Tesourie ontken bewerings dat Dudu afgedank gaan word

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad  Foto: GCIS

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad Foto: GCIS

Die Tesourie het Dinsdag bewerings, dat minister van finansies Pravin Gordhan binnekort die SAL-voorsitter Dudu Myeni gaan afdank, verwerp.

Die Tesourie beskuldig die Black First Land First (BLF)-groep, onder leiding van Andile Mngxitama, dat hulle die vals boodskap versprei.

Dit was egter pres. Jacob Zuma se seun Edward, wat Dinsdag die boodskap per WhatsApp aan African News Agency gestuur het. Volgens die boodskap het “ʼn hooggeplaaste beampte” by die lugredery gesê dat “Pravin Gordhan uiteindelik die voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni, vandag [Dinsdag] by ʼn raadsvergadering gaan afdank”. “Gordhan is moeg vir Myeni, wat sy plan, om die SAL aan wit kapitaal te verkoop, in die wiele ry. Sodra Myeni verwyder is, sal SAL vinnig aan die nasionale en internasionale wit monopolie-kapitaal verkoop word,” lui die boodskap.

Edward Zuma het aan ANA gesê: “Pravin wil van Dudu ontslae raak. Ons weet almal sy is ʼn struikelblok vir sy meesterplan om staatsbeheerde ondernemings in die grond in te stuur en dan goedkoop aan vriende te verkoop.”

Yolisa Tyantsi, woordvoerder van die Tesourie, het telefonies aan ANA gesê sy is bewus van die teksboodskap, maar verneem die boodskap kom van Mngxitama. Sy het gesê daar was geen raadsvergaderings vir Dinsdag geskeduleer nie. “Daar is nie ʼn raadsvergadering nie. Die minister is hier [by die Tesourie] en is besig in ander vergaderings oor die begroting,” het sy gesê.

Op die vraag of Myeni afgedank gaan word, ongeag of ʼn raadsvergadering sou plaasvind, het sy gesê: “Op grond waarvan? Ek weet nie eers waarvan hulle praat nie. Die persoon wat beweer dat Dudu Myeni afgedank gaan word, is die beste persoon wat die vraag kan beantwoord en redes kan verskaf waarom sy afgedank gaan word.” Sy het gesê sy het hoegenaamd niks gehoor van Myeni se afdanking nie, en dit benadruk dat Gordhan besig is met begrotingsvergaderings.

BLF het Dinsdagoggend op Twitter geskryf: “Alle oë op die uitslag van die SAL-raadsvergadering vandag, wat Pravin Gordhan glo gaan bywoon.”

Tyantsi het later in ʼn e-pos aan ANA gesê: “Geen kommentaar. As Mngxitama enigiets onreëlmatig vermoed, het hy ʼn verantwoordelikheid om die saak by die betrokke owerhede aan te meld.”

Toe ANA aan Mngxitama sê dat die Tesourie ontken dat ʼn raadsvergadering geskeduleer is, het hy gesê die vergadering is sekere verander, want “die nuus het reeds gebreek. Pravin tree terug”. “Ons meen dat die raadsvergadering óf gekanselleer óf uitgestel is, nadat ons dit aan die lig gebring het dat daar groot skuiwe beplan word om die SAL te privatiseer,” het hy gesê. “Diegene wat Pravin Gordhan in sy amp aangestel het, is diegene wie se belange hy sal dien as hy SAL privatiseer. Die persoon wat die privatisering van die SAL teenstaan, is Dudu Myeni.”

Myeni het nie op vrae reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johanna Botha ·

Ag nee sy doen dan sulke goeie werk en werk so mooi met die belastingbetaler se geld ….alles behalwe sy is net daar omdat Z nog daar is en gaan van die een skandaal na die volgende …vlieg nie meer SAA nie want ek hoor heeltyd hulle geld is klaar en hoe die regering hulle moet uithelp …word die vliegtuie nog reg gediens as dit so gaan.

Mielie ·

PG sal haar nie afdank nie. JZ sal hom onmiddelik vervang……op die oomblik speel nie een van die twee hulle kaarte nie. Hulle maak hulle “skuiwe” in die media. Sal daarvan hou om te weet wat PG als weet…..

LOL ·

My seun n pilot en pilots boukot SAL. Ken iemand wie vliegtuie diens ma hy moet elke beweging met valkoge dophou want nuwe parte word gesteel. Hukom ek ni verbaas ni

Jan ·

Ek vind dit al hoe moeiliker om iets positief in hierdie deel van die wêreld raak te sien.

Vossie Vorster ·

Hierdie is nie heeltemal verkeerd nie. Ons staatsbeheerde maatskappye word al lankal in die grond ingedryf, maar nie deur Pravin nie. Dit word deur Zuma georkestreer sodat hy en sy venote dit kan opraap. Pravin is die een wat probeer keer. Ek staan verstom oor die feit dat niemand dit nog tot nou toe raakgesien het nie.

Jaybee ·

Vossie, ek dink jou kommentaar is heeltemal in die kol. Stem ook saam met Carl.

BJ ·

Klik net op “nuus”, dan “alle nuus” en jy is terug op die ou formaat.

marianna ·

Ek dink eerder dis die zumas se manier om Gordan is ‘n swak lig te stel dat hy Gordan afgedank gaan word.

Johann ·

As mens propagande wil mosbruik on jou saak te bevoordeel en iets of iemand anders te benadeel; moet jy weet wat jy doen! Sotlike selfaangewese magsbehepte “raiders” van SA se geld koffers! Onaantasbaar! Die Hel gaan vir julle n bekendheid wees…

Bolela ya Mpya ·

Gesien die skade wat sy veroorsaak het is almal verbaas dat sy nog hoegenaamd by die SAL is

Alida ·

Sy moes mos al lankal afgedank gewees het. Wat karring hulle nou nog?

snoefie ·

het Zuma n nuwe pion gekry om te manipuleer? sy eie seun? wat net eenvoudig nuus laat LEK? mens sal dink boetatjie ken vir babba beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.