Terugslag vir bejaarde vrou ná plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Marie Paynter (72), die vrou wat Donderdagaand ure lank saam met haar man, Ben (78), op ʼn plaas in Noordwes aangerand en aangehou is, het ʼn terugslag in die hospitaal gehad.

Bennie Brits, Marie se broer, het Maandag aan Maroela Media gesê Marie was al sieklik voordat hulle Donderdag om 20:00 deur drie mense op hul familieplaas tussen Derby en Boons aangeval is. Die Paynter-egpaar het sowat vier jaar gelede na die plaas verhuis en op klein skaal met groente geboer wat hulle vir ʼn aanvullende inkomste verkoop het.

Brits woon sowat 500 m van die Paynter-egpaar se plaashuis af.

“Ons vermoed hulle is vir ʼn lang ruk dop gehou, want Ben gaan elke aand uit om die kragopwekkers aan te skakel aangesien die sonpanele nie yskaste deur die nag aan die gang kan hou nie. [Die aanvallers] het Ben buite die huis oorval en vir Ben en Marie met rekbare wasgoedlyn vasgebind.”

Die aanvallers het Ben ʼn paar keer geskop terwyl hulle die huis geplunder het. Hulle het teen ongeveer 03:00 met huisware, selfone, juweliersware en ʼn vuurwapen in die egpaar se bakkie op die vlug geslaan. Die rowers het die egpaar se sleepwaentjie aan ʼn bakkie gehak en vyf sonpanele en twee kragopwekkers daarop gelaai voor hulle weg is.

Marie kon die oggend omstreeks 05:00 daarin slaag om los te kom, waarna sy haar man losgemaak het. Ben het in sy motor geklim en na sy naaste bure gery om hulp te ontbied.

Die egpaar is daarna albei na die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg geneem vir waarneming.

“Ben is gister [Sondag] ontslaan. Marie het egter ʼn terugslag gehad en ons vermoed dit is direk verwant aan die erge trauma waardeur hulle is,” het Brits gesê. “Sy ly aan suikersiekte en het ook soms angsaanvalle gekry, maar gister het sy ʼn hartaanval gehad. Sy is nou in die waakeenheid met hartversaking en haar niere is besig om in te gee. Haar dokters is baie bekommerd oor haar en het versoek dat haar kinders ontbied word.”

Die egpaar het vier kinders Alta de Jager (52), Anso Coetzee (51), Freddie Paynter (47) en Rickey Britz (48), nege kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Ben staan Marie in die hospitaal by. De Jager woon saam met haar ouers op die plaas, maar was tydens die aanval op besoek in Kaapstad. Dit is haar bakkie waarmee die aanvallers op vlug geslaan het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. De Jager se bakkie is ook nog nie opgespoor nie. Die bakkie se registrasienommer is JHG 492 NW. Mense wat dit opmerk word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Vrydag aan Maroela Media gesê die aanval op die Paynters was die 358ste plaasaanval vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Ek raak so gatvol om te lees “huisroof”… Druk ‘n man in n kis en dit is ‘n verskriklike petalje! Beroof en rand bejaardes op ‘n plaas aan en dit is ‘n afgewaterde klag van “huisroof”! Wie probeer die SAPD nou eintlik vermaak?

Willem Laurens ·

Die saak moet huisroof en poging tot moord wees!!!

Annie ·

Stem saam dit is poging tot moord en nie huisroof nie – ken die SAPD dan nie die verskil nie. Hoop die tannie sterk gou aan.

Moeg ·

Ek lees die artikel en trane loop weer. My ouers en familie van my is die naweek aangehou en geteister, gemartel gedreig hul gaan doodgemaak word. dit het in ‘n dorp gebeur. die skuldiges lag daaroor en ons beleef trauma ek as kind is gebreek. Dat my ouers en familie so iets moes deurgaan. daar is nie woorde om die haat en woede te beskryf nie. Aai sterkte aan almal wat hierdeur gaan ek hoop ons kan almal berusting vind. almal se vergewe die mense wat sulke goed doen maar dis nie moontlik nie. Sterkte oom en tannie. Ons is nerens veilig nie.

Anon ·

My ouma en my broer is op 8 September geroof by n teller en sekuriteitswag se vir my hy het niks gesien nie. Ek gaan management toe en sit n blank vrou agter haar lessenaar en se vir my dat haar kameras nie werk nie en dat sy ongelukkig niks daaraan kan doen nie. N week later word my tannie en oom gehijack en hulle het gelukkig hul kinders van 4 jaar oud klaar by die skool afgelaai. Dan se hulle ons moet vergewe. Hoe kan ons so iets vergewe as dit trauma op trauma is? Al daai skelms loop vry rond nogsteeds nie gevang nie

Anon ·

My ouma en broer was geroof by n teller sekuriteit sien niks soos gewoonlik en blanke vrou van management se hulle kameras werk nie so sy kan ongelukkig niks daaraan doen nie. N week na dit word my tannie en oom gehijack en hulke het n tweeling van 4jaar oud. Gelukkig klaar afgelaai by die skool. Dit is belaglik en hierdie wat ons elke dag lees is verskriklik hoe moet ons vergewe? As ons trauma op trauma noet ervaar

Wilma ·

SAPD lede wat dit huisroof noem hoort beslis ni in polisie ni

Louwtjie ·

Net ‘n vragie, is alles deesdae huisroof??? wie bluf vir wie hier?

Chantell ·

Ek is so jammer om te hoor van jou ouers en familie. My ouers is ook deur dieselfde ervaring so twee maande terug. Polisie Soek nie eers die kriminele nie. Dis net oor en verby. Maar dit los mens met soveel onopgeloste issues en woede. Ek hoop dat julle berusting sal kry, dis bitter moeilik. Sal vir julle almal bid. X

Cornelia ·

Plaasmoorde en aanvalle word “goedgekeur” deur die owerheid van die dag! Hoe vertolk ‘n mens dan die volgende uitsprake: 1) “boere moet lewendig begrawe word!” 2) “witmense moet stadig gekook word soos paddas!” 3) ” beset wit eiendomsplase” 4) “ons is nie bang vir bloed nie” – Malema 5) BFLF se ideaal om S.A. net vir swartmense te reserveer? 6) Die D.A. se hoop om plaaseienaars op ‘n bedekte manier te onteien – doen afstand van gedeelte van grond en so word u ‘n regmatige eiendom stuk-stuk afgepers? Of Ramaphosa wat verblyfreg van jarelange werkers wil afforseer wat neerkom op die kolonisering van private eiendom! Elkeen het sy eie taktiek om op geslepe wyse ontslae te raak van blanke boere?

Mara Venter ·

Dis verskriklik om te dink ons lewe in “”tronke””, ons huise is so veilig moontlik gemaak sodat ons in ons eie “tronke”kan slaap! wat het van wet en orde in hierdie land geword?. Wil mense toesluit oor die ou landsvlag my genade die regering het geen standaard nie, waar word die streep getrek? Ek dink ons moet almal soos een man die Minister van Wet en orde aanvat hoe kan hulle net statistieke byhou en NIKS OMTRENT DIE WREEDHEID DOEN NIE?????? Die ergste nou hier in Kempton Park wat ons nou ervaar het is ‘n dame wat winkel toe ry en toe sy stop staan 3 menere by haar motor se deur “hand us your keys NOW!””, neem haar sleutels klim in en ry, sy was gelukkig dat hulle haar gelos het, maar die trauma kan geen mens beskryf nie. Die kriminele het meer regte as die mens wat n eerlike reguit pad stap!!!! Baie sterkte aan die oom en tannie hul skoonsus is ‘n vriendin van my en selfs hulle kry so swaar deur al hierdie dinge! Ons gebede is met die familie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.