Tesourie gee R10 miljard vir SAL

Argieffoto

Die Nasionale Tesourie het ingestem om ʼn spesiale toewysing van R10 miljard voor die einde van September aan die SAL oor te betaal.

“Ons het besluit dit sal R10 miljard wees, want dit sal alles dek,” het direkteur-generaal Dondo Mogajane Woensdag aan LP’s gesê tydens ʼn konferensie oor die lugredery se jongste kwartaallikse verslag.

ʼn Wetsontwerp sal tydens ʼn spesiale sitting ingedien word en Mogajane het gesê hy hoop die wetgewer sal dié maatreël goedkeur, en het bygevoeg die tesourie sal gedwing word om na ʼn “plan B” te kyk indien LP’s weier om dit te ondersteun.

Mogajane het gesê nege krediteure het ingestem om die skuld te laat oorstaan wat aan die einde van die maand betaalbaar is, terwyl Citibank ingestem het om ʼn deel van die R1,761 miljard, wat op die 30ste betaalbaar is, uit te stel.

Die SAL maak steun op regeringswaarborge van R20 miljard en die regering moes in Julie help om sy skuld te dek. Die tesourie het vroeër vanjaar R2,2 miljard aan Standard Charter oorbetaal, met geld wat uit die regering se noodfonds geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

buo ·

Hier kom weer n styging in die brandstof prys maklike manier om gou gou geld te verhaal

Adam ·

Om R10 miljard vir die SAA te gee is soos om vir jou kind R500 sakgeld te gee. Dit verdwyn in ‘n oogwink.

Johan ·

Dis ons belasting geld daai…….hulle kan nie bekosting om dit te betaal nie waar gaan hulle die geld van af neem…..die storie gaan nog groot probleme veroorsaak en as die pawpaw die fan tref is dit te laat…

Gevolgtrekking ·

Dis om ‘n dooie ‘n inspuiting te gee en ‘n wonderwerk te verwag. Die regering se noodfonds, wonder wat dit is en waar daardie geld vandaan kom?
Dis wat gebeur met teregstellende aksie, uiteindelik bou jy jou eie galg.

Johann ·

Die gemak wat miljarde genoem en gegee word! Ongelooflik! ZUPTOPIA FINANSIERING

Justice ·

Johan indien die nuwe belegger dadelik moet R10 miljard moet opdok net om operasionele skuld te delg gaan die regering sukkel om SAL verniet weg te gee. Branson sou lankal die geleentheid aangegryp het indien daar `n geringe beleggingsmoontlikheid in die SAL was. Hou maar die jaareind bonus uitbetalings aan die SAL top bestuur dop – hulle vryf alreeds hul hande in afwagting.

Boela ·

So kan dit eenvoudig nie aangaan nie! Johan hierbo is heeltemal reg: dit is ons belastinggeld wat deur die spul kommuniste in hierdie bodemlose put gegooi word. Dit laat die vraag ontstaan: wanneer is die betaal van belasting nie meer moreel regverdigbaar nie? Ek dink ons is baie naby die punt, indien nie alreeds daar nie, dat die burgery hul belastinggeld van hierdie korrupte spul in die regering moet weerhou. Het AfriForum, Solidariteit of Outa die moed om te sê: tot hiertoe en nie verder nie – ons lede weerhou alle belastings, en ons sal enige daaropvolgende vervolging deur SARS aktief beveg?

Eish ·

Sjoe, ek wil graag sien hoe jy dit gaan regkry. Jy moet een ding onthou en dit is dat die minderhede in die land self uiters verdeeld is oor elke aspek onder die son, politiek, geloof en watookal. Ek dink nie jy gaan voldoende getalle in die kraal kan jaag nie.

Kaspaas ·

Dit sal hulle 2 maande hou dan is die geld ook gespandeer. Bonusse gaan nou betaal word.

o ·

Maak my briesend. Daar is net geen logika of verantwoordelikheid nie!! ‘n Miljard is vir hulle soos 10c

Veritas ·

Waar kom al hierdie geld vandaan? Op die trant wat die regering geld spandeer, wil dit voorkom asof daar êrens ‘n onuitputbare bron van inkomste moet wees. Dit kan tog nie ons belastinggeld wees nie want daardie bron is na aan uitgeput.

Wik ·

Dink net in watse EERSTE wereld ons kan bly as al die geld reg bestee word… Ons plek sal mooier as Dubai kan wees… So droom n mens maar… Ons kort NOU eers regstellende aksie!!!

Pierre ·

Nou kan die base van SAL darem hulle sogenaamde prestasie bonusse kry, dankie tesourie, en die Weermag moet op hulle kniee kruip net om ‘n ekstra sent te kry en dit word afgelag. Nie een van hierdie mense is bemagtig in die opstel van ‘n besigheidsplan en/of besigheidsbestuur nie. Dit is eenvoudig, solank daar geld in die koffer is spandeer ek dit al is dit nie in lyn met my besigheidsplan nie.

Jacobus ·

As die regte bestuurslede met die regte kwalifikasies aangestel word, die direksie politiek neutraal kan wees asook geen politieke inmengery in die SAL, personeel vermindering in administrasie, lugwaardinne, onnodige grond personeel ens, behoorlike aankopebestuur asook die staking van verliesmakende vlugte/roetes sal sie SAL weer winsgewend kan word en ‘n bate vir Suid Afrika wees.

Verder moet onthou word dat geen belasting geld weerhou kan word van SARS nie, die belasting wetgewing laat SARS toe om die geld uit jou bankrekening te neem sonder jou toestemming asook alle of enige bate (huis ens.) te verkoop om die belasting te in.

Daar is geen reël/wet wat sê dat jy dienste in ruil vir jou belasting moet ontvang nie, die wet sê net jy moet betaal.

So belasting weerhouding is nie ‘n opsie nie en tot die politiek uit die bestuur van die SAL gehaal word, sal daar geen verbetering wees nie want verandwoording en etiek is nie ‘n vereiste nie.

Die SANW sal nie meer geld ontvang nie, ons is nie in ‘n oorlog betrokke nie en SASSA toelae koop stemme, nie spandering op die weermag nie.

Williew ·

“Dit sal alles dek…”
Ek neem aan dit sluit in die “onder die tafel deur gedeelte”….die “from me to me gedeelte…”die “wanbestuur gedeelte…” die ” good performance bonus gedeelte”…..”salary increase for top management gedeelte…” daar is seker nog baie sulke gedeeltes wat ek nie aan kan dink nie….maar dat hulle vanoggende “smile” is ek baie seker van…

Christo ·

In vanoggend se Pretoria News is daar ‘ n berig dat daar gepoog word deur die Guptas om beheer te kry oor die Public Investment Corporation om sodoende beheer te kry oor die staatsamptenare se pensioenfonds. GEPF is die grootste fonds op die oomblik. SAA is niks anders as ‘ n lui kind wat nie met geld kan werk nie en op sy ouers se nekke lê om elke keer uitgehelp word. Onthou dis ook die lugdiens wat die lot in die parlement gratis vervoer op ons belastinggeld. Niks sal verander nie.

Jacques Venter ·

Hallo Christo
As die regering staatsdiens pensioene gaan gebruik om SAA te red, is staats amptenare, waarvan ek een is in ons muur in.

Dis nie net SAA nie, maar alle staats beheerde ondernemings het groot finansiële probleme

Jacobus ·

Geen Unie of staatsamptenaar sal toelaat dat die Gupta’s beheer oor die Staatspensioenfonds verkry.

Onthou, die fonds bestaan uit wit en swart lede.

Dit sal vir die ANC politieke selfmoord wees om dit toe te laat omdat die staatsamptenare; siviel, militêr en Polisie dan amok gaan maak en ‘n moontlike staatsgreep sal uitvoer om dit te verhoed dat staatsamptenare se swaar verdiende spaargeld gesteel word en hulle in armoede gedompel word op hulle oudag.

Nie die Gupta’s, Zuma’s of enige ANC politikus of handlangers/familie van die wat dit toelaat of aanhelp sal ooit veilig wees nie; nie in Suid Afrika of in die buiteland.

Hulle sal nie die geld kan geniet nie, want hulle sal moet wegkruip van die wat jag op hulle gaan maak en nie eens Indië of VAE sal hulle help nie uit vrees vir die gevolge wat sal volg.

Geen internasionale bank in enige land sal ooit aan sulke warm geld raak nie, uit vrees vir die gevolge wat dit vir hulle internasionaal sal inhou.

Die Gupta’s se dae is getel, hulle wil net die laaste pap skep voor die boot sink.

So as daar ‘n waarheid insteek, sal die meeste gerespekteerde media daaroor berig het al.

Of dit kan net ‘n nuwe plan wees om die Rand te laat verswak om sodoende weer geld op die geldmark te maak.

Susan ·

NEE NEE NEE. Net nee vir al hierdie helpery wanneer daar duidelik nie met geld gewerk kan word nie.

Tilla ·

Ons het van jongs af geleer dat die staat (Keiser) hulle pond vleis moet kry maar grieta nou weet ek regtig nie meer of dit nagevolg moet word nie. Hoekom moet ons net bly belasting betaal as dit so vermors word en daar waar dit werklik nodig is gebeur niks. (ouetehuise, kinderhuis die lys is te lank op op te noem)

Alida ·

Voor die geld oorbetaal word moet daar eers ‘n nuwe raad aangestel word. Die wat nou daar is sal dit in elk geval net weer steel en dan bedank. Bespreek gladnie SAL nie want hulle staak gewoonlik twee dae voor jou vlug. Kan hulle gladnie vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.