Terugslag vir Afrikaans by Maties

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

AfriForum Jeug het met kommer kennis geneem van die besluit van die Universiteit Stellenbosch (US) se Raad – tydens hulle raadsvergadering van 28 September – om nie meer Afrikaans as onderrigtaal te beskerm in die amptelike taalbeleid van die universiteit en ander dokumente nie.

“Die feit dat die Raad die woord ‘beskerm’ verwyder, wys dat die Raad geen voorneme het om Afrikaans as onderrigtaal by die US te behou nie, die Raad is dus direk aanspreeklik vir die wegval van Afrikaans by nog een van SA se universiteite,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

“Dit is ongehoord dat die Raad gehoor gee aan die eise van ʼn radikale en rassistiese groepering soos Open Stellenbosch (OS) wat weier om met die universiteit te vergader en nie eers ʼn geregistreerde organisasie op kampus is nie,” het Dupper bygevoeg.

AfriForum Jeug is van mening dat die Raad hom nie moet laat voorsê deur groeperings sonder enige geloofwaardigheid en wat nie bereid is om die korrekte kanale te volg nie. Daar is talle ander organisasies wat gereeld insette lewer deur die regte prosedures te volg, maar dit blyk asof die Raad nie ag slaan op hulle menings nie maar eerder reageer op diegene wat nie die prosedures volg nie.

AfriForum Jeug is ook van plan om ʼn skrywe aan die Raad te rig om onder meer uit te vind wat die redes vir die besluit is asook hoekom daar nog geen dissiplinêre stappe teen lede van OS geneem is wat klasse ontwrig het en ander studente van hulle klastyd ontneem het nie, terwyl daar vinnig teen raadslede opgetree word wat hulle vryheid van spraak gebruik om ideologieë soos transformasie te bevraagteken.

“Die Raad moet ook nie dink dat Open Stellenbosch die stem van die algemene student op Stellenbosch is nie en hulle verteenwoordig hoegenaamd nie die oorgrote meerderheid van studente op Stellenbosch nie. Hulle sal moet besluit wat belangriker is, hulle eie studente of studente van ander universiteite wat met busse aangery word?” het Dupper bygevoeg.

“Afrikaans is weereens die teiken van radikale transformasie. Dit is duidelik dat daar geen staanplek vir Afrikaans in ons sogenaamde ‘reënboognasie’ is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dirk Bosman ·

Dit is soos vuilbroed in n byekorf Bakterie vernietig jong bye en dit is fataal en onomkeerbaar.Dit word deur besmette bye die kolonie ingedra en word met nektar aan jong bye gevoer.
.

Jenny ·

Kan al die afrikaanse studente nie maar akademia toe gaan. Die universiteit in kaapstad sal die finansiele verlies voel en sal nie kan voortbestaan. Dit is lankal nie meer soos toe ek daar geswot het nie

Jan van Rooyen ·

Daar kry die liberale Kapenaars nou waarvoor hulle geveg het. Gaan se sommer dankie vir FW, Pik en Johan Rupert. Darem het hulle baie geld gemaak deur met die ANC te vleg.

RG ·

Jy ken nie Johann (twee n’e) Rupert se opinie nie. Hou op ‘n dwaas wees. Hy het baie daarteen geveg agter die skerms.

Peet Schabort ·

Afriforum, voorsien ons van hulle e-pos adres sodat ons hulle rekenaar kan verstop.

Bert ·

Die Afrikaanse lede van die raad wat hiervoor gestem het se besonderhede moet asseblief bekend gemaak word. Skandpaal vir hulle.

Therese van Schalkwyk ·

Sprakeloos oor die skreiende ruggraatloosheid van die persone wat hierdie verraderlike besluit geneem het. Die Universiteit van Stellenbosch is destyds m.b.v. die Marais-skenkersgeld gestig met die uitsluitlike doel om ‘n Afrikaanse instelling te wees. Dit sou ‘n teenvoeter wees in die see van Engels (stééds) rondom Stellenbosch. Hierdie is blatante diefstal!

Wáár staan die stilswyende Afrikaanssprekende gemeenskap van Stellenbosch in hierdie saak? Gaan julle dit aan AfriForum alleen oorlaat om Afrikaans te probeer red? Wat ‘n skande.

Johannes Comestor ·

Onder die huidige US-bestuur en -raad is daar eintlik geen akademiese hoop meer oor vir die universiteit nie. In die huldigingsjaar vir Jan Marais word besluit om Afrikaans nie meer te beskerm nie. In November gaan die taalbeleid verander word; sekerlik eerder ten gunste van Engels. Net so tragies is die besluit dat die siening van die kommunistiese minister van hoer onderwys groter teenwoordigheid in die US-raad gaan kry. Hy sal voortaan 5 pleks van 3 raadslede kan benoem. Wat die US-raad daarmee se, is: ANC-/kommunistiese/staatsinmenging is goed vir die US.

Sarie ·

Piet Le Roux word op die altaar as ketter geplaas terwyl die rassistiese Open Stellenbosch maak soos hulle Lu’s kry. Waar is die wonder like Afrikaanse Taalraad en ATKV se stemme.

Hartseer dag ·

Dit is n tragiese en hartseer dag vir ONS mooi taal.

Hartseer dag ·

Dit is n tragiese en hartseer dag vir ONS mooi taal.

chris ·

Dit is mos DA wereld die Weskaap?
Wag vir hulle en die “leier” in besonder om nou die groot gedeelte Afrikaners wat vir hulle stem te verdedig.
Wag vir dit,wag vir dit, wag asb nog so bietjie baaaie vir dit.

ernest ·

Ai my Afrikaanse kinders, ek is so jammer vir julle !! Begin sommer by die JA stemmers van 27 April 1994 wat die “erwe van hul vaders” vir hul kinders weggeteken het. Help nie julle is kwaad vir die nuwe erfgename nie. Vra sommer ook vir FW of hy nie die US dalk v julle “verskans” het nie. Hy was die man met die “checks & balances” het hy vertel..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.