Tesourie gaan miljarde vir Sasria gee ná oproer

Die oproer het skade van miljarde rande aangerig en tot duisende eise by Sasria gelei. (Julie 2021) (Foto: GCIS)

Die nasionale tesourie gaan na verwagting R3,9 miljard aan Sasria, die staatsbeheerde versekeraar teen onluste, uitbetaal nadat ʼn stortvloed eise ingedien is ná die sogenaamde Zuma-oproer wat die land in Julie geruk het. Skade van miljarde rand is tydens die geweld in veral KwaZulu-Natal en Gauteng aangerig.

Die tesourie en Sasria het Maandag in ʼn gesamentlike verklaring gesê twee maande ná die oproer is noemenswaardige vordering met die hantering van eise gemaak.

Die regering, as enigste aandeelhouer van Sasria, het ingestem om in te gryp en Sasria te help om al sy verpligtinge na te kom.

Sasria sê ook hy neem kennis van mense se kommer oor of die vereniging in ʼn posisie is om alle eise uit te betaal – en gee toe dat die bekommernis geregverdig is.

Maroela Media het verlede maand berig Sasria is wesenlik bankrot. Teen die begin van September het netto eise R13,8 miljard beloop, terwyl die instelling ʼn verlies van R12,1 miljard gely het.

Sasria sê egter hy het genoeg reserwes – waaronder herversekeraars – om alle eise te eerbiedig en terwyl die bykomende regeringsteun afgehandel word, doen die instelling sake soos gewoonlik.

Cedric Masondo, besturende direkteur van Sasria, sê samesprekings tussen die versekeraar en die regering het gefokus op die beste manier om ʼn kapitaalinspuiting te verseker, terwyl ook gekyk word na hoe om die toekoms te benader en watter lesse ná die oproer geleer is.

Sasria sê byna alle kennisgewings van eise is reeds ontvang en meer as R5,8 miljard se eise is reeds uitbetaal. In ʼn poging om die uitbetaling van ander eise verder te bespoedig, gaan alle eise minder as R1 miljoen vinniger geskik en uitbetaal word.

Die organisasie beoog om 80% van alle eise tussen R1 miljoen en R30 miljoen teen die einde van dié maand te skik en hoop dat minstens 30% van eise groter as dit binne die volgende paar weke betaal word.

Sasria sê hy het ook bykomende hulpbronne ingeroep om enige moontlike vertragings in die hantering van eise te verhoed.

Sasria word beskou as een van die suksesvoller staatsinstellings en het die laaste sowat ʼn dekade dividende aan die aandeelhouer – die regering – uitbetaal. Hy het ook verstandig met sy geld te werk gegaan.

Die oproer, wat uitgebreek het ter ondersteuning van oudpres. Jacob Zuma, het enorme skade aan talle ondernemings aangerig en tot duisende eise ten bedrae van miljarde rande by Sasria gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Di ·

Wonder net of sekere rasse ook hier uitgesluit gaan word. Alles word mos goedgekeur afhangend van jou ras

Hardekwas ·

As jy die saria premie betaal het as deel van jou dekking, sal jy uitbetaal word.

casper ·

En niemand is nog meer in die tronk vir die grootste plundery in die geskiedenis van SA nie.
Daar is absoluut geen gevolge vir kriminele meer nie !!!!!

Pieter ·

Eintlik dok die belastingbetaler op. Altyd dieselfde melkkoeie en dieselfde drake.

AW ·

Ekke seker maar DOM, maar wat het oor al hierdie jare van hul bestaan van al die geld geword….

Sekerlik moes hulle daardie geld belê het….

Om meer geld te maak…..

Sodat daar meer as genoeg sal wees vir sulke gevalle……

absoluut ·

stuur die rekening vir die platsak anc en hulle kaders met multi miljoene weggesteek

Werner ·

Die vergoeding van jou werk vandag, word deur die ANC gebruik (deur belasting) om vir Game te betaal (deur Sasria). So jou harde werk van vandag koop ‘n TV vir ‘n plunderaar. Lekker werk!

Dana ·

Ja en nou verhoog hul hul tariewe atronomies met ingang van 1 Januarie 2022. Ons staar astronomiese premieverhogings in die gesig.

annie ·

Tito het die pad gevat en ons weet wat volgende gebeur as selfs ‘n moedige skeepskaptein op ‘n reddingsboot klim. En toe waarsku Tito die Kapenaars dat hul nie moet probeer afstig nie… want die res van SA gaan daai belastinggeld binnekort bitter nodig kry… Die tekens is daar maar Cyril deel onverpoos uit… Miljarde… Triljoene… Kiste vol… All smiles. Sesamé…

Suzette ·

Dit gaan nie ophou nie want daar is geen gevolge vir die plunderaars en afbrekers nie – inteendeel die mense wie se eiendom beskadig is en wat skade gely het word ‘n geldjie in die hand gestop (kom maar van die belastingbetaler) en die wat die dade gepleeg het se toelae word verhoog en kospakkies uitgedeel. So wat gaan die plunderaars en afbrekers verhoed om die WEER te doen??

Pietertjie ·

Julle bedoel seker dat die belastingbetalers miljarde Rande vir SASRIA gaan gee.

Swerwer ·

En natuurlik sal dit net weer aan sekeres uitbetaal word. Ons moet maandeliks Sasria betaal en daar trek die ANC alweer die voordeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.