Terreurwaarskuwings: Zuma, ministers vergader

terreur-terrorisme

Argieffoto.

Pres. Jacob Zuma en ministers in die veiligheidsgroepering het Woensdag vergader oor die terreurwaarskuwing wat deur die Amerikaanse ambassade uitgereik is.

Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het die naweek ʼn waarskuwing uitgereik oor moontlike terreuraanvalle op winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad. Die Britse regering het daarna ook sy burgers in Suid-Afrika gewaarsku oor die moontlikheid van terreuraanvalle.

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdag in ʼn sterk bewoorde verklaring gesê die waarskuwings oor moontlike terreuraanvalle in die land is “ongegrond en dat die bron daarvan dit op twyfelagtige gevolgtrekkings geskoei het”.

Volgens die verklaring sal die Suid-Afrikaanse regering voortgaan om die saak met die Amerikaanse regering te bespreek as deel van voorgesette samewerking rakende veiligheidskwessies tussen die twee lande. “Suid-Afrika en die VSA sal voortgaan om sterk en hartlike verhoudings te geniet op verskeie gebiede van samewerking, insluitend politiek, ekonomie en veiligheid.”

Lees alle vorige berigte oor die terreurwaarskuwings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Flibo ·

Die regering gaan seker hiervoor ook n komitee van ondersoek stig wat die land weereens miljoene gaan kos.

HEVW ·

n Spul manteldraaiers. Hoor hoe besing hul nou skielik die verhouding met die Amerikaners. Wonder wat se die muishondlande waarmee hul so hand om die lyf saamloop. Afrika- politiek!!

Joann ·

Ag shame gee maar liefs vir ons prez n kettie hy sal nie n gun kan hanteer nie

Ken ·

O maggies… Vergadering van “dumb & dumber” en co oor hoe om terreuraanvalle te adresseer….. Moes lagwekkend gewees het!! Sterkte vir SA indien terroriste ooit aanvalle loods!!

Piet ·

Jy is verkeerd, ons regering weet hoe terroriste se koppe werk. Hoe sê hulle ” it takes a thief to catch a thief”.

Hendrik ·

Ek het nogal aan dieselde ding gedink. Wat sal hulle nou praat ? Die President, MP’s,NEC (ANC National Executive Commitee, SAPS, SANDF, SABC, NI, MEC’s, SAA, TRANSNET, SPOORNET, PO (Post Office) het bymekaar gekom en gese : “Comrades we have no problems, we are ready to take on anything, yes” nadat almal hule verslae voorgele het aan die President.

Janneman ·

Ek hoop ek is reg as ek se dit is bloot voorkomende maatreels, hier is gewoon net nie genoeg toeriste wat so aanval so regverdig nie.
Die logiese teiken sou kaapstad wees, maar ek is seker die stadraads is goed toegerus en paraat vir so iets. Behoede ons as dit in gauteng plaasvind – zuma se troep sal daarvan lees in die oggend koerant!

Wilsie ·

Jy is nogal reg met Kaapstad. Hulle moet miskien die veiligheid Saterdag by Nuweland verskerp.

Elizabeth Bosman ·

Hoop nie die regering ignoreer die waarskuwing nie want dit sal BAIE kortsigtig wees.

Rynhardt ·

Vanaand op E-Tv is n heel ander storie rakende die terreuraanvalle gespin.Die Amerikaanse ambassade beskou die inligting as uiters geloofwaardig oor n moontlike terreuraanval in Johannesburg of Kaapstad! Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die Anc het die media toegespreek en gese:”Dit kan nie as betroubare inligting beskou word nie.Dit gaan net vir Amerika daaroor om SA te destabiliseer!” DAAR SIEN JY DIE ANC SE ANTI-AMERIKA HOUDING EN DAT BURGERS SE VEILIGHEID NIE BELANGRIK IS VIR ANC NIE.SOU N AANVAL PLAASVIND IN NABYE TOEKOMS ,WEET JUL WIE OM TE BLAMEER.DIT IS DUIDELIK DAT DAAR NIE PILLE VIR DOMHEID IS NIE.

Cheeki ·

Ek het nie noodwendig ‘n anti-Amerika houding nie, maar is dit toeval dat die Nuwe Wêreldorde se drie hoofspelers, nl VSA, VK en Australië die waarskuwings uitreik? Ons kyk ons so vas in die ANC dat ons die verre verlede vergeet, asook hoe van daardie lande ander goedsmoeds binngeval en toe ‘n reuse terrotisteprobleem gaan skep het, deurdat daardie mense toe reageer op hierdie drie se agressie. Sien mense dit ooit raak? Begin by die eerste golfoorlog…….dis nseker voordat sommige lesers gebore is en ek verwag nie dat almal die geheelbeeld sal sien nie.

eli-sabet ·

9/11 in die VSA het baie lewensverlies ingehou. Die presidensie daar was reeds in Augustus 2011 in kennis gestel van ‘n moontlike terreur aanval. Nogtans het President Bush gaan vakansie hou in Crawford, Texas?

Doen moeite en lees die koerantberigte op hierdie webtuiste: http://www.wanttoknow.info/911/9-11-timeline.
Meer word oral oor aangedui as ‘n mens minder praat, fyn luister en lees, maar nugter en met vele sakke sout.

Hetsy Zuma, Obama, die Koningin van Brittanje … watter leier of moontheid ookal;
politiek is ‘n mag- en geldspel.

Daar was voor die 2de wêreldoorlog ook groot werkloosheid en ekonomiese uitdagings voorafgegaan uitvindsels en enorme tegnologiese vooruitgang. Doen ordentlike navorsing oor wêreld se geskiedenis, politiek, ekonomie, geologie en natuursiklusse, neigings en verandering in denke en lewenswyse – voorheen en nou. Dink …

Die gewone man en vrou sal nooit weet wat is bespiegeling of werklike gevaar voordat iets plaasvind nie. Dit is nie ‘n kwessie van wie is ‘n doemprofeet en watter politikus speel nakkie die nar, en of dit gaan gebeur of nie, maar wanneer.

Dit gaan oor mag, geld en voortbestaan.

Rupert Ashford ·

In antwoord op die regering se verontwaardigheid net ‘n paar woorde: Bin Laden, Bashir, Aristide….

Klomp narre!! ·

Behoort mos nie n probleem te wees vir die anc nie, hul ken mos die tegniek van bom plant en onskuldigges op te blaas,hul weet mos hoe dit werk.
Wat hul nie kan klein kry nie is hoekom sal Suid Afrika geteiken word. Hoekom wil ander terroriste dan n land wat self terrorisme beoefen het en nogsteeds beoefen en selfs terroriste ondersteun en hul n veilige hawe hier bied dan teiken..

Jul behoort die te weet anc, die terroris diskrimineer nie , hy wil n punt maak nes jul n punt gemaak het met die kerkbom aanval en vele ander aanvalle en so voorts so hoekom dink jul Suid Afrika is verhewe bo n aanval ??? Wat n klomp narre!

Edward ·

Hierdie klomp mamparas in beheer wil vir Amerika vertel wat aangaan? Hulle kan nie eers die val van hulle eie party sien kom nie. Jy kan net soveel keer mense elke paar jaar betaal om vir jou te stem sonder om te produce voor hulle gatvol raak.

John ·

Miskien kom die terroriste net weer ‘n bietjie by die familie ‘n draai maak. Selfs terroristse verlang ook soms na hul eie mense …

m ·

Gaan hierdie narre ooit weet hoe om hierdie situasie te hanteer. Dit moet nie ligtelik opgeneem word nie. Toegangsbeheer is n grap so hierdie mense sal nie sukkel om die RSA binne te kom nie.

Theuns ·

Iets is besig om te gebeur! Kyk om jou rond en daar is goed wat nie sin maak nie. Bv: Hoog opgeleide Zimbabwiese soldate tot die tande toe bewapen kom deur ons poreuse grense en kom woon tussen die plaaslike bevolking in plakerskampe. Hoe weet ek dit. Die plaaswerkers praat en vrees vir hulle eie lewe. Industriele plofstof kom vanuit Zimbabwe die land binne. Vrou onlangs gearresteer! Dwelms is ‘n belangrike betaal middel onder Terroriste en dit vloei die land binne! “Pakistani Cell Phone Shops” het ooral opgeskiet soos padda stoele. Dit lyk of hulle geen besigheid doen nie? Is dit ‘n front vir iets anders? Die bestandele vir ‘n Bom: Industriele plofstof+detonator+telefoon ontsteker.

eli-sabeth ·

Jy is 120% reg. Die wêreldmedia hou elke land se burgers ‘besig’ met misleidende en gedeeltelike nuusbrokkies. Intussen ‘raas’ die gewone man praatjies oor wat ons dink aan die gang is en wat behoort gedoen kan word. Die gejaag na materialisme het Jan Alleman in hul gierigheid en selfsug verblind en ‘besig’ gehou. Afrika is ‘n spinnekop wat lank nie meer betroubaar staan in diens van die Europese Unie nie. Sy web is reeds baie sterk gespan en versterk deur die Arabiese moonthede en SA is maar net een van sy bene …

Diegene wat dink dat blankes en swartes mekaar se onmiddellike gevaar en bedreiging is, dink weer. Onkunde en persepsie is. Politici speel poppekas met hul landsburgers, vandaar dat Zuma so lekker lag in die parlement.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.