Tesourie reageer op S&P se negatiewe vooruitsig

kredietgradering-senp-standardenpoor

‘n Skermskoot van die kredietagentskap S&P se webwerf.

Die nasionale tesourie het Saterdag gesê hy is bewus daarvan dat die graderingsagentskap Standard & Poor’s nou ook Suid-Afrika se kredietgradering van ʼn stabiele vooruitsig na ʼn negatiewe vooruitsig verander het.

“Die regering erken S&P se evaluering van die uitdagings en geleenthede waardeur die land op die oomblik en op die lang duur in die gesig gestaar word en is steeds daartoe verbind om openbare finansies op ʼn volhoubare pad te plaas terwyl hulle mik vir inklusiewe ekonomiese groei,” het die tesourie in ’n verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig die land is tans op ʼn Baa3-gradering, die laagste vlak van beleggingsgraad met al drie die groot kredietgraderingsagentskappe, Moody’s, S&P en Fitch, wat nou die land se vooruitsig as negatief aandui.

S&P het in sy verslag wat Vrydag bekend gemaak is gesê dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika se skuld gaan stabiliseer binne die agentskap se voorspellingsperiode van drie jaar. Dít tensy die regering spoedig maatreëls tref om die fiskale tekort te beheer en ʼn volgehoue hervormingsmomentum sigbaar word.

Die tesourie het in reaksie hierop gesê daar is betekenisvolle vordering gemaak met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor ’n ekonomiese stimuluspakket wat in September 2018 aangekondig is. Aldus die presidensie sou dié pakket regeringsbesteding herprioritiseer om binne die bestaande fiskale raamwerk te fokus op aktiwiteite wat ekonomiese aktiwiteit sal stimuleer.

“Die regering is steeds daartoe verbind om broodnodige ekonomiese hervormings uit te voer om die ekonomiese groei van die land te laat herleef. Die regering herhaal verder dat die groei in die loonrekening in die openbare sektor aandag moet kry om die skuldlas te verminder. Die regering, arbeid, sake en die burgerlike samelewing moet hand aan hand werk, aangesien moeilike besluite gemaak moet word om die gety om te keer,” het die nasionale tesourie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henry

Die regering is net nie daartoe instaat om te verstaan wat dit beteken nie. Al wat hul wil hoor en verataan is geld in hul eie sakke, luukse motors, groter salaris, hotel verblyf en eerste klas vlugte. Wat met die res vam die land en besteding gebeur maak nie saak nie.
Ek twyfel baie sterk of enige van die kabinets lede enigsins n snoepie suksesvol sal kan bestuur.

Tong innie kies

Onwillekeurig dink ek nie dat die land nog 2020 se Kersfees gaan sien soos alles nou in duie stort nie.Hulle se mos.”Alles kom tot n einde.Die goeie sowel as die slegte”.

Sarel

Ja die proses is so geslaagd dat ons af ge gradeer word. Wat verstaan julle nie. Die munisipaliteite se audits wys rekord agteruitgang. Niemand word gefire. Eskom val vry, staal bedryf uitgewis, mynbou wankel. Ons kan dit nie eers self bestuur sonder buitelandse belegings, hoeveel keer het hierdie krediet agentskappe gewaarsku oor julle onteieningsbeleid? Nuus vir julle. As die krediet (leen, belê) se aanbevelig negatief is sal die beleggings die land uit vloei. Cr invloed (miskenning van sy eie probleme) is nie ‘n “patch” teen die agentskappe nie.
Begin om te fire.

Die regte Grassie.

Het die regering nou regtig gedink as die president ‘n “ekonomiese stimuluspakket” aankondig met ‘n indrukwekkende omskrywing van wat alles gedoen gaan word om dit te laat slaag, dit die graderingsagentskappe gaan beïndruk? Daardie mense wil nie voornemens hoor nie, hulle wil resultate sien. Die plan is meer as ‘n jaar gelede aangekondig maar daar het dadels van gekom. Die ekonomie het net nog meer agteruitgegaan. As die regering die werklike regte stappe begin neem om die ekonomie se kreeftegang te stuit gaan dit op ‘n trompop botsing met die vakbonde afstuur wat die land verder in chaos sal laat… Lees meer »

Hagar

Geweldadige betogings gaan hand oor hand toenneem want die regering sowel as sy stemvee en oposiesievennote sal net nie kan verstaan dat daar nie geld en kos kan wees nie. Die SAL wat nie kon verstaan nie is n tipiese voorbeeld.