Tesourie distansieer homself van meningstuk

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die nasionale tesourie het homself Dinsdag gedistansieer van ʼn meningstuk deur prof. Chris Malikane, ʼn ekonomiese raadgewer van die minister van finansies, en dit benadruk dat die nasionalisering van banke nie regeringsbeleid is nie.

Malikanie, ʼn professor in ekonomie aan die Universiteit van die Witwatersrand, het ʼn agt bladsy lange meningstuk gepubliseer waarin die nasionalisering van banke, myne en versekeraars bepleit word, om “radikale ekonomiese transformasie” te behaal.

Malikane versoek die “onteiening van wit monopolie kapitalistiese instellings soos banke, versekeraarsmaatskappye, myne en ander monopolie bedrywe om die ekonomie te industrialiseer”.

Gigaba het Malikane as ʼn ekonomiese raadgewer betrek toe hy op 1 April sy amp beklee het.

Malikane het in sy meningstuk gesê die eerste fase van die demokratiese revolusie in Suid-Afrika, die “post-1994-deurbraak”, begin nou vinnig sy einde nader.

Die tesourie het egter in ʼn verklaring gesê die menings wat in die skrywe gehuldig word, is nie noodwendig regeringsbeleid nie, en het gesê Malikane is “binne sy regte as ʼn akademikus en ʼn aktivis om idees by te dra tot die nasionale gesprek oor enige onderwerp”.

“Minister Malusi Gigaba wil dit benadruk dat die werk van die ministerie van finansies steeds gelei word deur die beleid van die ANC, soos dit bekend gemaak is in konferensieresolusies en in die 2014-verkiesingsmanifes.

“Die nasionalisering van banke is nie regeringsbeleid nie.

“Die ministerie van finansies bly verbind daartoe om alle beskikbare beleidsinstrumente – monetêre, fiskale en strukturele instrumente – te gebruik om sterk, volhoubare, gebalanseerde en inklusiewe groei te verseker.”

Gigaba het beleggers verlede week verseker die staat bly toegewyd tot fiskale dissipline en inklusiewe groei en sal poog om verdere afgraderings te verhoed en om die land se beleggersgradering in die mediumtermyn te herstel.

Gigaba doen ʼn beroep op alle sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing om saam te werk en die werk van die ministerie van finansies te ondersteun om verdere afgraderings te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kobus ·

Waar daar n rook trek…is daar n groot vuur erns…..meningsstuk deur ekonomiese raadgewer?….hierdie is die voorloper van n resolusie op die ANC se leiersberaad in Des…

Johann cb ·

En presies hóé wil die wyse Prof dan die ekonomie bedryf? Wie het dit gebring tot wear dit is? Sal hy drasties kan verbeter op die huidige stand van sake?

Jaco ·

Verseker sal dit ook maar misluk, wys my een staatsinstelling wat werk…Ons almal weet hoekom hul banke en myne wil nasionaliseer, die gravy trein is besig om te ontspoor en soek hul nog hulpbronne wat hul kan plunder en is die banke en myne die laaste waaruit hul kan pocket voor die trein tot stilstand kom!

Johann ·

N adviseur maar hy luister nie na hom nie? ABSURD!!!!! En hy is n PROFESSOR?

Johan. H. ·

Omdat hy die titel Prof dra (sogenaamd) is dit nie tese hys reg nie, Dis maar net weer uit n ander oogpunt om die koffers by tekom.. Gesonde verstand speel ook n rol,

Vossie Vorster ·

Daar is n groot verskil tussen “is nie noodwendig ons beleid nie” en “is nie ons beleid nie”. Ons word alweer gevang.

pieter ellis ·

Presies Vossie. Dit is soos die ANCircus woeker, om met woorde te speel, soos deur jou genoem. Dieselfde word gesê aangaande grondhervorming. Die minister sê so, en die adjunk weer so. En so trek hulle voortdurend die wol oor almal se oë, want die dag wat hulle wel grondgryp toelaat kan daar maklik gesê word dat daar lankal so n denkverskuiwing was.

Sam ·

Selektiewe konsultasie is subjektief en dus sinneloos. Maar gekke gebruik dit dikwels om verdagte doelwitte te bereik.

CHRISTA ·

Genade, hy is kamma ‘n professor!!! Dis g’n wonder ons studente het deesdae grade, maar hulle skyn maar net so dof te wees soos toe hulle die universiteit die eerste dag betree het!!! KYK WIE LEER HULLE EN WAT LEER HULLE!!! Wat ‘n grap!!! Hehehehe (the Zuma way)!!!

Pietsepan ·

Wits doen hulle naam skade om so pampoen as professor aan te stel. Die man se uitlatings doen gestand aan die nasionale demokratiese rewolusie beleid van die ANC.

Johannes Meintjes ·

Dis een van die wonders van Afrika dat idees aangegryp word sonder dat daar enige bewese rekord is dat dit al ooit suksesvol was iewers. Die lekker ding van sosialisme of kommunisme is dat die staat of die mense als “deel” (gryp) en as dit als op en verorber is, dan sit die mense almal in ‘n verpleterde ekonomie vir mekaar en kyk. Waarom begin die “swart” sake sektor nie in die Nuwe SA (beter vir almal) nie banke en versekeringsmaatskappye nie. Om bloot te nasionaliseer beteken glad nie dat die netwerke en kleinte of kontantvloei sal bly nie. Maar dis nie die probleem nie. Wat na mening die probleem is, is die totale gebrek aan blanke Afrikaner alternatiewe en selfbestuur ter verskansing in die Nuwe SA gekkeparadys waarbinne sommige blanke leiers meen dat hulle die Afrikanser kan laat oorleef!

SARIE VAN HEERDEN ·

Waar kom al hierdie geleerde kundige mense skielik vandaan met hul voortande “missing” as hul vol bravade op televisie hul spreekbeurte waarneem? Elke tweede een het ‘n doktorsgraad . Waar, hoe en watter universiteite ken dit toe aan hulle? Die Tesourie is besig om een rigting te gaan. AF!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.