Terugslag ná leeuaanval: Ouers bid vir wonderwerk

Kristian Prinsloo. Foto: Verskaf

Kristian Prinsloo, die Pretoriase leerder wat Saterdag deur ʼn leeumannetjie aangeval is, se ouers het ʼn beroep gedoen dat almal sal intree en aanhou om vir hul 11-jarige seun te bid.

“Die dokter het vanoggend [Donderdag] terugvoer gegee. Kristian se toestand is baie kritiek. In hierdie stadium is daar geen breinaktiwiteit nie. Ek vra dat almal sal intree vir Kristian en aanhou bid dat God se wil sal geskied asook dat dit sy wil is dat Kristian se brein sal begin funksioneer en hy volkome sal herstel. Alle eer aan ons Hemelse Vader en mag Hy elke gebed, hand, boodskap en gedagte honderdvoudig seën,” het Kristian se pa, Herman Prinsloo (47), gesê.

Prinsloo, ʼn sakeman van Centurion, en sy vrou, Adri (47), waak sedert Saterdag 24 uur per dag by hul enigste kind se bed nadat hy op ʼn landgoed in Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is.

Hy word in die waakeenheid van die Mediclinic Muelmed-hospitaal in Arcadia, Pretoria, behandel en is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel. Marie Strydom (75), Adri se ma wat die leeu van Kristian af gestoei het, staan die egpaar by.

Herman het Woensdag aan Maroela Media gesê Kristian, ʼn gr. 6-leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt, het oudergewoonte dié skoolvakansie by Strydom in Lephalale gaan kuier waar die tragedie hom afgespeel het.

Strydom woon die afgelope vyf jaar daar in haar eie huis op ʼn landgoed op die oewer van die Mogolrivier. Die landgoed behoort aan haar boesemvriende, Cor en Alet Vos. Die Vos-egpaar het drie leeus wat hulle daar aanhou en waarvoor hulle permitte het. Die leeus is met die hand grootgemaak, is gewoond aan mense en word in hokke aangehou.

“Die leeu het Saterdagoggend op die een of ander manier in my skoonma se huis beland. Ons weet nie regtig hoe nie. Cor-hulle is baie veiligheidsbewus en laat weet altyd as hulle af en toe die hokke oopmaak sodat die leeus kan  rondloop. Selfs dan bly die leeus aan hul gedeelte van die landgoed, want dit is waar hulle gevoer en bederf word. Kristian was ook al menigmaal daar en die leeus was nog nooit vir hom ʼn bedreiging nie.”

Prinsloo het gesê die leeu het sy skoonma en Kristian onverhoeds in die kombuis betrap. “My skoonma het vir Kristian gesê om in die kamer te gaan skuil. Hy het gehardloop, waarna die leeu hom van agter af gegryp en aan die nek beetgekry het.”

Strydom het op die leeu van sowat 200 kg afgestorm en dit van Kristian af gestoei. Sy het in die proses byt- en krapwonde aan haar rug opgedoen waarvoor sy steke moes kry.

Strydom en die Vos-egpaar het hulle omstreeks 12:00 met Kristian na die Mediclinic Lephalale gehaas waar hy ʼn operasie ondergaan het om sy wond te heg. Hy is omstreeks 20:00 met ʼn helikopter na Muelmed gebring.

Hy het ʼn erge bytmerk in sy nek opgedoen en wonde aan sy rug, waarvoor hy talle steke moes kry.

Daar is in Muelmed vasgestel dat Kristian swelling op die brein opgedoen het. Twee van sy nekwerwels is ook ontwrig.

Prinsloo het gesê hulle koester geen kwade gevoelens teen die Vos-egpaar óf die leeu nie. “Cor-hulle neem dit baie ernstig op en gaan deur net so ’n moeilike tyd. Hulle benodig ook gebede en nie verwyte nie. Ons wil ook nie hê die leeu moet van kant gemaak word nie.”

Hy het gesê met Strydom gaan dit in die omstandighede goed. “Sy is nog getraumatiseerd, maar positief. Ons is so bly sy was daar. Haar dapperheid het ons seun se lewe gered.”

ʼn Ondersteuningsgroep vir Kristian is op Facebook geskep om boodskappe van bemoediging te deel. Besoek die blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Adel ·

Hemelse Vader raak asb hierdie kind aan en genees hom asb volkome, ons bid en pleit dit in Jesus Christus se Naam alleen xxx

BOLANDER ·

Pappa Vader, maak asb hierdie kosbare seun gesond as dit U wil is. Amen

Magda Kruger ·

Liewe Herman en Adri, Mag ons Hemelse Vader juĺle dra deur hierdie moeilike tyd en elke dag die krag gee wat nodig is. Mag Hy, die Groot Geneesheer self vir Kristian aanraak en hom opwek tot nuwe lewe en algehele gesondheid. Baie sterkte en moenie moed verloor nie. – hou vas aan julle geloof en bid sonder ophou….

iemand ·

Ons vader in die hemel hou asb u engele naby die seun koester en genees hom vader ons vra dat u saam die gesin ook sal wees in die moeilike tyd en hou u hand ook oor hulle gee dat die jong man sal genees ons weet u genade is groot vader staan hulle almal by amen !!!!!

Mk ·

My God ek vra asb dat U die pragtige seun sal gesond maak ek weet U kan asb ons hemelse Vader
amen hy lyk so baie na my seun my hart huil saam hul

Liza ·

Sterkte aan almal wat betrokke is en glo en vertrou dat daar geneesing sal intree….Sal vir julle seun bid, en hou moed…..sterkte…..

Anton ·

Al is ek iemand wat onlangs my vrou verloor het, op ‘n relatief jong ouderdom, kan ek my nog steeds nie eens indink hoe Krisjan se ouers moet voel nie. Om jou kind in hierdie situasie te sien, is verskriklik. Die lewe is bitter wreed. Ek kan julle sterkte toewens, maar dis nog steeds so hopeloos ontoereikend.

jammer ·

ai Anton… baie jammer vir jou verlies… dit is nooit maklik nie… xxx
sterkte aan die pragtige seun se ouers… ons sal op ons kniee bly en bid vir geneesing…

Tania Maree ·

Mag Vader Yahweh ,met SY Groot Magtige Krag ,hierdie kind aanraak en volkome gesond maak- Yahweh wat Wonderwerke kan verrig!Ons vra dit in Yashua se Naam. Mag net U Wil geskied Vader Yahweh- Alle Eer kom U toe Vader- Ons Loof en Prys U Groot Magtige Naam Yahweh en Dank U Vader.AMEIN!

Johanné ·

Ja Tania, Jesus leef, Hy is groot. Ons glo die Here sal ingryp

sê-maar-net ·

wilde diere reageer op instink, al dink mense hulle is mak omdat hulle grootgemaak is deur hulle! dit wat ek nou al gelees en gesien het oor leeus moes die feit dat die seun klein was en weggehardloop het vanaf die leeu , vir die leeu dalk soos prooi gelyk het…ek is so jammer vir die familie wat hierdeur moet gaan!

Marieta ·

Bid en staan vas in jul geloof. Sewe jaar gelede was my kind ook breindood verklaar, met veelvuldige skedel- en werwel breuke, waaronder die C2 werwel. Was 42 dae in koma. Masjiene op 39ste dag afgeskakel, maar hy het aanhou asemhaal, selfs na verskeie dokters ons meegedeel het dat sy GCS telling minder as 3 is. Vandag loop en praat hy en lei ‘n taamlik vol lewe. Ek weet elke omstandighede verskil, maar God se genade oorbrug enige omstandigheid. DANKIE HERE VIR U WONDERLIKE LIEFDE! U HET ONS SO LIEF DAT U, U EIE LEWE GEGEE HET OM ONS TE RED! ONS LOOF EN PRYS U VIR DIE GENESING WAT U OOK IN KRISTIAN SE LEWE GAAN VOLBRING! NIE IN ONS TYDMAAT NIE, MAAR IN DIE TYD WAT U GOED AG VIR DIE HERSTELPROSES! LAAT U WIL GESKIED! AMEN.

Sonja ·

Heer. Gaan asb saam met di gesin en gee dat hul seun volkome sal herstel.

tess ·

Baie sterkte aan die Familie. Ek hoop die Seun herstel volkome.

Stella ·

Alles gebeur met n doel jy mag nie vra hoekom die HERE soiets laat gebeur het nie, antwoorde kom later, sterkte aan die familie

PDH ·

Laat U wil geskied Abba Vader. Dankie dat U hierdie familie aanraak met U liefde. Ons bid vir ‘n absolute wonderwerk Abba, in U naam alleen.

Elsa ·

Vader U seun het U ingryp nodig , ons hou hom uit na U in gebed en al die Lof en Eer kom U toe… dankie vir ‘n WONDERWERK..ons GLO

Esme Taljaard ·

My gebede vergesel die familie en ook vir Kristian, as ouer kan ek my indink waardeur julle gaan, ons bly biddend.

Anso ·

Baie sterkte ons bid vir julle as gesin. Liewe Jesus maak alles reg, alles reg. Ons moet net glo en vertrou…..

Oompie ·

Jesus het gesê, Laat die kindertjies na My toe kom.
Sterkte aan die gesin, ek bid ook vir julle. GOD SE WIL GESKIED ALRYD

Skapie ·

Ek bid vir julle. My God is ‘n God van wonderwerke. Hy hoor elke gebed. Kyk wat het Hy vir Lize gedoen. U wil geskied my Vader

Sophia ·

Ons Vader in die Hemel. Baie dankie vir die genesing wat U vir ons bied vir hierdie pragtige seun.
Ons aanvaar U genesing en ons maak dit ons uie.
Dankie vir U hand van genesing in hierdie seun se lewe.
Gee asb U Engele opdrag om ‘n laer om sy bed te vorm en ‘n koepel oor sy bed.
Amen.

Kobie ·

So bitter jammer dit het gebeur vir al die mense betrokke. Daar sal en is ‘n plekkie in my gebed. Ek weet ek mag dalk nou uit my beurt praat, maar iets wat genoem kan word in so berig is wat miskien aanleiding tot die dier se optrede kon wees. Ek was nie daar nie, en ek weet nie, maar as jy jou rug op ‘n gevaarlike dier draai, al is dit hoe mak, is dit ‘n fout. As jy boonop hardloop is dit ‘n groter fout, as jou stemtoon nie gelykmatig is nie is dit ‘n fout. Instink is sterker as “mak”. Doen dit met ‘n groot hond en jy gaan tien teen een dieselfde reaksie kry. NIEMAND kan blameer word nie. Ons is mens en ons gee om, daarom dat ons klein diertjies onder die vlerk neem en versorg. Dit is hoekom ons lief word vir daai dier en dan gebeur so iets of dit gebeur nie.. Dit is wie ons is in wese, en dit is omdat ons omgee. Almal doen dit nie altyd op die regte manier nie, en vir die regte redes nie, maar….

Jimny malan ·

My neefie ek wens en bid jy wil wakker word ons het jou nodig

Retha ·

Die Bybel sê daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Ek sou nie sê dit is nou enige iemand se tyd of plek om vurige kole op die mense se hoofde te hoop nie. Ek is seker hulle worstel self daarmee. Baie sterkte en ons vertrou die Here vir ‘n wonderwerk!

Jana ·

Yahweh Rapha dankie dat U in U grootheid hierdie kind aanraak. Ons dank en prys U dat U U beskerm engele stuur om oor hom te waak. Niks is vir U onmoontlik nie. Raak hom aan Here. Dankie dat U die swelling sal laat sak en al die brein aktiwiteit weer sal laat begin. Liewe ouers salf asb julle kind af terwyl julle vir hom bid soos wat Sy Woord vir ons voorsê. Yahweh is groot en almagtig. Praat met julle seun. Sy geesmens slaap nooit. Vra hom om aan te hou veg en Yeshua te vra om hom na julle terug te bring. Alle eer kom ons Almagtige God toe. Ek en my gesin hou aan intree en bid vir julle en glo ons Vader gaan hier ‘n wonderwerk verrig en ons dank en prys hom daarvoor.

bert ·

Want U het Daniel ongedeurt gelaat tussen n trop leeus. Ouma Strydom en Simson het leeus met kaal hande oorwin en klein Kristian sal volkome genees, want U is Die Almagtige God op wie ons vertrou in Jesus naam, dankie Here. Amen.

Tania ·

Ek wonder hoe dit met die seun gaan. Kan Maroela se span nie vir ons laat weet asb.

vicky ·

EK kyk ook kort-kort of hulle nie iets se nie. Asb Maroela kan julle ons inlig? Ek het nie fb om als te kan lees nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Vicky en Tania

Daar is ongelukkig nog geen verdere inligting nie.
Ons sal dadelik berig indien daar enige verwikkelinge is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marie ·

Ek hoop die seun herstel, hy is die enigste onskuldige in die verhaal. Wilde diere is presies dit wat die woord “wild” beteken. Al die sogenaamde bewaringsbewustes wat wilde diere onnodig blootstel aan mense, doen die diere ‘n onreg aan. Gewoonlik betaal die dier dan met sy lewe omdat hy sy natuurlike instinkte gevolg het, soos om ‘n prooi wat hardloop neer te trek. Jammer vir die ouers en respek vir die ouma wat baie dapper was.

Esther ·

Baie sterkte vir julle almal. ons bid vir krag vir julle deur die moeilike tyd en ook dat die Here vir Kristian wonderbaarlik sal aanraak en volkome sal genees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.