Tesourie gryp in in omstrede ooreenkoms tussen SAL en Airbus

Argieffoto

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het SAL beveel om die aankoop van tien A320-vliegtuie in te ruil vir die huur van vyf A330-300-vliegtuie.

Die ministerie het laat Maandagaand op Twitter gesê die nasionale tesourie is direk met Airbus in verbinding “om te verseker dat al die nodige aksies glad uitgevoer word om die ooreenkoms deur te voer”.

Die aankondiging bring ʼn einde aan bespiegeling of Gordhan oor Dudu Myeni, SAL-raadsvoorsitter, sal seëvier in die besluit oor die ooreenkoms met Airbus. Myeni verkies na bewering ʼn alternatiewe ooreenkoms waar ʼn middelman die vliegtuie by Airbus aankoop en aan die nasionale lugredery verhuur.

Gordhan het kort ná sy aanstelling ʼn week gelede gewaarsku dat hy sal voortgaan om die land se geld op ʼn omsigtige manier te hanteer en te bestee.

“Die implementering van die ooreenkoms op hierdie manier beteken dit sal nie vir SAL langer nodig wees om addisionele voor-afleweringbetalings aan Airbus te maak nie,” het die ministerie verduidelik. Die ministerie het gesê die tesourie sou toesien dat die ruiling van die ooreenkomste so vinnig moontlik afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rupert Ashford ·

Erens is ‘n kader nou baie suur…. nommer 4?:-)

Peet Schabort ·

Die ander middelmanne waaraan Gordhan gerus kan aandag gee is munisipaliteite.

pat aldrich ·

Iemand se krismis bmw kan nie afgelewer word nie. Hele paar kaders is nou dikbek.

Johannes ·

Stem saam die kader gaan nou seker vir Gordhan probeer “nail” net waar hulle ‘n gaping sien.

MJL ·

Ek dink selfs hierdie is die verkeerde besluit. Die plek is dan bankrot. Of hoe?

Griki ·

Daar sal ‘n strafklousule in die ooreenkoms wees en dit sal meer kos om die kontrak te kanselleer. SAL het nuwe vliegtuie nodig. Hoop net daar is nog ‘n bietjie geld vir instandhouding van die huidiges. ‘n Vriendin wat eergisteraand vanaf Jhb gevlieg het sê die vliegtuig het so geraas, gerattle en gebewe dat sy gedink het dit gaan val.

chrisna botha ·

Die arme man moes die beste maak met die vrot tamatie waarmee hy opgeskeep sit. Ek dink die SAL-dame is kwaad – nou sal sy weer met iets anders gepaai moet word.

Rudi ·

Wat ek nie klein kry nie, is hoe koop of huur jy vliegtuie as jy nie geld het nie?!?

Berhalet Beukes ·

In SA werk dit so… Ek kul jou hier, ek kul jou daar en siedaar…

Oom Piet ·

Dit sal die meeste ordentlik en eerbare RSA burgers en derhalwe kiesers verheug wanneer alle media breedvoerig en langdurig berig dat Minister Gordhamg daai onderdaan Myeni, op haar eintjie met alle dokumente aangaande haar middelman opsie, gedwing het om op sy vasgestelde tydstip daarmee by sy kantoor aan te meld in afwagting, om wanneer dit die Minister van Finansies pas persoonlik daarmee voor hom in sy kantoor te verskyn. Al haar middelman opsie dokumente voor haar deur sy “shedder” vernietig het, haar bek gesnoer het en behoorlik op haar plek gesit en haar beveel het om die lank reeds goedgekeurde huur opsie sonder vooraf betalings sonder enige verdere sloer/versuim binne 24uur, volledig moet uitvoer en afhandel.

Dit sal ook goed en reg wees om al haar diktatoriale aksies insluitende, maar nie beperk tot, die uitstoot of uitplasing van diegene met goeie bree kennis en ondervinding van SAA, op alle vlakke te laat omkeer en in finaliteit sonder vergoeding onverwylt haar oneerbaar en vernederd finaal uit te smyt, liefs met vele ( groot skade en/of versiese aangedoen) Staats eise teen haar persoonlik ingestel wat baie jare en baie regskostes gaan kos om af te handel, vanselfsprekend met vooraf terugvat verbeuring van al haar familie bates direk of indirek onregmatig bekom vanaf die Staat of hoeookal.

Dee ·

Daar slaak diegene wat logies kan dink en redenaar, ‘n sug van verligting.

JOHAN ·

Toemaar ,Zumpie sal haar maar weer paai met een of ander stokkielekker,soos ‘n ministerspos of goue handruk.

tamboti ·

Nou gaan SA seker ook moet elektrisieteit “huur” van al die Ruissiese en Indiese kernkragsentrales wat hul hier gaan bou !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.