Terug in hof ná ‘bloedmonsters in mikrogolf’

Shaun Donovan Hoffman Foto: SAPD / African News Agency

Shaun Donovan Hoffman Foto: SAPD / African News Agency

ʼn Adjudant-offisier van die polisie, wat daarvan beskuldig word dat hy bloedmonsters in dronkbestuursake gekook het, het Dinsdag weer in die hof in Kaapstad verskyn.

Shaun Donovan Hoffman (45), wat voorheen gebaseer was by Pinelands-polisiestasie in Kaapstad, staan tereg op aanklagte van dwarsboming van die gereg en drie aanklagte van korrupsie.

Hy het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn.

Helena Brink, vir Hoffman, het Dinsdag by Werner Boucher oorgeneem, wat uit die saak onttrek het.

Die saak hou verband met drie dronkbestuursake.

Hoffman het na bewering bloedmonsters in ʼn mikrogolfoond gekook voordat hy die monsters vir forensiese analise gestuur het om die bloedalkoholvlakke te toets.

Hy het in twee gevalle na bewering verlede jaar in Mei telkens omkoopgeld van R1 000 van die twee dronkbestuurverdagtes geëis om die bewyse te laat “verdwyn”. Hy staan in dié twee gevalle onderskeidelik tereg op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Hy het na bewering in Augustus verlede jaar in die derde geval omkoopgeld van R2 000 van die dronkbestuurverdagte geëis, om van die bewyse ontslae te raak. In dié geval staan hy ook tereg op een aanklag van korrupsie en een van dwarsboming van die gereg.

Die staat beweer verder dat sy optrede Goodwood se senior staatsaanklaer, Mike Greenwood, aanklagte moes terugtrek, en ʼn verdere twee aanklagte van dwarsboming van die gereg is op Hoffman se klagstaat bygevoeg.

Sonnenberg het Hoffman gewaarsku om weer op 27 Junie in die hof te verskyn, op versoek van staatsaanklaer Thersia du Toit-Smit. Sy het die borgtog van R2 000, wat Goodwood-distrikshoflanddros Shaun Lea verlede jaar toegestaan het, verleng.

Lees alle vorige berigte oor Shaun Donovan Hoffman op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Duitswes ·

Misdaad bly Misdaad en het nie ras of geslag nie, punt. Roei die euwel onder geregsdienaars uit deur hul onmiddelik uit uniform te neem, te skors met geleentheid tot verhoor en by skuldigbevinding onmiddelike ontslag met verlies van staatsvoordele soos pensioen en medies asook formele registrasie as staatsmisdadiger soos daar met seksoortreders gemaak word. Dit sal die getroue geregsdienaars se beeld poets en hul weer trots maak om in uniform te wees (voorreg); asook Jan Publiek meer vertroue in die gereg en toepassers daarvan gee.

Pierre ·

Ek keur dit ook ten sterkte af, MAAR wat verwag ons! Die land is so kurrup in al sy politieke elemente/segmente. Vra my- ek was by ‘n groot polisie stasie (met my diktafoon aangeskakel) op soek na die speur hoof Soos hulllle van kantoor na kantoor na hom loop en soek word daar veskeie kere na hom verwys as ‘n skim wat nooit daar is nie! Diens tot vandag nog nie gekry nie, want daar is geen respek en diens is nie lonend vir hulle nie. Laat die dossier liewer verdwyn of swak inskrywings, of selfs gekook!! Wat is nuus?

Wat-ek-lees ·

Soos iemand wat die finansiële state kook so het hy deur letterlik die monsters te kook ook probeer om figuurlik die klagtes te kook. Daar staan hy geboei in polisieuniform, wat ‘n skande vir die polisieman trots op sy uniform.
Goed en wel dat hy nog nie skuldig bevind is maar ek stel voor dat siviele klere aangetrek word vóór inhegtenisneming ter wille van die uniform en ander polisie.

NEL ·

Dit lyk darem maar sleg as ‘n geregsdienaar wat die publiek moet dien en deur die publiek betaal word, in sy eie boeie moet staan en dit vir R 3000.00. Skande vir die land en vir die polisie. Ek dink die regering van die dag moet minder die staatskaste leeg steel en die ouens meer betaal dat sal korrupsie ook verander

Joann ·

Die mees korruptes kry mens vandag onder die polisie. Hul is slapgatte in hul werk. Moet mens iets by hul kantoor laar be edig dan kry jy hul aan die eet agter lessenaar en vat jou papiere vol vet kolle van die hoendervleis.

Zumie ·

Lyk my ons kan nou duidelik sien dat uitslae in sake gekook word deur die SAPD……

AG ·

Ai julle kan nie vir die arme ou kwaad wees nie.? Hy volg maar net die voorbeeld van sy agbare president jacob zuma?.

Hy wil maar ook net ‘n ou geldjie maak!!

Moeks ·

AG, ek dink jy sal anders hieroor voel as een van jou familielede deur ‘n dronk bestuurder doodgery word. As jy dronk agter ‘n stuurwiel inklim en ook die polisieman as hy skuldig is moet maar die prys betaal.

joe ·

Ek stem. Those who cast the first stone are not so perfect either. Innocent until proven otherwise. The court will decide .

Ben ·

Skerp Zumie.
Hierdie moet op dag een aan alle voornemende polisielede mooi duidelik gemaak word; “Goeie môre rekrute! Nommer een wat julle moet verstaan en onthou, is dat julle nie nou baas is oor die publiek nie! Julle gaan as julle hier klaarmaak, geregsdienaars wees van die publiek. Hulle betaal julle salarisse en vir voorregte van nou af. Gee julle respek aan elke persoon in hierdie land, want sonder hulle is julle niks en het geen werk nie. Onthou, julle is nou DIENAARS van die publiek! In alle tale natuurlik.

Tina du Toit ·

Dis soooo groot sirkus met baie narre en te min ice cream. Kan wragtig niemand vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.