Terug tronk toe na hy op parool weer verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat drie maande nadat hy op parool vrygelaat is ʼn vrou verkrag het, is terug in die tronk.

John Tibane (33) van Malalane in Mpumalanga is vroeg in 2014 op parool vrygelaat nadat hy vyf jaar van sy 10 jaar vonnis vir verkragting uitgedien het.

Tibane het egter op 5 April, drie maande nadat hy op parool vrygelaat is, ʼn 18-jarige vrou verkrag. Hy is Donderdag in die Nelspruit-streekshof skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Landdros Willie Wilkins het gesê Tibane het onskuldig gepleit en eers berou getoon nadat hy skuldig bevind is. “Jy moes dit van die begin af gedoen het. Jy het drie maande nadat jy op parool vrygelaat is, die misdaad gepleeg. Dit blyk dat jou vorige vonnis van 10 jaar jou nie afgeskrik het nie.”

Wilkins het gesê die beskuldigde is deur DNS-bewyse aan die misdaad verbind. “Jy word tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en mag nie op parool vrygelaat word voor jy minstens die helfte van die vonnis uitgedien het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Al wat die buitewêreld teen die siek gemors sal beskerm is n lewenslange straf. Hoe kan so sexvraat vrygelaat word, niks sal hom rehabiliteer nie. Hy het eenvoudig n skroef los, hy hoort agter tralies. Hierdie vrou moet die staat kan dagvaar omdat hy vroëer toegelaat is om uit kom en sy daarvoor moes betaal. Die staat laat te maklike hierdie gemors uitkom nog voor hulle eers hulle straf uitgedien het. Waarvoor word n straf gegee as hulle dit buitendien nie uitdien nie. Dis belaglik!!!

Leonie ·

Kan ons Government nie besef dat sulke ouens dieselfde sal doen oor en oor nie!!! Waarom vir hulle parool gee? Vir wat. Nog ‘n vrou se lewe verwoes vir altyd. Laat hulle lewenslank kry of doodstraf. Misdaad is te erg in SA want hulle weet ons het ‘n slapgat regstelsel en almal hier kom letterlik weg met moord!! Word wakker Zuma en doen vir ‘n verandering iets goeds. Almal suffer onder misdaad, alle rasse en dit raak erger by die dag!!

BulleEye ·

En dan kry hy weer parool en gaan doen dit weer … Wat ‘n siek stelsel is dit nie!

Eish! ·

En hy gaan weereens parool kry in die toekoms? Ek dink nie parool moet ‘n opsie in die geval wees nie, nooit nie!

Riaan Slabbert ·

Hyt haar gin verkrag nie. Hyt net met haar liefde gemaak teen haar sin. Wats fout daarmee? Ons wonderlike prezzie stel tog mos die voorbeeld…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.