Tesourie moet ingryp by Land Bank se volhoubaarheid

(Foto: pixabay)

Die landbouorganisasie Agri SA het ʼn beroep op die nasionale tesourie gedoen om die Land Bank se aansoek vir R18 miljard oor vyf te oorweeg om die instelling se volhoubaarheid te verseker.

Agri SA sê hy het die afgelope paar maande verneem van die bank se toenemende likiditeitsprobleme wat die gevaar inhou dat hy dalk nie die landbousektor verder sal kan ondersteun nie.

“Die Land Bank finansier tans 29% van die totale landbouskuld en is dus ʼn uiters belangrike bydraer tot voedselsekerheid,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Die bank kon sedert April 2020 nie sy skuldeisers betaal nie, wat ʼn risiko inhou vir sy lopende ondernemingstatus. Agri SA sê tans word geen nuwe kliënte oorweeg nie en word hulle aangeraai om finansiering by ander instellings te bekom.

Verder is die kritieke ontwikkelingsrol wat die bank moet speel ook in gedrang.

“As instelling is die Land Bank ʼn belangrike voertuig om nuwe toetreders tot die sektor te finansier,” sê Kulani Siweya, landbouekonoom by Agri SA.

Volgens ʼn voorlegging wat die Land Bank aan die parlement gedoen het, het die bank se finansiers aangedui dat hulle herfinansiering slegs sal oorweeg onderhewig aan staatswaarborge.

Agri SA sê hy moedig die landbougemeenskap aan om in gesprek te tree met die Land Bank oor die status van hul fasiliteite.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die Land Bank se gradering in Januarie vanjaar tot rommelstatus verlaag. Die bank se graderingsvooruitsig is ook na negatief aangepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Antoinette ·

En so val daar nog ‘n wonderlike gewese onderneming. Wanneer gaan die vernietiging ophou?

Dup ·

As jy ñ vegvliegtuig se stuurstang vir ñ onopgeleide persoon gee om te vlieg,dan gaan die vliegtuig val.Net so al die staatsinstellings wat reeds neergestort het.Ons regering glo egter steeds dat die land se bestuur in goeie hande is.Terwyl Rome brand en mense protesteer teen swak of geen dienslewering,verdwyn mijoene rande steeds en infrastruktuur stort in duie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.