Terugvoer oor wetsontwerp oor haatspraak gevra

Argieffoto

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het belanghebbendes gevra om geskrewe voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.

Madipoane Mothapo, voorsitter van die komitee, het gesê die doel van die wetsontwerp is, onder andere, om uiting te gee aan die verpligtinge wat in die Grondwet en internasionale menseregteinstrumente vervat is wat betref rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en verwante onverdraagsaamheid.

Die wetsontwerp poog ook om voorsiening te maak dat haatmisdade en haatspraak gekriminaliseer kan word, oortreders vervolg kan word en behoorlike vonnisse opgelê kan word.

Voorleggings moet voor 31 Januarie 2019 ingedien word en diegene wat ʼn mondelinge aanbieding wil doen, moet dit ook só aandui. Openbare verhore sal in die parlement plaasvind.

Voorleggings en navrae kan gerig word aan Mnr. V Ramaano, Portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste, 3de vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000. Of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Afskrifte van die wetsontwerp kan ook by Ramaano aangevra word by 021 403 3820 of 083 709 8427 of die webwerf parliament.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Wetgewing teen haatspraak is wetgewing teen vrye spraak. Dis soos daai vrou wat Nuwejaarsdag op Durban-strand was en nie mag vertel wat sy daar beleef het nie. In vrye samelewings mag mense enigiets se solank dit die waarheid is, as jy leuens vertel kan bestaande laster-wetgewing ingespan word.

Piet Piet

Hoeveel wette nog?

Hanna Hoekom

Ons almal weet “haatspraak” kom slegs van witmense af. Ons weet ook van wie voorbeelde gemaak word. Sekere bevolkingsgroepe word slegs oor die vingers getik terwyl andere met tronkstraf, boetes ens belas word. Hierdie nuwe wetsontwerp is slegs daarop uit om blankes te kriminaliseer. Kom bewys my verkeerd! Die feit dat Malema nog kan maak soos hy wil behoort as genoeg bewys te dien.

lewies

Goeie berig; “Haatspraak word as rassisties beskou wat nie die geval is nie. Hierdie verskynsel sal ophou om te bestaan wanneer die bedrog en diefstal, moord en doodslag, werkloosheid en naiwiteit met bv. die aanstelling van kaders wat skelms is, ophou. Sien dit as ‘n simtoom van moedeloosheid!!!

Jack Klok

Die hele idee van vryheid van spraak is dat jy dinge mag sê wat ander dalk aanstoot aan mag neem. MAAR, jy mag nie mense belaster nie, jy mag nie naamskending pleeg nie, jy mag nie leuns vertel wat iemand finansieel of emosioneel skade mag berokken nie. Hierdie beginsels bestaan al honderde jare en daar is baie hofsake waartydens presedente oor hoe dit hanteer moet word, geskep is. Rassisme is egter ‘n ander saak. Die hele konsep van rassisme is teen blankes gerig. Rassisme as ‘n “sonde” troef enige ander wet of beginsel. Blankes kan/mag nie teen beskuldigings van rassisme… Lees meer »