Terugkeerdatums vir ander leerders bekend  

Angie Motshekga. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die datums waarop skoolkinders wat steeds tuis is kan terugkeer skool toe, bekend gemaak.

Volgens die jongste gewysigde regulasies in die Staatskoerant sal gr. 3- en gr. 10-leerders op 20 Julie terugkeer skool toe. Gr.1- en gr. 2-leerders sal tot 27 Julie moet wag voordat hulle kan terugkeer skool toe.

Leerders in gr. 4 en gr. 9 sal eers op 17 Augustus weer in die klaskamer wees en gr. 5- en gr. 8-leerders sal laaste mag terugkeer skool toe op 31 Augustus.

Leerlinge in gr. R, gr. 6, gr. 7, gr. 11 en gr. 12 het reeds teruggekeer skool toe.

Die jongste aankondigings kom nadat Motshekga Sondag gesê het 968 skole moes al weens Covid-19-gevalle toemaak en weer oopmaak sedert gr. 7 en gr. 12-leerders op 8 Junie teruggekeer het.

Motshekga het gesê die departement word steeds beperk deur Covid-19-verwante uitdagings en kan nie bekostig dat alle leerders op dieselfde tyd terugkeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rudolf ·

My genade, ek is so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroëer. My seun is in graad-2 en hy gaan klaar weer skool. My dogter is graad-RR en is ook van vandag af voltyds by die skool? Wat rook die regeringsamptenare want dit werk duidelik nie!

Raakvatter ·

My kinders (Gr 1 en Gr 3) is ook reeds by die skool van Maandag af. En ek is baie teverde met die skool se reëls aangaande social distancing. Baie oulik eintlik.

Annelize ·

Goeie genade!!! En ek se julle nou, voor enige van hierdie datums, gaan sy weer 200 u-draaie maak. Dis ‘n absolute sirkus, hierdie mense het nie ‘n clue wat om hulle aangaan nie, en ons as ouers en die kinders is besig om die verwronge vrugte te pluk.

Anel ·

As die skole die kinders kan ontvang, laat hulle gaan. Om te wag tot Oktober is mallegeid. Dan môre, oormôre word daar gekla dat die kinders niks weet nie, of sukkel of wat se verskonings uit gedink kan word en moet die kinders deur gesit word sonder die nodige kennis. Ek wil net weet of kinders nie maar gewoonlik verkoue en griep gekry het verlede jaar nie, of selfs onderwysers. Het die skole toe ook gesluit vir 4/5 maande? Belaglik!!!

Corne123 ·

Hoekom moet ons almal daans soos poppe waneer die klomp praat sy lekker op ha hel gekry met kleuterskole en hof uitspraak hof sommer hele inperk ding afstel want kyk hoe styg die getalle duidelik werk dit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.