‘Terreur-tweeling’ terug in die hof

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die tweelingbroers wat onder meer van terreur in Suid-Afrika beskuldig word, sal na verwagting Vrydag in die Johannesburg-hooggeregshof voorkom vir ʼn voorverhoorkonferensie.

Die Thulsie-broers is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 agter tralies. Hulle word aangekla van sameswering en aanhitsing om terreurdade te pleeg asook sameswering en poging om terreurdade te pleeg.

Die VSA het die bates van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie gevries, en ook ander sanksies op die broers toegepas.

Die tweeling word daarvan beskuldig dat hulle ʼn reeks aanvalle namens Isis teen Joodse teikens en die Amerikaanse ambassade in die land beplan het.

“Amerikaanse burgers word ook verbied om met Tony-Lee en Brandon-Lee Thulsie te onderhandel of transaksies aan te gaan,” lui ʼn verklaring.

Volgens die 13 bladsy lange akte van beskuldiging was die Thulsie-tweeling van plan om hulle by Isil (Islamic State of Iraq and the Levant) aan te sluit en terreurmisdade te pleeg deur die gebruik van vuurwapens, springstof en moontlik gifstowwe. Die aanvalle sou gemik gewees het op verskeie ambassades, waaronder dié van Brittanje, Rusland en die VSA, gesetel in Pretoria.

Jonathan Shapiro, die Suid-Afrikaanse tekenprentkunstenaar van Joodse afkoms, word ook as ʼn teiken van die tweeling aangedui.

Tony-Lee het na bewering in Augustus 2015 deelgeneem aan ʼn reeks telegram-gesprekke met Abu Fidaa (Isil/Isis-netwerk) en ander, waarin hy opdrag gegee is om die “beste teikens” aan te val “waarby Amerikaanse/Britse/Franse belange in Suid-Afrika betrokke is” en om Zapiro te vermoor, wat in ʼn stadium ʼn spotprent van die profeet Mohammed geteken het.

Lees meer oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Israel ·

die twee “jokers” lyk nie of hulle n suksevolle aanval op Ronald Mcdonald sou kon uitvoer nie

lorayne ·

Israel? het jy al daai een gehoor van NEVER JUDGE A BOOK BY IT’S COVER? As ek die 2 knape so bekyk, lyk dit op die oog af of ‘n BOERE klap so van vooraf, die ding sou doen. . . maar mens weet nooit ne?

Apache ·

Deporteer hulle na die VSA waar hulle die straf kry wat hulle verdien maar nie in SA nie, want hier is die regstesel n grap.

Cherokee ·

Ek is nogal heel beindruk daarmee dat hulle vasgevat is eer hulle uit die land kon vertrek vir opleiding. Nou wonder ek of die is asgevolg van buitelandse wenke en of dit lokaal gemotiveer is. Hoe dit ookal sy, dit het voorkom dat ons een van die tereurlande word. Netjies gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.