Tesourie veroordeel Viceroy vir ‘roekelose verslag’ oor Capitec

Capitec Bank (Argieffoto)

Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy neem kennis van die “roekelose manier” waarop die Amerikaanse Viceroy oor Capitec Bank berig het en aandele verhandel het voor die verklaring uitgereik is.

Die tesourie het gesê Viceroy kon drasties voordeel trek deur Capitec se aandeleprys te laat daal deur sy spekulatiewe verslag oor die bank te publiseer.

“Viceroy het tot twee weke gelede anoniem sy sake bedryf en die roekelose manier waarop die verslag gepubliseer is, is duidelike bewys dat hy nie in openbare belang of in die belang van finansiële stabiliteit in Suid-Afrika optree nie,” het die tesourie gewaarsku.

Volgens die tesourie is Viceroy se verslag nie ʼn rede om die bank onder kuratorskap te plaas nie. “Alhoewel die tesourie van toesighoudende reguleerders in Suid-Afrika verwag om alle relevante verslae in die publiek te oorweeg, en om op te tree waar enige risiko’s of oortredings identifiseer word, is die tesourie van mening dat die Viceroy-verslag geen basis bied om enige bank onder kuratorskap te plaas nie.”

Die Nasionale Tesourie het benadruk dat hy tevrede is met die versekering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank dat Capitec goed gekapitaliseer, likied en solvent is, en dat daar voldoen word aan alle toesighoudende vereistes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Ja wel danksy n ANC beleid van los n jakkals in die skaapkraal los vir 9jaar sonder om hom te beheer oor wat hy wanneer kwytraak en laat wegdra en verwoes… is ons land n lekker sagte teiken vir enige mate van n suggestie van vuil spel. ANC LEGACY danksy “respek” vir n president wat verwoes en leeg gedra het sonder gewete.

Alida ·

Dis tyd dat die gemors in hul spore gestuit word. Kry vir julle.

Cherokee ·

Dit behoort ondersoek te word of die Guptas aandele besit by Viceroy.

Johann Marx ·

Jip, ek ken ‘n klomp mense wat lekker kan nonsense praat van Capitec Bank……na net twee dubbel Viceroy’s!!

Francois ·

Julle klink baie seker van jul saak ? Onthou: Ons bly in een van die mees korrupte lande in die wereld.
Wees versigtig.
Wag eers en kyk wat gebeur.

Anoniem ·

Die hele idee daaragter was JUIS om roekeloos te wees, JUIS om ‘n negatiewe impak te hê. Daar is ‘n wyse gesegde “follow the money trail”. Agter Viceroy is ‘n sinister, roekelose groep mans wat JUIS speletjies speel met ons land, ons mense!

Hennie ·

Alles word gemanipuleer deur eerste wereld lande, gaan lees maar die boek “VOLKSVERRAAD” geskryf deur Adv P.J. Pretorius en sien hoe die CIA en ander instansies bepaal wat in ons land moet gebeur, natuurlik met die samewerking van bekende “elemente” in ons eie land wat ons blindelings vertrou en ondersteun. Dit is beskikbaar om gratis van internet afgelaai te word. Dit het my siening van ons land se politiek en finansies heeltemal verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.