Terugslag vir klein Daniel Kerswell

Daniel Kerswell is ernstige beseer in ‘n fratsongeluk. (Foto: Verskaf)

Daniel Kerswell, ʼn seuntjie van Ermelo in Mpumalanga wat die afgelope naweek ernstig beseer is nadat hy onder ʼn motorwiel beland het, het ʼn terugslag gehad.

Die seuntjie, wat Sondag sy tweede verjaardag vier, het Donderdag begin stuipe kry.

“Ons harte is stukkend,” het sy ma, Danelle, op ʼn gebedsgroep vir die seuntjie geskryf.

Maroela Media het vroeër berig Danelle, Daniel en sy boetie Aydin (4) was Sondag in die kombuis van hul huis doenig toe die seuntjies se pa, Paul, die huis uit is om na ʼn vriend te ry. Daniel het skielik uit die huis verdwyn.

Danelle het dadelik onraad vermoed, na buite gehardloop en Daniel bewusteloos agter die motorwiel aangetref. Hy het vermoedelik agter die motorwiel beland en is ernstig beseer. Die egpaar het met Daniel na ʼn hospitaal op die dorp gejaag en hy is Maandag in die vroeë oggendure na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die seuntjie het verskeie breuke opgedoen, asook skade aan sy longe. Aanvanklike skanderings het geen breinbeserings gewys nie.

Daniel is intussen steeds onder verdowing. Dokters het onder meer probeer om ʼn dreineringspyp uit sy long te haal, maar dit het te veel druk op sy longe geplaas.

Volgens sy ma het hy Donderdag weer ʼn breinskandering gehad om vas te stel of daar ʼn groter probleem is.

“Bid asseblief,” het sy op Facebook gepleit.

Daniel se ouer boetie, Aydin (4), het by geliefdes op Ermelo gebly terwyl sy ouers in Pretoria is om nader aan Daniel te wees. Hy sou gister by sy ouers in Pretoria aansluit.

Danelle, Daniel, Aydin en Paul Kerswell. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

katara ·

Ek bid dat God hom tenvolle sal herstel en krag gee aan sy geliefdes om hierdeur te kom.

Elmarie ·

Ons bid vir genesing en krag vir die familie om hierdeur te kom

Pieter ·

Bid saam julle, regtig. ABBA VADER! (Dis nie maklik nie, en nou nog Steve Biko ook.)

Skappie ·

Sterkte aan julle as ‘n gesin. Mag onse Liewe Jesus vir Daniel heeltemal genees.

Sandra ·

Ag dis nou slegte nuus. Baie voorspoed en sterkte aan sy familie.

Sê maar net ·

Ons bid dat Jesus hom sal aanraak en volkome sal genees. Baie sterkte aan die familie xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.