Terugvoer oor wetsontwerp oor haatspraak gevra

Argieffoto

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het belanghebbendes gevra om geskrewe voorleggings in te dien oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.

Madipoane Mothapo, voorsitter van die komitee, het gesê die doel van die wetsontwerp is, onder andere, om uiting te gee aan die verpligtinge wat in die Grondwet en internasionale menseregteinstrumente vervat is wat betref rassisme, rassediskriminasie, xenofobie en verwante onverdraagsaamheid.

Die wetsontwerp poog ook om voorsiening te maak dat haatmisdade en haatspraak gekriminaliseer kan word, oortreders vervolg kan word en behoorlike vonnisse opgelê kan word.

Voorleggings moet voor 31 Januarie 2019 ingedien word en diegene wat ʼn mondelinge aanbieding wil doen, moet dit ook só aandui. Openbare verhore sal in die parlement plaasvind.

Voorleggings en navrae kan gerig word aan Mnr. V Ramaano, Portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste, 3de vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000. Of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Afskrifte van die wetsontwerp kan ook by Ramaano aangevra word by 021 403 3820 of 083 709 8427 of die webwerf parliament.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert ·

Wetgewing teen haatspraak is wetgewing teen vrye spraak. Dis soos daai vrou wat Nuwejaarsdag op Durban-strand was en nie mag vertel wat sy daar beleef het nie. In vrye samelewings mag mense enigiets se solank dit die waarheid is, as jy leuens vertel kan bestaande laster-wetgewing ingespan word.

Hanna Hoekom ·

Ons almal weet “haatspraak” kom slegs van witmense af. Ons weet ook van wie voorbeelde gemaak word. Sekere bevolkingsgroepe word slegs oor die vingers getik terwyl andere met tronkstraf, boetes ens belas word. Hierdie nuwe wetsontwerp is slegs daarop uit om blankes te kriminaliseer. Kom bewys my verkeerd! Die feit dat Malema nog kan maak soos hy wil behoort as genoeg bewys te dien.

lewies ·

Goeie berig; “Haatspraak word as rassisties beskou wat nie die geval is nie. Hierdie verskynsel sal ophou om te bestaan wanneer die bedrog en diefstal, moord en doodslag, werkloosheid en naiwiteit met bv. die aanstelling van kaders wat skelms is, ophou. Sien dit as ‘n simtoom van moedeloosheid!!!

Jack Klok ·

Die hele idee van vryheid van spraak is dat jy dinge mag sê wat ander dalk aanstoot aan mag neem. MAAR, jy mag nie mense belaster nie, jy mag nie naamskending pleeg nie, jy mag nie leuns vertel wat iemand finansieel of emosioneel skade mag berokken nie. Hierdie beginsels bestaan al honderde jare en daar is baie hofsake waartydens presedente oor hoe dit hanteer moet word, geskep is. Rassisme is egter ‘n ander saak. Die hele konsep van rassisme is teen blankes gerig. Rassisme as ‘n “sonde” troef enige ander wet of beginsel. Blankes kan/mag nie teen beskuldigings van rassisme argumenteer nie, dan probeer jy net jou “whiteness” of “white supremacy” handhaaf. Logika speel glad nie ‘n rol in die weerlegging van rassisme nie.

Gelukkig is die oorgebruik van rassisme as beskuldiging asook die openlike uitoefening van omgekeerde rassisme besig om die angel uit rassisme te haal. Blankes moet nie met skuldgevoelens en selfvertwyfeling te reageer op beskuldigings van rassisme nie. Rassisme is nie ‘n sonde nie, dis ‘n Linkse (sosialistiese/kommunistiese) uitgedinkte aanklag om die Westerse vryemark en veral Christelike beskawing aan te val, want diesulkes se waardestelsel steek sleg af teen die van westerlinge. Eintlik moet ons trots wees as ons van rassisme beskuldig word, dis ‘n erkenning van die goddelose dat hulle minderwaardig is.

Die ANC sal nog vind dat die “galge” wat hulle so teen die blankes wil bou op die ou end teen hulle self gebruik sal word.

John ·

Die afgelope week was die voorvertoning van die mees drakoniese tydvak in SA se geskiedenis en hierdie wet wil hulle vervolmaak om enige teenkanting in due kiem te snoer. Alle wette op enige eiendomsreg wil hulle vernietig en jy mag niks daaroor se nie. Ons grondwet gaan nie meer die grond werd wees waarop dit staan nie en ons regters… ditto. Die vrome gebroeders het in 1994 die sleutels oorhandig en die klein enetjie met die vreemde kop wat Pandora se kissie sluit, is eerste gebruik… Die gespletetong-draak het eerste uitgevlieg en kyk waar trek hy al… Selfs bankrekeninge gaan binnekort nie meer veilig wees nie… en dominee, jou preekstoel ook nie…

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat van ‘n wetsontwerp van “onmiddelike afdanking as jy aanjaag” in plaas van “jare lange skors teen volle betaling………en dan nog 90 dae waarin jy ‘n opstel moet skryf oor waarom jy NIE ge-fire moet word nie!!!”????

Dries du Toit ·

EK verstaan nie mooi nie. DONDERDAG het n OU omie genaamd Robin Binckes vir Malema uitmekaar geskeur in n artikel op News24.Gaan lees dit asb.Hy het hom uitmekaar geskeur en beledig en hom regtig veral watter aardskelm en bedrieër hy is. gn haan het nog gekraai daarna nie. Gn massa hierdie op twitter nie. GN Malema wat hom md dood dreig en skel en vloek nie. RUPERT se onderhoud WAS nie n kwart so reguit en beledigend soos die omie se artikel nie. EK WEET dis ni oor Malema skaam kry nie,WANT Daai term verstaan hy nie. kan MM of IEMAND dalk KOMMENTAAR lewer asb???????

Al ·

Dries as jy wit is word jy GEKRUISIG!
Wat jy sê is onaanvaarbaar en jou opinie tel nie.
Al is jou opinie geldig en logies, trek hul hul aspris in ñ knop en ignoreer dit, al beteken hul dat hul hul koppe gaan stamp!

Johan ·

Kommunisme klop kliphard aan ons voordeur. Weet dit maar. Hulle sal besluit hoe om jou kinders groot te maak, hulle sal besluit oor jou besittings, hulle sal besluit oor hoe jy moet dink, wat jy mag sê, hoe jy moet optree, wat jy moet glo, hoe jy n besigheid moet bestuur ens ens. Die padda is in die pot, die vuurtjie brand al lekker warm onder dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.