‘Tesourie sal nie pensioenfondse plunder nie’

Dan Majila, uitvoerende hoof van PIC, Malusi Gigaba, minister van finansies en sy adjunk Sfiso Buthelezi Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Dinsdag mediaberigte verwerp wat beweer dat die Suid-Afrikaanse nasionale tesourie van plan is om geld uit die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) te gebruik om die land se staatsbeheerde ondernemings te help.

“Ek wil elke Suid-Afrikaner, elke pensioenhouer, die versekering gee dat hul pensioene veilig is, dat daar absoluut geen poging is om die pensioengelde vir gewetenlose redes te misbruik nie,” het Gigaba tydens ʼn perskonferensie by die tesourie in Pretoria gesê. “Ek wil ook nóg ʼn onwaarheid regstel, dat ek glo gesê het dat ons R100 miljard benodig om die staatsbeheerde ondernemings te help. Daar steek absoluut geen waarheid daarin nie.”

Gigaba het verslaggewers toegespreek ná berigte dat die nasionale tesourie die PIC wil dwing om die R100 miljard te verskaf om verskeie staatsbeheerde ondernemings, wat in ʼn finansiële verknorsing is, te help – insluitend R12 miljard vir die SAL.

Gigaba, sy adjunk Sfiso Buthelezi, wat ook die voorsitter is van die PIC, en die hoof van die korporasie wat staatsdiensamptenare se pensioengeld bestuur, het voor die perskonferensie vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jakkalas ·

Ek sien ‘n rokie trek en ruik ‘n vuurtjie brand iewers. Daar sal nie vir geen rede sulke gerugte wees mits daar sprake was daarvan nie. Soos hulle sê…..”watch this space….”

Heleen ·

Ek glo nie een woord wat hy sê nie! Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie! 2019 kom vonnig nader nou raak hulle éérs gierig!

Apie ·

Gigaba het slegs gese dat hy nie die geld sal misbruik nie. Dit beteken NIE dat hy dit NIE gaan gebruik nie. Speel met woorde!

Ander Annie ·

Pronkertjie moet hierdie media berig mooi onthou. Ek vertrou hom net so vêr as wat ek hom sien. Hy en sy Adjunk gaan fyn dopgehou word. Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie.

John ·

Die probleem is dat ons nooit sal agterkom as ‘n klompie biljoene weg is nie… en of daar reeds geld weg is nie. Waar word dit tans bele? Wie weet regtig? Dis jong direkteure wat die sake behartig. Het hulle finansiele ondervinding? Ek is baie bly my geld is nie daar nie…

Heleen ·

En nou ontken Mathila dat hy dalk sy pos kan verloor?? Ek ruik ‘n baie groot rot!!

Ouman ·

Sal my nie verbaas as dit binnekort bekend word dat daar reeds geld weg is nie. Dieselfde geld vir die opbrengs van die strategiese olie reserwes. Wonder wie het almal gedeel daarin

Edward Shawe ·

Malusi Gigaba. As jy kan lieg, dan kan jy ook steel. Julle is hoeka die land se grootste bedrog plegers.

MM ·

Eerstens is dit nie belasting geld wat deur die staat net gevat kan word nie – dit is PERSOONLIKE GELD WAT MENSE VAN DIE STAAT SPAAR VIR HULLE AFTREDE – Dis nie jou geld of enige iemand se geld om te vat of te leen of wat jy dit ookal noem nie – Ek hoop as jy daaraan raak word jy aangekla van diefstal want dit is nie joune om te vat nie – LOS DAAI GELD UIT – GAAN soek die skuldiges wat die staats departemente se geld gesteel het ek kry die geld daar terug en vervolg die wat dit gesteel het.

MM ·

sy Adjunk HOOF van PIC = O MY Good ness -daar gaan die mense se geld – KLA HULLE AAN AS HULLE DAARAAN RAAK – DIT IS PRESOONLIKE GELD – NIE BELASTING GELD NIE – ASB MENSE ONS MOET DIT KEER – HELP!!!!!!

Willie ·

Ja en rooi kappie en pinocio bestaan ook… Nuus gekyk gisteraand die een hakkel so, en ander lieg so… soos n sepie…

Alida ·

Dit is die rede hoekom Gordhan afgedank is. Hy wou dit keer maar nou is dit te laat. Daardie fondse is klaar gesteel.

fanie coetzee ·

Geagte mnr (self voldane) minister. Verduidelik sommer hoekom daar alreeds miljoene uit hierdie fonds gesteel is om Sanral te help met hulle bedrog spul. Ons wag gretig op jou verduideliking. Glo nie jy sal antwoorde hierop gee nie.
Is die geld al terug betaal aan hierdie fonds of is dit net afgeskryf

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat het geword van die Spoorwee se pensioene waarvan my skoonsuster ook afhanklik is. Ek glo NIKS meer wat gese word nie want hul se iets selfs dat ons dit oor televisie HOOR en om die eerste draai ontken hul wat hul gese het.

A. Mac ·

Wat dink/rook/drink/eet die man dat hy sowaar dink dat die mense (seker net sy eie mense) hom glo wat die pensioengeld aanbetref? Die regering het al so om elke hoek en draai en reguit in die gesig vir die inwoners van die land gelieg, bitter min van ons glo nog iets wat hulle te sê het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.