Tesourie gaan beheer neem van SAL

Argieffoto

Argieffoto

Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe, het vandag aangekondig dat die nasionale tesourie gaan beheer neem van Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Radebe het die aankondiging ʼn dag na die kabinet se tweeweeklikse vergadering in Pretoria gemaak. Radebe het gesê dat die SAL oorgeplaas word van die departement van openbare ondernemings na die nasionale tesourie.

Hy het bygevoeg dat die kabinet bekommerd is oor hoe sommige maatskappye in staatsbesit presteer. Hy het die SAL, die Suid-Afrikaanse Poskantoor en die kragvoorsiener Eskom uitgelig as maatskappye wat almal ʼn kritiese rol speel in die land se ekonomie.

“President [Jacob Zuma] het adjunk-president Cyril Ramahosa aangestel om ʼn oog te hou oor die omkeerstrategie van [hierdie] drie maatskappye wat in staatsbesit is,” aldus Radebe. Hy het ook gesê die vordering in hierdie verband sal noukeurig deur die presidensie gemonitor word.

Dit kom nadat die tesourie aangedui het daar sal nie meer enige finansiële inspuitings in die  SAL wees nie. Die SAL het glo tot Maart om ʼn suksesvolle plan wat die redery se winsgewendheid sal herstel, in werking te stel.  Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elfie ·

O…foxtrot! Nou gee hul arme Nico Bez nie kans, nou meng hul alweer in.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hoekom laat hulle toe dat dinge so ver gaan voordat daar optrede kom . Enige regdenkende mens kon sien dat die drie besighede tot in die grond in bestuur word , maar hulle weier steeds om die breinkrag met ondervinding te gebruik , want hulle is blank. Dit doen hulle om hul politieke ideologie te laat geld en kamerade te bevoordeel wat BAIE geld steel.ANC julle is verantwoordelik vir die gemors waarin julle cronies ons in laat beland het.

Nella ·

Wat laat hulle dink die tesourie sal die SAL beter kan bestuur? Dit is nog onbevoegde mense in senior posisies wat spartel om te lyk of hulle iets doen. Die logiese ding om te doen is om die raad van die SAL te vervang met gekwalifiseerde individue met die regte ondervinding. Hierdie raad moet dan net sy werk doen, bevoegde mense in die regte poste aanstel en siedaar. Indien die tesourie nie die stappe gaan volg nie, en voortgaan met die misdaad van kader ontplooiing sien ek net nog swarigheid.

Paplepel ·

Stoot die Boeings tot naby ‘n settlement en maak van hulle hoë-klas sjebeens. Skies, ek het vergeet, voor hulle tot stilstand kom sal die helfte van die koperdraad en aluminium reeds afgesteel wees.

scalla ·

Dit het hul so lank gevat om dit te besef, geen state vir 3 jaar, kommerwekkend, afrika tyd, chaos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.