Terug by die werk ná ‘wittes moet opgekap word’

'n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Velaphi Khumalo gaan strafregtelik vervolg word deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), het Gail Smith, woordvoerder van die MRK, gesê.

Die kommissie het “alle individuele klagtes saamgevoeg” en gaan Khumalo voor die gelykheidshof daag. Verskeie mense en instansies het klagte teen Khumalo by die MRK ingedien.

Maroela Media het vroeër berig ʼn klag van crimen injuria is teen Khumalo ingedien nadat hy op sy Facebook-profiel gesê het wit mense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word” en hy wil Suid-Afrika “reinig van alle witmense soos Hitler met die Jode gemaak het”.

Khumalo is in Januarie as werknemer van die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning geskors. Nomazwe Ntlokwana, woordvoerder van die departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het egter intussen aan Maroela Media bevestig Khumalo werk weer as ʼn sportbemarkingsbeampte by die departement.

“Hy is onderwerp aan ʼn interne dissiplinêre verhoor,” het Ntlokwana gesê en bygevoeg hy het skuld beken en het daarom net ʼn finale waarskuwing ontvang.

“Die departement is nie tans bewus daarvan, of is nog nie in kennis gestel dat die MRK Khumalo voor die hof wil daag nie,” het Ntlokwana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Kiepie ·

Dis verregaande. Enige mens van enige ras moet summier van haatspraak en die aanhutsing van geweld aangekla word as hy sulke goed kwytraak. Daar kan nie ‘n toekoms gebou word in ‘n samelewing waarin enige iemand toegelaat word om so iets teenoor ‘n ander uit te spreek nie.

nic ·

En hy sal niks oorkom nie want hy is swart en die verbod op haatspraak is net beperk tot wittes. Dis proudly South Africa.

wilma ·

Ons kan se en doen by ons werk maar kom niks oor dis lekker

NOUJA ·

ja nee solank jou vel swart is kan jy se en maak soos jy wil dis SHARP!!!

Joann ·

Nic my mens jy is reg. Maar ek het Siener Van Rensburg se boek gelees en ek wil net se voor in die wapad brand n lig. Weet net nie hoe ver nie. Ha ha

Corrie ·

Joeann daai lig is glad nie meer ver nie,net jammer van ons mense verraai mekaar

Koos ·

Ek hoop maroela media hou die lesers op hoogte van wat die uitspraak gaan wees van die MRK.
Dit sal nogal interessant wees.

Piet ·

Wel dis duidelik dat hierdie mens baie siek is. Dit sou vanpas gewees het om hom permanent in ‘n gestig te huisves, waar hy behandeling kan ontvang. Daar sal egter niks met hom gebeur nie. Stortkop self se walglike krete het hy noudie dag nog gesing. Daarvan het niks gekom nie.

Theresa ·

Nee wat Mr Khumalo. You is you en nie u nie. Dis net ‘n klein voorbeeld van jou absurde, banale berig. Jy moet jou kop in skaamte laat hang omdat jy ongelooflike wrede saad saai. Pasop, wat jy saai sal jy maai. Nee wat. Almal was nie ape genoem nie. Dalk net ‘n aap uit die mou gelaat? Nee kyk, laat ek jou nou nie verwar nie. As elke swartmens “gehack”en “gekill”moes word en nou ook moet word wanneer hulle ‘n witmens vloek of slegsê, aanrand of wat ook al jou redes, bly daar bitter min oor. Jy is ‘n venynige mens en verkondig sonde. Skaam jou. En as jy nog iewers in ‘n pos sit, behoort daardie department geboikot word totdat jy gefire is. O ja, Hitler was nie iemand om mee te speel nie. Mog sulke goed nooit weer gebeur nie. Waarom sou jy dit wou aanwakker? waarheen hardloop jy dan???

david ras ·

Theresa, jy praat van Hitler.”’en waarsku oor wat hy gedoen het.

Hy was die uitvinder van regstellende aksie. Hy het dit net “judenfrei” genoem, wat beteken het dat Duitsland vry moet wees van Joodse inwoners
Hy het wette gemaak om die Jode uit alle fasette van die samelewing te dwing.
Hulle was belet om enige werk te doen.–“kein arbeit fur Juden”……
Sien jy ook die ooreenkoms met SA vandag ? Geen werk vir wittes …!

Die beroemde Historikus Paul Johnson het Hitler beskryf as ‘n “race socialist as opposed to a class socialist”–‘n rasse sosialis.
Sien jy ook die rassisme en die sosialisme in die ANC raak ?
Waarmee het ons in werklikheid te doen….?

Afrikaner ·

“FINALE WAARSKUWING”! En dis oor en verby…Kan jy jou voorstel watse emosies, vrees en vertwyfeling sulke haat-uitsprake tot gevolg het? Ja, ons sal mekaar kan uitroei, maar wat gaan ons daardeur bereik? Nee, van hierdie geval moes daar meer gekom het….dis ver te maklik om net te se: sorrie, maar hy en ander loop steeds en opsweep en stel ons voortbestaan in gevaar!

nic ·

Vrees het ons metgesel geword en dit deur hierdie soort uitspraak. Hierdie land bied geen beskerming vir die minderheids groep nie.

Penellope Jones ·

Ek is my nogal verbaas dat hy Wel ‘n “”waarskuwing”” gekry het . . . . . . .

R150 000 ·

Hy behoort nie laer as R150 000 beboet te word soos penny nie. Indien nie moet ons uitvind waarom daar sulke verskille in straf is!

Danie ·

Jammer die ou het nie gister na President Obama geluister op BBC nie, heeltemal teenoorstaande van die haatspraak wat mens van die ou kry

Rosa ·

Die feit dat die man sy werk terug het is ‘n bewys dat daar absoluut niks van gaan kom nie. As dit ‘n wit mens was sou die persoon nooit sy werk terug gekry het nie, swaar beboet gewees het. Moet nie julle asems ophou nie. Dit werk net een kant toe.

Marinda ·

Ja as dit ons was wat so iets kwytgeraak het was ons werkloos asook oppad tronk toe. Maar soos jul se. Dit werk net een kant toe!!!!

Patrys0909 ·

As Vicky Momberg haar dag in die hof kan he, net soos Penny Sparrow, oor al hulle uitlatings, moet die Velaphi Khumalo vent, ook maar sy dag in die hof he! Weereens moet die publiek aanhou om die man en sy haatspraak in die openbare oog te hou en aanhou versprei op sosiale media. Hoe groter ‘n rumoer hieroor gemaak word hoe beter!!
Ek kan nie glo in ‘n land waar ‘n swart persoon voorheen benadeel was en veroordeel is oor sy velkleur en deur die apartheidsera geleef het, dan nou so ‘n spul nonsens kan kwytraak nie. Is dit nie juis die “les” wat deur alle rasse hieruit geleer moes word nie – om nie iemand te haat en jou wil met geweld op ‘n ander af te dwing nie. Geen persoon behoort in vandag se samelewing te boet vir wat in die verlede deur ander gedoen was nie!! En geen persoon moet die reg he om ‘n ander aan te hits om dieselfde te doen nie. Maar die hartseer vd saak is dat ons sit met ‘n president wat dieselfde mentaliteit onder sy ondersteuners kweek deur sy kamtige strydlied wat reeds so ‘n swak voorbeeld stel, gn wonder ons sien vandag nog sulke kommentaar orals nie!! As hy dan nie daarvoor boet nie, hoekom sal die ander dan nou???

Phillie ·

Ons wittes se ou probleem. Ons is vuisvoos met apatie. As ons swart was het al die sosiale media oorgeloop het met reaksie. Nou is dit net ons klompie hier wat net keël skoonmaak.
Niks word beroof nie geen geboue brand nie

Roger B ·

Kan ons die MRK ook iewers aankla? Hul is uiters selektief in hul optredes.

Marius Nortje ·

Mense… Julle sit die pot heel mis! Net wit mense het die vermoe om rassisties te wees… Hoe wil julle dan swart mense as rassisties noem?

f ·

Bring it on you clown, ek is wit en so hoor my God julle sal dit nie reg kry nie!

Johann Smith, ·

Ons hoef nie bang te wees vir die haat spraak nie. Die ou het die klok hoor lui maar weer nie waar hang die bêl nie soos my altyd gesê het. Laat die soort mense so gou moontlik begin met hulle uitmoor stories en ons probleme sal gouer opgelos word. Ons sal nie soos lammers geslag word nie.

Jaycee ·

Dis hierdie sport haatspraak en die skewe toepassing van straf daarvoor wat rassisme in S.A. nie net lewend hou nie maar dit selfs aanwakker.

Theresa ·

Hoe meer ek aan hierdie gek se uitlatings dink, hoe meer besef ek hy kan ongelooflik bly wees die teenoorgestelde word nie toegepas nie. Na al die gevalle waar mense beboet, aangekla by die MRK , geskors is ensovoorts, sit hierdie arrogante lostong steeds in ‘n stoel en verdien ‘n salaris?? Dis werklik skandalig en onregverdigheid kry ‘n nuwe betekenis. Wonder wat dink Thuli van hierdie man se uitlatings waaroor hy sy baie breë bors so uitstoot. Walglik en behoort swaar gestraf word. Swaarder as mense wat net ‘n naam genome het wat beledigend vir party mense is. Hy verkondig marteling, mishandeling en moord.

Jan maak n Plan ·

Hierdie parra wat homself Velaphi noem, sal niks oorkom nie. Die MRK sal weereens hulle koppe in die sand druk soos n klomp volstruise en se hulle het niks gesien of gehoor nie. Proudly South Africa. Maar glo my daai vrou wat die K-woord gebruik het in Gauteng kan maarsolank R150000-00 reg kry vir n boete.

Oom Ekonoom ·

Besef hy en die wat veronderstel is om teenoor hom op te tree waar hulle salarisse vandaan kom?

LJ ·

Ek stem saam wat die man gese het is verkeerd en dit maak n mens warm onder die kraag. Ek dink dit is hoogtyd dat ons vir hierdie mense begin bid dat hulle gesindhede moet verander en dat die HERE moet ingryp in die land, en hom vertrou om die probleme vir ons op te los. Dink net wat sal gebeur as al 1miljoen + lesers van Maroela saam kan bid oor die saak. Mag die HERE ons die wil gee om ons harte weer opnuut vir hom gee. N veilige dag vir julle almal

Biddend ·

Bid alleen help nie, God verwag van ons om op te tree ook, om te werk, te doen, nie net vir Hom passief te sit en wag nie.

De wet ·

Ai biddend, gebed is die arm van die mens wat die arm van God in beweging bring.

Francois ·

Moet regverdig strawwe verdien, verloor sy werk en betaal R150 000 aan welsyns organisasie.
klaar en gedaan geen onderskeid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.