Tesourie gee duidelikheid oor Eskom-vrystelling  

(Argieffoto: GCIS)

Die nasionale tesourie het die besluit om Eskom, wat reeds jare lank in diep finansiële moeilikheid is, vry te stel van sekere bepalings in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, verdedig.

Die vrystelling vereis steeds van Eskom om finansiële en nie-finansiële inligting oor onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes bekend te maak, maar slegs in sy jaarverslag.

Volgens die tesourie sal deursigtigheid en aanspreeklikheid rakende verslagdoening nie benadeel word nie en steeds openbaar gemaak word soos tans vereis word, maar versag dit die risiko’s wat kan ontstaan.

“Eskom is nie vrygestel daarvan om te verseker dat hy doeltreffende en toepaslike stappe doen om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te voorkom nie. Hy is ook nie daarvan vrygestel om toepaslike kriminele of dissiplinêre stappe te doen as gevolg van enige verliese wat tot dusver gely is nie. Alle wesenlike verliese deur kriminele optrede en enige verliese wat uit onreëlmatige uitgawes verhaal of afgeskryf word, sal steeds in die jaarstate gerapporteer moet word.”

Die tesourie sê om dié transaksies in die finansiële state te rapporteer, verhoog die waarskynlikheid van ʼn gekwalifiseerde ouditmening, wat ander genoteerde maatskappye nie in die gesig staar nie. ʼn Gekwalifiseerde ouditmening kan Eskom se koste van lenings verder verhoog en bykomende druk op Eskom se skuldlas plaas.

“Die vrystelling wat aan Eskom toegestaan is, sal hom in staat stel om voort te gaan om sy balansstaat te finansier en steeds aanspreeklikheid, deursigtigheid en verslagdoeningsvereistes in sy jaarverslae en finansiële jaarstate te handhaaf. As die vrystellings nie oorweeg word nie, sal dit druk op die fiskus plaas en leenbevoegdhede van die staatsinstelling beperk,” het die tesourie gesê.

Eskom het die vrystelling verwelkom en die versekering gegee van sy verbintenis om aan toepaslike wetgewing te voldoen.

Volgens die kragvoorsiener is hy al vir etlike maande met verskeie belanghebbendes van die nasionale tesourie en die departement van openbare ondernemings in gesprek oor sy voorstel om die minister se goedkeuring te vra in verband met hierdie vrystelling.

“Nakoming van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies bly ʼn prioriteit aangesien Eskom voortgaan om aandag te gee aan onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes, insluitend toepaslike gevolgbestuursprosedures,” het Calib Cassim, waarnemende hoof van Eskom, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

annie ·

‘n Weersprekende verduideliking, soos bv: Ons gaan Desember met vakansie met Jan-tuisbly se karretjie. Dit is dus baie duidelik dat die tesourie ook ander sulke vakansies geheim hou.

Riaan ·

Ek ruik ‘n rot, jy kon ongelukkig nie die mense vertrou nie

JvR ·

Sedert ESKOM, en ander staats departemente soos besighede hanteer word, is dit n ramp.

efjy ·

Dis kom neer op diefstal wat deur die wet vooraf goedgekeur word.

Amelia ·

Net n mak;iker manier om nog meer kurupsie te pleeg dink die mense ons het nie een breinsel nie of wat

Manie ·

Dit is maar net om die hooggeplaasdes wat by Eskom se plundery betrek word te beskerm.

Nie Verbaas ·

Calib Cassim, kry jy nie skaam om so saam te lieg nie? Of is jy deel van die integriteitlose ANC?

Carel ·

Die “Minister” van Diefstal, wat de Ruyter na verwys het klaarblyklik nie eens die moeite gedoen om die forensiese spoor van diefstal na sy tjekrekening te verbloem nie.
Dis baie duidelik wat hier aangaan, die ANC beheerliggaam weet dat hulle DIREK by diefstal geïmpliseer gaan word, sodra behoorlike forensiese oudits gedoen gaan word .
Die Minister van Finansies het INSTRUKSIE van die ANC binnekring gekry, om hierdie absurde toesmeerdery te fasiliteer

Chavonne ·

hulle spandeer ons, die belasting betalers se geld. ons moet weet wat dit op gespandeer word. geen wonder daar is so baie korrupsie nie.

Elméne ·

Presies, en NOU gaan hulle beursies nog Vetter WORD MET DIE GOEDKEURING VAN DIE ADDER KADER “regering” se VOLLE TOESTEMMING!!!!

Robert ·

Verregaande… staats entiteite moet deursigtig wees… dit is belastingbetalers se geld wat gebruik word.

Elméne ·

100% REG!! Maar met die huidige “adder kader regering” sal dit NOOIT moontlik wees nie!

WILLEM ·

Skuld bly skuld – hoekom dit net in die jaarverslag noem??
Ons belasting betalers kan seker ook ons inkomste verskans en minder belasting betaal?? Stop die bus net hier en doen verslag soos dit hoort.

Sê maar net ·

O wat ‘n klug. So vir ‘n jaar lank kan Eskom steeds lekker skelm/ korrup wees, dit net noem in die jaarendverslag en steeds sal niemand aanspreeklik gehou word nie. Bla-bla-bla. Gee my net kopseer.

Papsak ·

Almal moet die wet gehoorsaam hoekom nie Eskom ook nie hoekom moet sy goed stil gehou word skelms

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.