Terugvoer oor vlak 3-regulasies wéér uitgestel

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat Suid-Afrika op 1 Junie na vlak 3 van die afsonderingsvlakke skuif. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die nasionale koronavirus-bevelsraad se mediakonferensie oor die bepalings wat met vlak 3 van die afsonderingsregulasies verband hou, is vroeg Woensdagoggend vir ʼn tweede keer uitgestel.

Die bevelsraad sou vandag om 12:30 terugvoer oor die bepalings gegee het, gevolg deur die maatskaplike groepering wat om 18:00 die land op die hoogte van verwikkelinge sou bring.

Die mediakonferensies sou aanvanklik Dinsdag al plaasgevind het.

In die jongste verklaring wat die regering vroegoggend uitgereik het, word géén nuwe datum of tyd aangegee nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig die hele land skuif Maandag na koronavirus-vlak 3 toe. Benewens die verslapping van maatreëls wat Ramaphosa aangekondig het, is daar nog geen verdere duidelikheid oor wat presies dit gaan behels nie.

Ramaphosa het onder meer gesê oefening sal regdeur die dag toegelaat word, alle winkels mag hul bedrywighede hervat en alle produkte verkoop, alkoholverkope sal onder streng voorwaardes toegelaat word en die verbod op die verkoop van tabakprodukte word voortgesit.

Die president het toe ook gesê alle byeenkomste, ook kerkdienste, word steeds verbied. Dinsdagaand het hy egter in ʼn regstreekse toespraak gesê kerkdienste gaan wél op vlak 3 toegelaat word, mits daar nie meer as 50 mense by die diens is nie. Begrafnisse mag onder soortgelyke bepalings gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Raadslid

Hier is weer ‘n onaangename verrassing vir ons aan te broei.

Venter

Kry niks om te copy and pase lol

koos10

CR se woord is nie wet nie, Kopdoek met eers haar sê inkry.

Pieter

Julle is om van siek te word

Cornrit

Ek sê mos die hele tyd dat hierdie n piesang republiek is, waar met n tekort aan gesonde breins geregeer word. Dit is n skande dat daar nie integriteit is nie.