethling, provinsiale koördineerder van misdade teen die staat, was Donderdag die derde getuie vir die staat in die saak teen die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie.

Volgens Neethling het die staatsgetuie, Roneldo Smit, bevestig dat hy deel was van ʼn groep wat Suid-Afrika wou verlaat om by die terreurgroep, Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL), aan te sluit, en bygevoeg Tony-Lee was Simba, wat terreuraanvalle beplan het.

Advokaat Annelene van den Heever, vir die Thulsie-tweeling, het dit aan Neethling gestel dat daar geen besonderhede was van wie die tweeling probeer oortuig het om by ISIL aan te sluit nie en geen besonderhede oor wanneer hulle Suid-Afrika wou verlaat nie.

Staatsaanklaer Chris MacAdam het die staat se getuienis afgesluit en Van den Heever het gesê die verdediging gaan nie enige getuienis voorhou nie.

MacAdam het bevestig die tweeling is sonder ʼn lasbrief in hegtenis geneem, maar hulle is in hegtenis geneem kragtens die reg wat ʼn beampte het om ʼn persoon in hegtenis te neem wat ʼn skedule een oortreding begaan het. Hy het die gronde voorgehou wat die ondersoekbeampte Wynand Olivier die reg gegee het om die tweeling in hegtenis te neem. “Die grootste kommer van die polisie was dat ʼn terreuraanval uitgevoer sou word,” het hy aangevoer.

Hy het bygevoeg dit was in die belang van die polisie om die publiek te beskerm. MacAdam het aan die hof gesê die Thulsie-tweeling is regmatig in hegtenis geneem.

Van den Heever het vroeër die geloofwaardigheid van Olivier in twyfel getrek. Sy het gesê die getuie het ʼn valse interpretasie van ʼn foto voorgehou. Sy het gesê Olivier het die foto verkeerdelik geïnterpreteer om by sy vermoedens te pas.

Olivier het vroeër beweer hy het ʼn bomgordel en outomatiese wapen in die foto gesien, maar die media het later bevind dit is vals.

Die 23-jarige tweeling is in hegtenis geneem op vermoede dat hulle terreuraanvalle teen die Amerikaanse ambassade en Joodse instansies in Suid-Afrika beplan het. Die tweeling word ook daarvan verdink dat hulle beplan het om by die terreurgroep ISIL wou aansluit.

Die saak duur Vrydag voort.

Lees alle vorige berigte oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Dis net die punt van die ysberg wat eintlik in die Kaap van Storms vasgemeer is. Onthou, die aarde is rond… en ys dryf.

jaco ·

ETV-nuus het gisteraand daarop gesinspeel dat dit dalk paitball gewere is. dit maak vir my sin, want twee mans wat by so n militante ortodokse moslem organisasie betrokke is, se name sal nie Brandon-lee en tony-lee wees nie. dit sal eerder name soos Mohammed of Abdul wees. Opregte converts na die moslemgeloof, veral as hulle by ISIS betrokke wil wees, sal dadelik hulle name verander. Daar is ook nie die korrekte moslem hoofbedekkings op hulle koppe nie.

snoefie ·

twee grootbek-laaities wat kommando kommando wil speel en kyk water wavrag moeilikheid het dit hulle besorg.

Hein ·

As daar ‘n een toring en ‘n luidspreker is, is daar ‘n vuurtjies. Vra vir Valhalla

Nee wat ·

Die moet nie ligtelik opgeneem word oor die foto, hul planne en reise moet goed ondersoek word. Tereur planne moet nooit ligtelik opgeneem word nie, die hartseer agterna is net soveel erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.