Terugslag vir pa ná kleinhoewe-aanval

Braam Blignaut is sedert die aanval verlam en in ‘n rolstoel. Foto: Verskaf

“Het hierdie kind van my nie ʼn reg op goeie mediese hulp in die land nie? Hy is geskiet toe hy sy vrou en vier kinders tydens ʼn kleinhoewe-aanval beskerm het.”

Só sê ʼn moedelose Gerda Steyn, ma van Braam Blignaut (36) wat op 10 Julie 2015 op ʼn kleinhoewe in die Buffelsfontein-omgewing buite Rustenburg in Noordwes deur twee gewapende aanvallers oorval is. Blignaut is vier keer in sy bolyf geskiet en sedertdien heeltemal in sy onderlyf verlam.

Hy het gevolglik sy werk as voorman by die Tharisa-myn verloor, wat hom en sy gesin in finansiële probleme gedompel het. Hy het ook nie ʼn mediese fonds nie en is van skenkings en sy vrou, Izulda, afhanklik. Izulda sien heeltyds na hom om waar hulle nou in ʼn huis in Rustenburg woon.

Omdat hy ʼn parapleeg is, het hy in ʼn stadium ʼn erge bedseer aan sy regtersy opgedoen voor die gesin deur skenkings ʼn spesiale elektriese bed vir hom kon aanskaf wat help om bedsere te verhoed.

Steyn het Donderdag aan Maroela Media gesê Blignaut het twee maande gelede begin siek word. ʼn Private uroloog het toetse op hom gedoen en bevind Blignaut het weerstand opgedoen teen antibiotika wat ʼn staatsinstelling vir hom voorgeskryf het. Hy kan slegs ʼn sekere soort antibiotika gebruik wat binneaars toegedien moet word. Dit het veroorsaak dat sy bedseer septies raak. Die ontsteking het intussen na sy been versprei en dit veroorsaak dat stukke van sy been uitbreek.

Blignaut was sedertdien by drie verskillende staatshospitale in onderskeidelik Noordwes en Gauteng waar hy glo nare ondervindings gehad en personeel ure lank nie na hom omgesien het nie, of die hospitale nie die nodige toerusting of beddens gehad het om aan parapleë se behoeftes te voldoen nie. Die jongste ervaring was verlede week.

“My kind is verby siek. Hy het koors van 40 grade en kry nie geëet nie, want hy bly opgooi. Hy is ʼn skadu van die mens wat hy was. Ons sukkel om behoorlike staatsbehandeling vir hom te kry. As ons private behandeling kon kry, was hy seker nou al gesond.”

Braam Blignaut en sy kinders ná die aanval wat hom verlam gelaat het.

Die familie klou vas aan ʼn greintjie hoop nadat ʼn private spesialis met verwysing gereël het dat hy in die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa opgeneem word. “As daar nie probleme met sy opname is nie, sal hy geopereer word om te kyk hoe sy wond lyk.”

Sy sê egter as sy heup onredbaar is, sal Blignaut se been waarskynlik by die heup afgesit moet word omdat parapleë nie heupoorplantings kan kry nie.

Blignaut het vroeër vanjaar, twee jaar ná die aanval, ʼn emosionele video opgeneem wat vertel hoe die nadraai van die aanval hul gesin geruk het.

“Die mens wat sê dit raak beter wanneer jy verlam is, lieg. Dit raak nie beter nie. Ek het nie net die vermoë om te loop verloor nie, maar ook om vir my gesin te sorg. Reeds twee jaar lank word ek elke nag van my lewe weer geskiet as ek daardie aanval moet herleef. Ek herleef daardie oomblik elke dag van my lewe,” het hy vertel terwyl trane oor sy wange rol.

Steyn het intussen van die polisie verneem dat die verdagte wat haar seun geskiet het, glo dood is. Die ander is steeds soek.

Hier volg die video wat Blignaut opgeneem het:

This how crime affects familys in South Africa! This is my son Braam Blignaut story! I want this video to go viral all over the world so that everyone can see what happend to him and his wife and 4 sons! They are dependend now on donations help them! Braam need so much to go and see a specialist and a stem cell specialist to see if there really nothing to be done for him and make his life more bearable! Pain, infections and severe spasms is a part of his life! Please support them in their struggle and make their live better! If anyone want to donate please donate at I.S Blignaut Absa / acc ; 9324353196 branch 632005Savings account. Swift Code: ABSAZAJJPlease put the word "DONATE" with every donation! Thank you and God Bless!

Posted by Gerda Herbst on Tuesday, June 6, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Onnie ·

Nou waar is die video? Onderaan die berig staan: en hier volg die video… Maar hellaas geen video?!

Bfb ·

Kan Afriforum nie hul weg oopsien om slagoffers onder ons eie mense by te staan nie? Help tog die familie.

Meisie Teixeira ·

Ek stem saam laat hulle ook ons blankes help wat deur die hel gaan

phillipvandyk ·

ek vra net is daar nie iemand op maroela media wat die man kan help nie asb. dalk met deeltydse werk of so iets, of n fonds vir hom, kon die myn hom nie skuif na n kantoor werk nie, o nee sal seker nie… ons is mos bevoordeel…. komaan mense ek weet nie hoe doen mens so iets nie maar ek is seker hier is imeand wat weet hoe…

Riette Koen Mulder ·

Dagvaar die regering wat ons mense so blootstel en absoluut NIKS doen om ons mense te beskerm nie. Boere en elke Suid-Afrikaner moet elke onkoste aangegaan vir selfbeskerming van die regering terugeis. Is daar êrens ‘n dokter met ‘n hart wat na die man kan omsien? Dis louter hel waardeer hierdie mense gaan.. Waar is Afriforum???? Solidariteit??

n ·

Ai Riette Koen Mulder, ek het ook al gewonder of die Regering nie die mense wat so aangeval word, kan help nie. Was in Uroloog spreekkamer saam my man toe die dr na sy e-pos gekyk het en genoem het dat ‘n man in staatshospitaal lê wat in sy niere geskiet was. Hy wou so graag help maar die privaat hospitaal sou dit nie toelaat sonder mediese fonds of derduisende rande se deposito nie. Braam en jou familie, ons is so jammer dat dit moes gebeur!!

Celia ·

Hierdie man is nou te siek om te werk.Hy moet eers gehelp word om gesond te word.
Dis onaanvaarbaar dat mense wat gespesialiseerde mediese hulp nodig dit net kan kry as daar eers geld neergesit word by duur privaat hospitale.Wat het geword van die hipokratiese eed?? AgriForum is ook net afhanklik van skenkings. Al wat mens nou oor het is vertoee rig,oral opsosiale mediaom tog net iewers n welgestelde wat wel kan help se aandag daarop te vestig. HOEKOM is mediese kostes in elk geval so belaglik hoog? Ek bid vir hierdie gesin ! Mag daar gou uitkoms kom.
As daar nie, kan ons Maroela lesers nie n geldinsameling hou nie, dit kan daardie kinders se pappa red. As ons elkeen n paar rand gee… Maroela?

Chris Ws ·

Die staat moet verantwoordbaar gemaak word vir alle mediese kostes van plaasaanval slagoffers sodat hulle in privaat hospitale behandeling kan kry ongeag of hulle ‘n mediese fonds het of nie.

Peet J ·

Mnr. Blignaut jou familie kan baie trots op jou wees wat jy tydens die aanval vir hulle gedoen het .Ek wens jou alle sterkte en beterskap toe met jou beserings probeer om weg te bly vanaf die staatshospitale, miskien kan Solidariteit helpende hand of AfriForum jou sowel as jou familie tegemoet kom. Betrek ook die minister van polisie Fikile Mbalula aangesien hy ernstig is oor die plaas en kleinhoewe moorde. Moet nie moed opgee nie jy het nog ‘n familie vir wie jy moet sorg kontak ook die menseregtekomissie, hoop hulle sal die ander krimineel in die hande kry.

Lindie Lourens ·

Ons is bitter jammer vir hierdie mense. My dogter het al vir elke kind voorsien van wintersklere met groot sorg uitgekies verpak en versend. Tot op hede weet ons nie of hulle dit ontvang het nie.

Gerda ·

Lindie, ek is werklik jammer as jy nie ons dankie boodskappe ontvang het nie, as dit jou gelukkig sal maak sal ons n formele danksegging op sosiale media gaan post! Gos se as jou regter hand goed doen, moet jou linker hand nie van dit weet nie! Persoonlik is jou aanval hier ongevraag! My kind kan skaars praat of eet so siek is hy! Ons vra niemand iets nie, ek soek n dr wat my kind gesond kan maak! As jy n seun het, gee hom n drukkie en gaan op jou kniee en se dankie vir ons Skepper dat hy gesond is!!!

Anna ·

Hi liewe Gerda. Ek glo nie dit was Linda se bedoeling nie. Sy het net gewonder of dit by julle uitgekom het. Ek dra julle in my gebede, dit is n swaar las war julle moet dra. Het julle dalk n fonds waar mens skenkings kan bydra?

Irene ·

Buitelanders kry meer hulp skande in sa om so op te tree hy het nie gevra om geskiet te word nie maar al die gemors wat so rondloop om te moor gee my grys hare

Oumens ·

My hart huil vir hierdie man. Die aanvallers sal in hierdie geval ook nie aangekeer word nie. Nog ‘n broodwinner en pa van klein kindertjies wat in ellende verval. Nodeloos om te vra wie agter alles sit.

Hartseer van Pretoria ·

Kan hierdie mense nie aansoek doen vir n ongeskiksheid toelae nie, die man sowel as die vrou aangesien sy moet omkyk na haar man dit is mos hoekom daar toelaes is vanaf Sassa of is dit net vir enkel lopende ouers met kinders ek glo die toelae sal n gaatjie kan toemaak al is dit nie baie nie.

Dance ·

Komaan mense wie kan hierdie mense help om n hulpfonds te stig?

Asmain ·

Ai dis so hartseer. Kan die Jacaranda Angels of Dischem Foundation nie help nie?

Hendrik ·

Die regering versuim sy pligte. Die bloed van die onskuldiges loop oor die ANC. Hulle sal verdrink daarin en tot ‘n bloeddige einde kom. Hulle sal mekaar verskeur soos wilde honde wat op ‘n verrotte karkas afgekom het.

Maraai ·

Skokend want die grootste kriminele kry voorgang behandeling by ons staads hospitale daagliks…sien hulle gereeld geboei en ketings om enkels in oranje oorpakke…en wie betaal …ons belastingbetalers

MissDemeanor ·

Hy was voorman by n myn maar het geen mediese fonds gehad nie…vir my beteken dit een ding. Sy werkgewer het hom uitgebuit. Mens se werk is veronderstel om vir jou basiese mediese versekering te gee, selfs al trek hul dit af by jou salaris. Ek voel so jammer vir hom en sy familie! Wat n ramp.

Anoniem ·

Mnr. Blignaut, nader ‘n prokureur wat jou met ‘n klag van mediese nalatigheid kan assisteer. Daar is uitstekende prokureurs wat pro bono werk. Moenie moed verloor nie en baie sterkte!

E ·

Liewe Vader ek KAN nie meer hierdie tipe goed lees nie. Dit breek my hart!! Wanneer gaan dit weer met ons land en sy mense goed gaan? Mense wat heldedade verrig en ander se lewens red, kry so swaar. Boere wat hard werk op hul plase om kos aan die HELE land en AL sy inwoners te voorsien word wreed vermoor. Klein kindertjies word daagliks mishandel misbruik en vermoor. Boere pleeg selfmoord oor die regering geen of bitter min hulp verloor in droogte geteisterde gebiede. Wat gaan van ons kinders word in n land waar dit SO sleg gaan.

Theresa ·

Hartroerend. Laat ons asb op Maroela M weet indien daar asap ‘n fonds begin word om die man se kostes te probeer betaal by ‘n privaat instansie. Ja, dis baie geld, maar so is ons ook baie lesers. Dalk ‘n aparte rekening of iets waarin mens iets kan deponeer vir die versorging van die huisgesin? Kom ons staan saam en help!

Lap pop ·

Ja stuur asb bankbesonderhede, ek bly oorsee maar wil baie graag help.

Andrea ·

Baie dankie, Lap pop, dat jy nogsteeds omgee vir jou mense hier in Afrika.

Rachealle ·

Kan daar nie ‘n fonds deur AfriForum gestig word nie, ons sal almal bydrae vir ons mense. Iemand moet iets wetting stig om hierdie slagoffers te help. Ons mense word alles ontsien. Ons moet saam staan en mekaar help. Mag die Here jul dra, beskerm en voorsien. Pos op Maroela die inligiting aub,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.