Terugslag vir baba Ayden

Ayden het vandeesweek ’n terugslag beleef. (Foto: Verskaf)

Ayden van Niekerk sal Vrydag ’n operasie ondergaan om ’n trageostomiebuis in sy keel te sit.

Dié sewe maande oue babaseuntjie veg al langer as ’n maand om sy lewe in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg nadat hy aan ’n stukkie biltong gestik het.

Hoewel sy toestand die afgelope paar weke verbeter het, blyk dit dat hy ’n terugslag beleef het toe hy Woensdag begin sukkel het om self asem te haal.

Maroela Media het op 7 Junie berig dat Ayden weer op sy eie kan asemhaal nadat hy weke lank onder verdowing was en suurstof ontvang het.

Woensdagoggend het sy ma, Estelle, op die Facebook-blad Bid vir Baba Ayden aangedui dat Ayden rustig is en goeie vordering maak. Teen Woensdagmiddag het sy toestand egter versleg.

“Ons het pas slegte nuus ontvang, Ayden kry nie op sy eie asemgehaal nie.”

Luidens die inskrywing vermoed dokters dat daar moontlik skade aan die brein kan wees wat die seine tussen die brein en stembande beïnvloed. Hy sal later ook vir ’n MRB-breinskandering gaan.

Benewens die trageostomiebuis sal daar ook ’n voedingsbuis in Ayden se maag geplaas word.

“Ons bid maar hard dat Jesus hom styf sal vashou. Ná drie of vier dae, as hulle [dokters] gelukkig is, sal Ayden moontlik met rehabilitasie kan begin,” sê Van Niekerk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Sterk wees klein mannetjie, die hele SA bid saam met jou ouers en ouma dat jy volkome gaan hertsel

Witwolf

Sterkte vir Ayden en gesin! ????

Swerwer

Ag nee. Klein mannetjie jy moet sterk wees ek bid vir jou en jou ouers. So jammer oor die gebeure en terugslag.

Tiptol

Ons bid vir julle almal.

Nico

Klein man, moenie moed opgee nie, jy sal genees wees, al is dit nie hier nie maar saam met Jesus Christus. Sterkte aan die gesin en familie.