Terreurwaarskuwing: SA departement verbreek stilswye

terreur-terrorisme

Argieffoto.

Suid-Afrika se departement van staatsveiligheid het Maandag sy stilswye verbreek ná ʼn waarskuwing van die Amerikaanse ambassade oor terreuraanvalle in die land.

Volgens min. David Mahlobo is daar nie nou dadelik ʼn rede om paniekerig te raak nie. “Ons is ʼn sterk en stabiele demokratiese land en die waarskuwing hou geen onmiddellike gevaar in nie,” het hy gesê.

Mahlobo het bevestig dat dit die veiligheidsmagte se plig is om te verseker dat “alle mense in ons land veilig voel en is”.

Brian Fikani Dube, die departement se woordvoerder, het bygevoeg dat die regering kennis dra van die terreurwaarskuwing en dit as ʼn standaard voorkomende waarskuwing beskou.

“Die land se staatsveiligheidsdienste het reeds met die Amerikaners in verbinding getree oor hul kommer en dié verbintenisse sal voortgaan,” het Dube gesê. “Die sekuriteitsdienste sal voortgaan om die veiligheid van alle besoekers en inwoners te verseker, veral in die lig van gewelddadige ekstremisme en terroriste.”

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het Saterdag gewaarsku dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms tydens die heilige maand van Ramadaan beplan by plekke waar Amerikaanse burgers byeenkom. ʼn Soortgelyke waarskuwing is ook in 2015 uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

MM ·

Ja wat alles is onder beheer, want hulle het nie tyd om aandag daaraan te gee nie, want steel kom eerste.

johan ·

Waar is die sterk en stabiele demokratiese land waarvan Dube praat, ons eie boere kan nie eers veilig gehou word nie, waansin en onsin word verkondig, nes die ANC, lieg en bedrieg, lieg oor alles en dan verwag hulle ons moet die onsin sluk

Boela ·

Presiese Johan – moenie vergeet nie dat die ANC-regime self ‘n spul voormalige terroriste is.

alida ·

Die weermag en die lugmag is dan in sy glorie in!!! Wie gaan ons beskerm?

Wonder ook... ·

Miskien die voorloper van ‘ “aankondiging” van ‘n triljoen Rand se wapen deal…

Wonder maar net ·

Ons is al van 1994 nie veilig nie. Plaasmoorde,ens bevesig dit. Die regering kanie ons land beskerm nie,hul sal net sorg vir hul eie veiligheid,bokker die res.Hul sal eerder vlug met hul geheime toerusting wat in geheim bekom is met ons belasting betaler se geld wat hul allankal nue kan verklaar. Zuma se privaat jet staan reg vir sy familie. Wat n grap.

maroela ·

Kan n mens dit oorvertel. ( ons land is n sterk stabiele demokrasie ???? . Die veiligheidsmagte is daar sodat ons almal veilig moet voel en is . ????. ) Dit is lagwekkend . Die land sit op n drukpot wat enige tyd kan ontplof . Kyk na die misdaad , opstande , onvermoe van die owerhede oor die hele sprektum om dienste te lewer , bedrog en onbevoegde kaderaanstellings in belangrikke poste . Die vraag is hoelank nog ????.

gatiep ·

Seker maar net n grappie wat daai ou maak om te se ons weermag gaan ons veilig hou kan seker nie ernstig wees nie.

Mari ·

Ek dink nie ons suid afrikaners is meer veilig nerens nie en kan net bid dat sulke rampe nie sal plaasvind nie. Ons kan onsself nie eers verdedig nie en moet dan ontwapen raak! Nee wat die regering stel my nie gerus nie

maritz ·

Al julle kometaar is so waar . Hier is geen veiligheids polisie geen weermag . ISSI is al lankal besig met opluiding . Paggat of Pahat wat in die kaap is deel van hulle .

Karma ·

O, gogga-patat!!! Los tog nog vir Worcester en ons winkelsentrum uit, groot asb. ISIS. Ons mense hier is vredeliewend. Op ‘n ernstiger noot, mense, SA is nou al klaar in sy peetjie – ekonomies-gesproke. Maar, o bloed, geeneen van ons het ‘n idee wat ISIS kan aanvang nie; die ANC regering is ‘n lammetjie teenoor hulle!

EN: waar, so waar, ons het nie ‘n lugmag, weermag of vloot om enige inval of aanval af te weer of met die minste skade moontlik te beheer en op te ruim, sou dit gebeur nie. Die VSA sou nie so ‘n waarskuwing uitreik as daar nie ‘n greintjie waarheid insteek nie. Kyk maar net wat het gebeur in Frankryk – nadat die VSA ook dáár waarskuwings oor terroriste-aanvalle laat hoor het. En wat van die Wit Weduwee (Samantha Lewthwaite) en haar rol in die Westgate Mall aanval? Sy het vryelik in SA gekom en gegaan met verskeie paspoorte. So, mnr. Mahlobo – miskien sou dit wys wees as ons ons aan die waarskuwings steur …..

Dave ·

Hulle kan dan nie eers die dienslewering betogings en die afbrand van skole handteer en beheer nie wat nog as ISIS n aanslag gaan doen. Ek wag vir die dag dan gaan ons sien hoe handteer hulle dit.

Barbara ·

Belaglik! Kan nie eens enige misdaad hokslaan nie. Probeer hy ons breinspoel? Die spul hou aan om ons te wil sus en paai en wil ons onverhoeds vang! Niks wat van die regering se kant kom dra enigsins gewig nie. Ons moet begin saamstaan en paraat wees. Die vyand smee elke dag planne teen ons!

TM ·

Ja hierdie is onder beheer soos al die ander goed in die land onder beheer is. Hulle standpunt is, ignoreer ‘n ding want hopelik verdwyn dit en as iets wel gebeur dan pak hulle die skuld op iemand anders. Hulle almal lees van dieselfde “how to fool the public” script af.

Grapkas ·

lagwekkend. Veiligheid slegs vir die Guptas. winkelsentrums is vir meeste nie toeganklik nie. bendes, diefstal en selfs ondersteunend deur sommige SAPS lede. In jou huis. in skole.kerke is jy n teiken. brandende bande versprer toegang roetes. hierdie inligting was wyd bekend aan meeste SA burgers. Hoekom dit as “geklasifiseerd” voor behou terwille van wie se veiligheid? sodat die elite eers beskerming gebied word en voel n veer vir landsburger. hoe lagwekkend. 300 minder bevoorregte brandslaners is in die buiteland. welgedaan !!! wie beskerm SA

Ken ·

Ja nee kyk….. Die huidige SA weermag sal die inwoners van die land nie eers teen die Teletubbies kan verdedig nie… So good luck as Midde-Oosterse terroriste ons begin teiken….

Pam ·

Ons land se veiligheidsdienste ? Waar is dié ? En ons kruppel vloot met geen duikbote nie ! Dis n grap. Hulle kan nie eers ons boere of skole beskerm nie. Alles is onder beheer…….whahahahahaha, dream on !!!

Paul ·

Hoe bedoel jy, geen duikbote nie? Die Suid-Afrikaanse vloot het drie duikbote, die SAS Manthatisi (destyds weens foutiewe kragkoppeling beskadig, maar sedertdien herstel en tans in aktiewe diens), die SAS Queen Modjadji (buitenste beskermende plate beskadig deur botsing in 2012, maar binne maande herstel en weer in aktiewe diens) en die SAS Charlotte Maxeke (in aktiewe diens).
Nie dat ek verstaan wat duikbote nou eintlik uit te waai het met moontlike aanvalle op winkelsentrums nie.
As jy wil praat oor ‘n kruppel vloot – gaan lees bietjie die tragiese gebeurtenis wat met die SA vloot gebeur het in 1982.

Karma ·

@Paul – almal weet wat in ’82 met die SAS President Paul Kruger gebeur het – die SAS P. Kruger en haar susterskip, die SAS President Pretorius, die duikboot SAS Emily Hobhouse en die ondersteuningskip SAS Tafelberg was besig met teen-duikboot oefeninge toe die SAS Tafelberg laatmiddag ‘n bakboordkant-draai gemaak en die SAS President Paul Kruger stuurboordkant in die area van die offisierskwartiere getref, en 16 mense is as gevolg van die impak en sinking dood. Die geskiedenis. Wat nou op dié forum (en baie ander) gesê word, is dat baie van ons vrees dat ons lug-, weer- en polisiemagte nie daartoe in staat sal wees om enige aanval van ISIS af te weer of effektief te hanteer nie. Ons sit met ‘n polisiemag waarvan 60% oorgewig is; ‘n lugmag met 37 verdedigings/aanvalsvliegtuie of -helikopters (die vraag is: het ons darem die operateurs/tegnici daarvoor?); en ‘n weermag met net soveel oorgewig lede en twyfelagtige opleiding.

Bella ·

Nou te laat vir ‘n waarskuwing……….Ons land is klaar in die greep van terroriste! Terreurdade word daagliks gepleeg.

Nettie ·

Ok kom ons wees eerlik. Amerikaners is nogal baie paranoïs. Nou hoekom net Amerikaners aanval? Ja, ons land is in sy peetjie in, maar ons is ongelukkig al gewoond aan dit. Hulle sal nie 2 maande hier hou nie

Karma ·

@Nettie – dit gaan nie oor die Amerikaners wat paranoïes is nie; ISIS of radikale Moslem groepe het die mes in vir al wat Amerikaans of Brits is – daarom word Australië ook nou ingesleep. Hulle gee nie om of jy Moslem, Afrikaans, Engels, Christen, Hindoe of Bhoeddis is nie – hulle teiken is Amerikaners of Britte en SA is ‘n baie gewilde toeriste-attraksie vir hierdie mense. Beide Amerika en Brittanje het ambassades in Kaapstad en Johannesburg, asook MacDonalds, KFC’s, Burger Kings – almal Amerikaanse “retail franchises’ wat gevolglik baie deur besoekende Amerikaanse en Britse toeriste besoek sal word. En waar is baie van dié besighede geleë? In/naby groot winkelsentrums … Dus, gee gerus maar gehoor aan dié waarskuwings (al blyk die bron van dié intelligensie is ‘n ontnugterde voormalige Amerikaanse intelligensiediens amptenaar, of so word beweer).

m ·

Die ministers vlieg dan onwettige mense die land in. Hoe seker is hulle daai mense is nie deel van IS om sodoende te infiltreer in hierdie land nie….. Dink nie hierdie patetiese weermag sal weet wat om te doen nie.

Irene ·

As daar so iets gebeur stuur al die toi toi mense moordenaars en scrap van sa om te gaan baklei sien hoe hardloop hul weg

Moeks ·

Ek verkies lewensstyl sentrums bo groot winkelsentrums. Meeste winkels is buite sentrum, dus kan jy vinnig in en uit beweeg.

Cheeki ·

Dis niks nuuts nie en die ou NI was betrokke by Pagad, onthou? Daar is drie dekades reeds gerugte van Islamitiese terreuropleiding in plekke in die Wes-Kaap. Mense leef in 7e Laan en sien min raak. Onthou pypbomme so ‘n jaar of twee gelede in voorstedelike Kaapstad asook bom by dansklub, V&A Waterkant twee dekades gelede. Sekuriteit by Waterkant hoeka bedenklik. Toe noodalarm eendag afgaan, het sekerheidsbeamptes verward rondgehardloop, nuuskierige publiek het die sentrum na binne gestroom en daar was duidelik geen planmatige ontruiming en/of onmiddelike handelingsdril te bespeur nie. Is dit veilig daar? Ek wonder tog.

Cheeki ·

Dis niks nuuts nie en die ou NI was betrokke by Pagad, onthou? Daar is drie dekades reeds gerugte van Islamitiese terreuropleiding in plekke in die Wes-Kaap. Sommige Moslems praat openlik daaroor of spog selfs daarmee. Mense leef in 7e Laan en sien min raak. Onthou pypbomme so ‘n jaar of twee gelede in voorstedelike Kaapstad asook bom by dansklub, V&A Waterkant twee dekades gelede. Sekuriteit by Waterkant hoeka bedenklik. Toe noodalarm eendag afgaan, het sekerheidsbeamptes verward rondgehardloop, nuuskierige publiek het die sentrum na binne gestroom en daar was duidelik geen planmatige ontruiming en/of onmiddelike handelingsdril te bespeur nie. Is dit veilig daar? Ek wonder tog.

Anesta ·

Dis n yslike rede tot kommer!! Ek glo die man nie. Soos al genoem is ons weermag en landsveiligheid is in sy peetjie (saggies gestel).

Stephan ·

Jou opinie is ongegrond en ondeurdag. Kry jou feite agter mekaar en lewer dan komentaar. Op wat basseer jy jou opinie!
Dit is nie die weermag se mandaat om binnelandse veiligheid te handhaaf nie.
Die weermag hanteer nie bende geweld of plaasmoorde nie.
Die rol van die weermag is om die soewereniteit van die RSA te beskerm teen aanvalle van buite.
Dit is die NSA en polisie se werk om terreur hok te slaan.
Die weermag is so slag gereed as wat die begroting aan ons toegestaan ons toelaat. Tydens die 70’s en 80’s is ongeveer 25% van die BBP toegestaan aan verdediging. Dis tans minder as 4%…………
Hoe verduidelik jy vir mense wat nie toegang tot basiese benodigdhede (water en sanitasie) dat jy nuwe gevegstuie nodig het.
Nee mense, moenie veiligheidsmagte lees en dink dis die weermag nie.
Wat het duikbote met voorkoming van terreur aanvalle te doen?
Ek dien die land al 24 jaar as ‘n offisier in die SANW en ek sal vir nog soveel doen.

Poplap ·

Jammer ou Stephan maar ek deel vir seker nie jou vertroue in die huidige regime se weermag waarvan jy blykbaar ook ‘n lid is nie.
As voorbeeld. Die troepe wat jare gelede in die Kruger wildtuin ‘ontplooi’ is om die Mosambiekse insypelaars te verhinder om op onwettige wyse via die wildtuin die land binne te kom, het jammerlik gefaal. Trouens die ‘ontplooides’ kan nie eers die renosterslagting in die Kruger wildtuin verhoed nie. Duidelik te besig met allerlei ander bedrywighede wat geen ruimte laat vir die taak waarvoor die spul uiteindelik ‘ontplooi’ is nie. Hulle kan netsowel as duikboot bemanning iewers in die Vaaldam ‘herontplooi’ word, want niemand gaan hulle ‘vermoëns’ in die wildtuin mis nie.

Karma ·

@Stephan – aan wie is jou (skerp) kommentaar en reaksie gelewer?

Karma ·

Sou ‘n aanval van ISIS of enige ander ekstremistiese groep soos Al Kaïda dan nie kwalifiseer as ‘n “aanval van buite” (en dus die SANW se mandaat wees) nie? Wie is die NSA? Stephan, nie almal van ons is dienende SANW-lede nie, so ons het nie die “inside knowledge” soos jy nie. Jy sien, jy som dit ook mooi op – 30 jaar gelede 25% van die BBP aan die (ou) SAW toegestaan vir bewapening en operasionele behoeftes (dit help seker nie dat ek sê ons was toe gewikkel in die Grensoorlog ter beskerming van SWA-Protektoraat se grense en self binnelands in ‘n semi-oorlogsstaat nie). Nou word net sowat 4% van ons BBP aan die SADF toegestaan – omdat die res òf gesteel word óf land-uit vloei soos mense emigreer. Nou vra ek jou: onder omstandighede soos dié – maak nie saak of dit die SAPD, NSA of die SADF se mandaat is nie – hoe de duiwel dink jy gaan ons ‘n ISIS/Al Kaïda/Boko Haram inval hanteer en selfs dalk oorleef???

Kabous ·

ISIS is niks pasop SA se misdaad is baie erger as hul aanvalle. Dink net aan n wrede plaas moorde en die wyse waarop dit uitgevoer word

Theuns ·

Stefan ons verstaan jy moet se wat jy gese het want jy eet die weermag se brood! Wat ons sien en hoor van die weermag is skrikwekkend. Hoekom is die barrakke so vuil? Wie maak julle bedens op?Wie maak julle vloere skoon? Hoekom is die Ablusie blokke so vuil en stukkend? Moet nie van die toilette praat nie? Hoekom verkrag ons soldate vroue waar hulle diens doen in Afrika. En dan gooi hulle hulle wapens weg as die eerste skote klap? Nee wat jy is baie dapper om jou omstandighede as normaal te aanvaar.

Andre K ·

Ek het werklik nie geweet dat ons ‘n sterk en stabiele land is nie. Ek wonder hoekom is ek bekommerd dat my vrou weer helder oor dag in die “veiligheid” van ons tuiste in ‘n pistool moet vaskyk en sien hoe hulle oa haar juwele neem en haar in vrees agterlaat.

Zurecka ·

Toe ek die brokkie nuus lees weet ek nie wat ek voel nie. woede en wil lag terselle tyd. Goed, ons het n waarskuwing op aanvalle, maar genade moenie se ons is …n sterk en stabiele land…nie! Dit maak my bitter kwaad om nuus te kyk en lees, maar mens kan seker ni toe oe deur di lewe gaan nie. ISIS maak marakkas oral, maar wat de vrek wil hul nou na suid afrika toe kom, wat bygese niemand pla behalwe sy eie mense nie, en n klompie amerikaners hier kom uitmoor. Stephan, ek lees jou kommentaar en besef jys n patriot, wat ek wragtig respekteer, en kan ook verstaan dat jy net so sterk kan wees soos die apparaat wat jy gegee word. Viva vir jou patriotisme. Daar is ook baie waarheid aan al di ander kommentaar. Hopelik is jul slaggereed dan vir die aanval van buite. ek is tans in duitsland, het nog n kort rukkie hier oor. Die sekuriteit en veiligheid hier is wonderlik! Jonk en oud gebruik publieke transport en stap en ry fiets waar hul wil wees. Ek bly n patriot vir my land, di kulture, di mooi natuurskoon. Dit breek mens se hart dat ons land so agteruit gaan. Het wel hoop dat dit gaan regkom met regte leiding. Maar dit maak mens vies as hul se ons land is sterk en stabiel!! Dis soos iemand wat in jou oe kyk en vir jou lieg!

Koos ·

Stephan ek glo nie jy weet mooi wat aangaan buite die stede nie ,kom ń bietjie komatipoort toe en sien hoe loop die mosambiekers verby die soldate terwyl hulle ons vra vir iets om te drink met hand in die sak en die ander hand wat die geweer vas hou.Watter bus MOET ons nou weer klim na Orlando stadion die16de junie om te gaan versoen?oud dienspligtige.

Martie ·

Ons het geen weermag oor nie. Dit wat ons gehad het in die70’s tot laat 80’s is lankal reeds uitverkoop! So, moenie hierdie ligtelik opneem nie! Ons is hoegenaamd nie beskermd nie – ons is beslis weerloos gelaat!
Aanvalle links en regs van barbara wat ons gruwelik uitmoor en aanval en dan nog Isis ook nog wat gereed staan om ons te vermoor met bomme!! Dis n klugspul om te luister na die regering se patetiese uitlatings dat ons veilig is èn dat hulle alles onder beheer het!! Die sogenaamde regering het net een belangstelling en dis hul eie sakke – so, wie gaan ons beskerm, dalk sekuriteits maatskappye of kar wagte! Hierdie is feite! Wees paraat! Die DUIWEL is los!

Edna ·

Een drag maak mag, as ek dit reg het… Al kan ons Suid- Afrikaners net een keer saamstaan, op ons knieë kan gaan en Bid. Slegs God kan voorsien, Ek kan nie. Maar sonder enige twyfel… Weet ek my God kan… Die vyand verslaan en ons as Christenmense beskerm

Nico ·

Mnr dube as ons land dan nie so ingevaar is nie hoekom is die pres en sy tot lede so beskerm met polisie beamptes as julle die land dan so goed regeer is dit nie nodig nie neem dit sterk op kyk op ons grense hoeveel onwettiges het die land al binne gekom die terroriste sien dit en gaan dieselfde roete voeg

Irene ·

dis nou vir jou ‘n ding!! en ons landsburgers is ontwapen….en waar is ons weermag se wapens??? sal n pap pot moet gebruik as wapen :)

John ·

Ek dog dan nou ons is vriende met almal van die Black Widow af tot by die Palestynse president, die Arabiere, die Indiers, die Sjinese en selfs die VSA ( en 007) se ‘grootste’ vyand, Rusland en ook Iran en Libie en die Suid-Soedan en … en die VSA en Engeland is ons opperste vyande omdat hulle ons regering dan glo sou ondermyn. Wie soek ons bloed! Se mense se? Die helikopters het al vroegoggend hier begin gons. Wat soek hulle, of het een lid van die blouligbrigade iewers vannag, na ‘n ‘stop-over’ by die verkeerde pad afgedraai? My seun knik sy kop…Laasgenoemde… Oo!

Connie ·

Hulle kan eens bote wat onwettig visvang voorkeer nie. Nou wil hulle ISIS keer? Ek lag uit my maag uit.

Lana ·

Mnr. Mohlobo, ons veiligheidsmagte kan ons nie eers teen ons eie mense beskerm nie, wat nog te sê teen ander lande. Hier in Suid-Afrika sterf daagliks mense. En die kriminele kom weg met moord, want dis ok om te moor. Mindboggeling om die minste te sê. SA is ‘n walkover. Ek glo stellig dat wie ookal ‘n terreuraanval beplan dit baie goed sal regkry. Ons parlementslede is so besig om onder mekaar te baklei dat hulle nie eers sal agterkom dat daar ‘n ander fight in die omtes is nie. Scary né!!

Oom Gert ·

Boela! Boela! Boela! Ou broer, jy moet darem rekening hou dat anderskleuriges end ANC lede ook die Maroela lees! Hulls was ook destyds geterroriseer deur jy – weet – wie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.