Terreurwaarskuwing: Engeland maan ook sy burgers

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Brittanje het nou ook sy burgers gewaarsku teen moontlike terreuraanvalle in Suid-Afrika, kort nadat die Amerikaanse ambassade ʼn soortgelyke waarskuwing aan sy burgers in die land gerig het.

Die Britse regering het gewaarsku dat aanvalle lukraak kan plaasvind by plekke wat deur buitelanders besoek word soos winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad. “Daar blyk ʼn verhoogde bedreiging te wees van terreuraanvalle wêreldwyd teen Britse belange en burgers deur groepe of individue wat aangespoor word deur die konflik in Irak en Sirië. Wees ten alle tye waaksaam,” lui die waarskuwing.

Dit kom nadat die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika Vrydag gewaarsku het dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms tydens die heilige maand van Ramadaan beplan by plekke waar Amerikaanse burgers byeenkom. ʼn Soortgelyke waarskuwing is ook in 2015 uitgereik.

Suid-Afrika se departement van staatsveiligheid het Maandag sy stilswye verbreek. Min. David Mahlobo het gesê daar is nie tans ʼn rede om paniekerig te raak nie. “Ons is ʼn sterk en stabiele demokratiese land en die waarskuwing hou geen onmiddellike gevaar in nie,” het hy gesê.

Mahlobo het bevestig dit is die veiligheidsmagte se plig om te verseker dat “alle mense in ons land veilig voel en is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elsabe ·

Duidelik het die veiligheidsmagte misluk niemand in die land voel veilig nie …. en dit was nog voor die terreurwaarskuwings die geval.

maroela ·

Wat se veiligheidsmagte ??? , daar is nog mense daarin wat salarisse kry , belasting geld maar onbevoeg is . Ai waarheen is ons land oppad ??. N lagwekkende situasie , kan nie glo die narre is in beheer van die land se regering nie .

johann cb ·

Ek kan nie insien hoe demokrasie ons van aanvalle sal vrywaar nie, agbare minister!

Otter ·

Ons land is ‘n smeulende wrak weens die regerende party se onbevoegdheid, venynige beleid en ongekende korupsie. As Isis iets hier beplan weet hulle duidelik nie hoe om hulle teikens te kies nie.

Leeukop ·

Let op hoeveel anders die competent Britse regering reageer, anders as ons regering wat NIKS omgee vir die burgers van sy eie land nie. Geen wonder daardie land trek soveel kapitaal en kundigheid wat ons landjie verloor nie..

Sum ·

Ons ‘regering’ regeer NIE die’ land NIE leeukop. zuma & kie is net toeskouers en vreet net aan die agterste gedeelte van die verotte karkas. Ook Malema & kie word net voorgese om geweld en anargie te skep- rasse haat- oorlog. Ondersoek en KYK wie die’ menere betaal.’ SA word wakker….

At van Jaarsveld ·

Sien Australia het ook oas waarskuwing uitgereik. Gn wonder ons sit dan met sulke gied in beheer

marianna ·

Miskien is dit hierdie lande wat iets beplan nou waarsku hulle hulle eie mense

Irene ·

Ons raak paniekerig vir sa se mense wat so toi toi en goed aan die brand steek en al die moorde doen asb regering iets daaraan

G J de C K ·

Ek dink as Mac Maharaj dit moes gesê het sou hy nie sê “sterk en stabiel” nie maar eerder “ernstig maar stabiel”…

Maar toemaar “daar is nie NOU rede vir paniek nie”…Dalk môre oggend?

Gelowige ·

Strategie? Ja wees meer op jul hoede MAAR ons is nie ‘n lafhartige leë skop en hart spul wat nou gaan hol nie. God is in beheer en HY slaap nooit Vrees nie BID en GLO en VERTROU.

TTh ·

… alles vals, die nuwe wereld orde is niks anders as georganiseerde misdaad en wanorde nie wat self hierdie skrikbewind teen hule eie lande se mense voer, sake gaan nog baie deurmekaar raak…

Sarie Joubert ·

Vermy al die groot inkoopsentrums. Die nuwe Mall is dalk ‘n teiken. Ondersteun die kleiner sentrums waar daar moontlik beter pryse op produkte kan wees. Onthou hierdie sentrums loop leeg agv die nuwe groot Afrika Mall. Dis maar my beskeie opinie..maar ek glo dat kleiner supermarkte beter waarde vir geld gaan bied..en ook wat veiligheid betref.

Sonja v.Z ·

Al die lande het reeds hul ambasades gewaarsku en neem stappe om veiligheid te verskerp. Ons magte se ministers se moenie kommer dit is eintlik nie so erg. Maar waar is hulle? Nie in SA nie!

Pieter ·

Ek wonder of hierdie lande wat hulle burgers teen tereuraanvalle waarsku, nie kan besef dat Suid Afrika reeds daagliks onder tereuraanvalle is nie. Skole en Universiteite oral word tot op die grond afgebrand, Plaasmoorde en aanvalle is aan die orde van die dag, onwettige stakings wanneer mense nie hulle sin kan kry nie. En vir ons as Suid Afrikaners het dit nou maar die norm geword en is dit aanvaarbaar wat in ons land gebeur. As iets hier moet gebeur in ons land sal dit seker maar net bloot aan apartheid toegedig word. Dit is mos nou maklik.

Simon ·

Julle buitelandse burgers word al lankal aangeval en beroof in die sogenaamde demokratiese land Suid Afrika…Skrik julle nou eers wakker? Seker ‘n uitweg om ISIS nou te blameer vir rowe en moorde..Die narre in beheer kan niemand beskerm nie, veral nie Boere nie.

Christo Visagie ·

Dit is niks nuut nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,ons is elke dag blootgestel aan die dinge. Wees gewaarsku terreurgroepe,,,,,,,,,,,,,in die nuwe SA gaan dinge rof,,,,,,,,,,,,,,,

neelsie ·

Hierdie regering lewe in die’ wolkie van demokrasie’.
Hierdie sagte ‘wolkie’ het verander in n donderwolk van anargie en bedrog.
Wanneer donderwolke verskyn weet ons mos wat volg!
Wees gewaarsku.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.