Terug hof toe vir Thandi Modise

Thandi Modise, speaker van die parlement. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

’n Dringende aansoek om uitstel vir die verskyning van Thandi Modise, speaker in die nasionale vergadering, is vandag deur haar regspan in die Noord-Gautengse hooggeregshof van die rol verwyder.

Landdros Ben Mtebele het toegestem dat Modise op 8 Mei 2020 in die Potchefstroomse streekhof verskyn om te antwoord op haar wanverskyning en om ’n verhoordatum vas te stel.

Modise het op 24 Maart vanjaar versuim om op klagtes van dieremishandeling teen haar te verskyn. Modise se regsverteenwoordigers het aanvanklik aansoek gedoen om uitstel weens die algehele afsonderingsperiode om Covid-19 te probeer bekamp. Die lasbrief vir haar inhegtenisname bly egter van krag, maar is tot 8 Mei 2020 uitgestel. Dié lasbrief is op 24 Maart 2020 uitgereik hangende haar hofverskyning op 31 Maart 2020.

“AfriForum se privaat vervolgingseenheid het baie teësinnig nié die aansoek om uitstel tot ’n datum na afloop van die algehele afsondering teengestaan nie,” sê Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaat vervolgingseenheid. “In die lig van die pandemie het ons egter ingestem dat Modise op 8 Mei in die hof moet verskyn. Ons argument was deurentyd dat die uitstelbevoegdheid by die voorsittende beampte berus en nie by die aanklaer nie. Die saak het egter ’n geskiedenis van nieverskyning deur die beskuldigde en ons fokus daarop om die saak so gou moontlik tot verhoor te kry.”

AfriForum se privaat vervolgingseenheid het verlede jaar aangekondig dat hulle Modise privaat namens die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gaan vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

en na die hofsaak verby is en die diere is weer gelukkig, dan is afriforum se geld op en kan hulle dus nie meer sake van kardinale belang maak nie. dan is ons mense aan onsself oorgelaat met gevalle van wit armoede weens regstellende aksie, plaasaanvalle en plaasmoorde.
maar dan is die diere darem gelukkig…
ek wens afriforum wil hulle net bepaal by sake wat ons mense regtig raak. ander partye soos die ANC sien in elk geval deur dit: hulle weet dis Afriforum se poging om ook “inklusief” en “nie-rassig” te lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.