‘Terreur-tweeling’: Verhoor begin dán

Een van die foto’s wat deur die staat by die hof ingedien is in die Thulsie-tweeling se hofsaak.

Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die tweelingbroers wat onder meer van terreur in Suid-Afrika beskuldig word, se verhoordatum is Donderdag vasgestel.

Hul verhoor sal op 20 Oktober in die Suid-Gautengse hooggeregshof begin.

Die Thulsie-broers is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 agter tralies. Hulle word aangekla van sameswering en aanhitsing om terreurdade te pleeg asook sameswering en poging om terreurdade te pleeg.

Landdros Piet du Plessis het Donderdag in die Johannesburg-landdroshof, waar die broers verskyn het, die saak na die hooggeregshof verwys en gesê dit is met gesag van die direkteur van openbare vervolging uitgevoer.

Volgens die 13 bladsy lange akte van beskuldiging was die Thulsie-tweeling van plan om hulle by Isil (Islamic State of Iraq and the Levant) aan te sluit en terreurmisdade te pleeg deur die gebruik van vuurwapens, springstof en moontlik gifstowwe. Die aanvalle sou gemik gewees het op verskeie ambassades, waaronder dié van die Verenigde Koninkryk, Rusland en die VSA, gebaseer in Pretoria.

Jonathan Shapiro, die Suid-Afrikaanse Joodse tekenprentkunstenaar, word ook as ʼn teiken van die tweeling aangedui.

Een van die tweeling, Tony-Lee, het na bewering in Augustus 2015 deelgeneem aan ʼn reeks telegram-gesprekke met Abu Fidaa (Isil/Isis-netwerk) en ander, waar hy opdrag gegee is om die “beste teikens” aan te val “waarby Amerikaanse/Britse/Franse belange in Suid-Afrika betrokke is” en om Zapiro te vermoor, wat in ʼn stadium ʼn spotprent van die profeet Mohammed geteken het.

Lees meer oor die Thulsie-tweeling op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

nie een dra n fez op sy kop nie en hulle net nie arabiese name nie. enige man wat na die Islamgeloof toe oorgaan, sal dadelik n arabiese naam gegee word en n fez dra. (Ek weet waarvan ek praat: ‘n famiilielid van my is vanaf NG Kerk oor na die Islamgeloof. Rachelle het Fatima geword en sy dra vandag n moslem-kopdoek)
Fotos waar hulle gewere in hulle hande gehad het, het gelei tot kommentaar dat dit bloot paintball gewere is. iewers is n groot fout met hierdie saak.

Jaco ·

Waar val jy uit die bus? Watse nonsens is dit dat iemand wat Moslem word ‘n Moslem naam MOET aanneem? Jy sê jy weet skynbaar waarvan jy praat. Ek was 10 jaar werksaam in Jeddah, Saudi-Arabië, en ek kan nou vir jou sê dat dit dikwels gebeur dat iemand ‘n Moslemnaam sal aanneem, maar dat dit NIE ‘n verpligting is nie. Het alle Moslems in Durban en in Kaapstad Moslemname?

Dankbaar ·

Mens kan net dankbaar wees dat hul gestop is betyds. Al die tereur dade affekteer nie net die persone wat in die dade seerkry nie, hul families, die res van die land, ekonomie en dan hul families, hul kan dan nerens hul koppe weer uitsteek nie.

Tinus ·

Watter nonsense !

‘n Moslem ‘kopdoek’ vir vrouens is nie ‘n Fez nie. ‘n Fez was deur mans gedra maar deesdae in die Midde Ooste is dit ‘n rariteit. Ek is al omtrent 12-jaar betrokke in die Midde Ooste en het dit nog net op ou fotos gesien. Selfs die ‘kopdoeke’ vir vrouens word nie altyd gedra nie want sommige van die lande (of streke in die lande) is redelik verlig in hul sienswyyese oor drag.

Die wapen in sy hand lyk nie ‘n ‘paintball’ geweer nie, dit kan miskien ‘n ‘airsoft’ wapen wees, ‘n naamaaksel of ‘n regte aanvalswapen. Indien ‘n mens mooi oplet na die een links met die ‘kabel’ sal jy agterkom dat hy ‘n ‘suicide vest’ dra met die detonasie knoppie in sy hand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.